Belastingvoordele by ‘n Klein Maatskappy.

Connie van PC Bruwer en Vennote gee raad oor hierdie belangrike onderwerp.

 

Vraag:  Ons het onlangs gesels oor die belastingvoordele van ’n Klein Maatskappy. Dit het heelwat reaksie by lesers uitgelok, en daarom gee Connie in hierdie rubriek vandag verder aandag aan die saak.

Connie:  Eerstens moet ek dit net duidelik stel dat ’n Klein Maatskappy nie ’n aparte regsentiteit is soos ’n maatskappy of beslote korporasie (BK) nie.

Dit is dus nie ’n afsonderlike regsvorm waarin jy jou onderneming bedryf nie.

Die idee van ’n Klein Maatskappy word geskep in art. 12 van die inkomstebelastingwet, wat bloot net bepaal hoe die onderneming in sekere omstandighede belas word.

Die kern is bloot dat waar ’n maatskappy of BK normaalweg belas word teen 27%, jou onderneming, as hy kwalifiseer as kleinsakekorporasie, belas sal word teen ’n skaal wat wissel van 0% (onder R95750 belasbare inkomste) tot 7% (tot R365 000 belasbare inkomste), dan 21% tot by R550 000 en vanaf R550 001 teen 27%.

Geld wat uit die maatskappy geneem word by wyse van dividend, is in alle gevalle onderhewig aan dividendbelasting teen 20%.

 

Vraag:  Hoe kan ‘n onderneming as ‘n Klein Maatskappy kwalifiseer?

Connie:  Dit is verder duidelik dat jou onderneming inderdaad as ’n maatskappy of BK geregistreer moet wees om as Klein Maatskappy te kwalifiseer.

’n Eenmansaak en ’n vennootskap kan dus nie kwalifiseer as Klein Maatskappy nie. In ’n eenmansaak of vennootskap word jy belas as individu, wat jou in elk geval die voordeel gee van laer belastingkoerse, minstens tot waar jou marginale-koersdrempel die belastingkoers van 27% van ’n maatskappy of BK oorskry.

Daarná kan jy natuurlik belas word tot 45% en begin dit tyd word dat jy kundige raad inwin. Om Jan Taks te betaal wat hom toekom, is een ding; om hom vet te voer, is heeltemal ’n ander.

 

Vraag:  Waar lê die probleem dus?

Connie:  Die probleem lê by diegene met ’n maatskappy of BK wat deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) beskou word as ’n persoonlike-dienstemaatskappy.

So ’n onderneming, al is hy ’n maatskappy of BK en voldoen hy aan al die ander vereistes, sal nie die voordele van ’n Klein Maatskappy kan benut nie.

’n Persoonlike-dienstemaatskappy is volgens die belastinggaarder enige maatskappy (of BK) waar jy persoonlik dienste lewer aan ’n ander maatskappy en jy soos ’n werknemer behandel word, met ander woorde waar die dienste hoofsaaklik op die perseel van die kliënt gelewer word en jy onder toesig werk en meer as 80% van jou inkomste uit dié een bron kom.

As jou onderneming hieronder resorteer, het jy uit ’n belastingoogpunt net nadele.

 

Vraag:  Waarom is dit so, Connie?

Connie:  Eerstens word jy belas teen 27%, heelwat hoër as selfs gewoonweg vir ’n maatskappy of BK. Maar jou belastingaftrekkings is ook erg beperk en is nie veel meer as dié van enige salaristrekker nie.

As jy jou onderneming h, iets wat ek persoonlik in die algemeen nie meen ’n goeie ding is nie en die SAID dit as ’n persoonlike-dienstetrust (dieselfde as hierbo, maar net in ’n trust beskou), dan is die nadele nóg erger.

Dan word jy nie belas teen die 27% van persoonlike-dienstemaatskappye nie, maar teen die vaste 45% waarteen trusts belas word.

 

Vraag:  Wanneer behoort jy eerder van ‘n trust af weg te bly?

Connie:  As jy meen daar is ’n risiko dat die SAID jou as ’n persoonlike-dienstemaatskappy gaan beoordeel, behoort jy eerder van ’n trust weg te bly.

Om uitgesluit te word uit die definisie van persoonlike-dienstemaatskappy of -trust kan jy, benewens om die kenmerke wat ek uitgelig het, die SAID oortuig dat gedurende die jaar van aanslag jy ook minstens drie voltydse werknemers in diens te het, wat nie aan jou verwant is nie.