Vaardigheidsprobleme in Suid-Afrika

Vaardigheidsprobleme in Suid-Afrika. Connie Bruwer van PC Bruwer en Vennote gee raad oor hierdie belangrike onderwerp.

Vraag:  Suid-Afrika se vaardigheidsprobleem is dalk nie so groot soos wat aanvaar word nie.

Connie:  Werk- en werkloosheidsyfers wat Statistieke SA (SSA) Donderdag uitgereik het, toon dat daar meer as drie miljoen Suid-Afrikaners met minstens ’n sekondêre kwalifikasie is wat nie werk nie.

Hoewel van die nie-werkende deskundiges reeds afgetree het of steeds studeer of ’n minder bruikbare kwalifikasie het, kan hul dienste op die een of ander manier gebruik word om die land se vaardigheidsvlak te verhoog.

Die regering sal egter die fokus van sy vaardigheidsontwikkelingsprogramme moet verander.

Vraag:  Hoe kan dit gedoen word?

Connie:  Pleks daarvan om mense wat reeds werk se vaardighede te ontwikkel, sal ’n oudit gedoen moet word van die vaardighede wat nodig is, en hoe die vaardighede van diegene wat nie werk nie, daarvoor geslyp kan word.

Daarby sal die regte struktuur vir die ontwikkeling van die vaardighede ook vinnig gevind moet word.

Dit blyk uit SSA se nuwe kwartaallikse arbeidsmagpeiling (QLFS) dat daar in die tweede kwartaal 9,833 miljoen Suid-Afrikaners was wat goed geskool is.

Vraag:  Wat sluit dit in?

Connie:  Dit sluit in minstens ’n matriek- of gelykwaardige kwalifikasie, en verdere naskoolse opleiding.

Van hulle het 63,5% werk gehad, terwyl 14,8% (1,453 miljoen) werkloos was. En 2,139 miljoen (21,7%) was ekonomies onaktief.

Vraag:  Wie word by die ekonomies onaktiewes ingesluit?

Connie:  Ekonomies onaktiewes sluit in diegene wat studeer, afgetree is, van die huis af werk, siek en medies ongeskik vir werk is asook die mismoediges wat opgehou het om werk te soek.

Die syfers toon dat die land se vaardigheidsprobleem op verskeie gebiede makliker opgelos kan word as wat tot dusver gemeen is.

Prof. Charlotte du Toit van die departement ekonomie aan die Universiteit van Pretoria sê verskeie inisiatiewe is nodig om die vaardigheidsprobleem op te los.

skillsVraag:  Wat sluit dit in?

Connie:  Dit sluit in ’n totale ontleding van beskikbare en nodige vaardighede.

As die omvang van die probleem bepaal is, kan daar behoorlike planne beraam en strukture gevestig word om die probleem aan te pak.

Sy wys daarop dat vaardighede van die werkloses en ekonomies onaktiewes in huidige vaardigheids-ontwikkelingsprogramme geïgnoreer word. Omdat hulle byvoorbeeld reeds ’n bepaalde vaardigheid het, kan hulle maklik heropgelei word om vaardighede te verwerf in ’n rigting waar daar ’n behoefte is.

En afgetredenes kan help met opleiding of hulle kan op kort termyn ’n gaping vul tot tyd en wyl ’n groter vaardigheidspoel opgebou is.

Du Toit stel ook voor dat ’n nuwe staatsdepartement geskep word om net aan vaardighede aandag te gee.

Vraag:  Wat kan gebeur as dit nie gebeur nie?

Connie:  Indien dit nie gebeur nie, gaan die land sukkel om werkloosheid doeltreffend te verlaag. Volgens SSA het die werkloosheidskoers van 23,5% in die eerste kwartaal tot 23,1% in die tweede kwartaal gekrimp. Sowat 106 000 poste is in die tweede kwartaal geskep om die totale getal werkers op 13,729 miljoen te staan te bring.

Ondanks die laer werkloosheidskoers is die getal werkloses teen 4,114 miljoen (daling van 77 000 vanaf die eerste kwartaal) steeds baie hoog.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *