Besigheidsadvies / Business advice - PC Bruwer & Partners / Vennote

Hou kop bo water met jou finansies – kom verder met jou kruideniersware
Kom verder uitmet jou kruideniersware

deur Ansja Ferreira

“Ek is moedeloos,” se *Christine, ŉ werkende ma van twee.  “Ek was by die kruidenierswinkel en het uitgestap met twee sakke wat my R1000 gekos het.  En dit gaan my net ŉ dag of twee hou.  Dit lyk elke maand of die pryse styg en die kruideniersware wat ek vir my geld kry al hoe minder word.”

Die omgewingsielkundige, Paco Underhill, beweer in die boek What Women Want: The Science of Women Shopping, dat tot 50% van ons inkopiemandjies vol items is wat ons in die eerste plek nooit beplan het om te koop nie!

Met ‘n bietjie beplanning, kan jy jou kruideniersware uitgawes drasties verminder, en in die proses elke maand meer geld in jou begroting beskikbaar hê.

Gaan jou bankstate of aanlynrekening na en werk uit wat is die totale bedrag wat jy die afgelope paar maande aan kos spandeer het. Stel vir jouself ŉ doelstelling om te bespaar en wys met jou aankope te werk te gaan.

Jy moet ŉ plan hê voordat jy by die winkel instap. Volgens navorsing deur die Universiteit van Pennsylvania vind ŉ groot mate van hoë impulsaankope plaas by supermarkte met 60 tot 70 persent van die aankope wat nie beplan was nie.  Mense wat ‘n kruidenierslysie het, is die minste geneig om impulsiewe aankope te doen en kan heelwat op hul kruideniersware-rekeninge bespaar.  Stel ‘n lys op en hou daarby!  Jy kan ŉ inkopielysie toepassing gratis op jou foon aflaai.  ŉ Voorbeeld hiervan is Listonic.

Vergelyk pryse. Bestudeer weeklikse supermark-en winkels se spesiale aanbiedinge.  Kyk gerus na pamflette en aanlyn.  Koop ook slimmer, besoek meer as een supermark, vergelyk pryse, en koop die winskopies.

Beplan jou week se maaltye en bly daarby. Nie net help maaltydbeplanning jou om tred te hou met gesonde eetdoelstellings nie, dit help jou ook om by jou begroting te hou.  As jy presies weet wat jy die week wil kook, en ‘n lys saambring winkel toe van bestanddele wat jy benodig, is jy minder geneig om te veel kos te koop en op te eindig met verkwiste kruideniersware.  Jy gaan ook onnodige uitgawes uitskakel soos gekoopte ontbyte, middagetes en daardie ‘vinnige uitstappies’ na die winkel vir melk en brood om uiteindelik met R750 se aankope daar uit te stap.  Of om drie aande per week wegneemetes te bestel, omdat jy laat by die huis aankom na werk en op die nippertjie nie iets in die huis kry wat jy kan vinnig gereed kry om te eet nie.  Hierdie gedrag kan ŉ groot duik in jou begroting tot gevolg hê.

Soek op die internet of in tydskrifte na resepte wat jou sal toelaat om smaaklike etes teen ŉ sakpasprys voor te berei.

Moenie gaan inkopies doen wanneer jy honger is nie. Jy het dalk al voorheen hierdie raad gehoor, maar navorsing staaf dit.  Die Universiteit van Minnesota se Carlson School of Management het onlangs die sielkundige effek van ŉ honger gevoel ondersoek en hul bevindings in die vaktydskrif Proceedings of the National Academy of Sciences gepubliseer.  Deur honger te gaan inkopies doen, eindig byna altyd in impulsaankope.  Hoe hongerder die klant was, hoe meer geld het hy of sy spandeer – 64 persent meer.

Koop seisoenaal. As die produkte in die seisoen is, is die aanbod op sy hoogtepunt – wat dit vir boere makliker en goedkoper maak om na u plaaslike winkel te versprei.

Beproef die kontantkoevertstelsel. As jy vind dat jy meer spandeer as wat jy wil in die kruidenierswinkel, beveel baie begrotingsgoeroes die koevertstelsel aan.  Aan die begin van die week of maand moet jy die hoeveelheid kontant wat jy beplan om aan kruideniersware te bestee, in die koevert sit en slegs van hierdie kontant na die winkel saamneem.  Geen krediet- of debietkaarte nie.

Vervang bestanddele met ekonomiese keuses. Vervang duur of buite-seisoen groente in resepte met die altyd goedkoop wortels of kool.

Rek die vleis. In plaas daarvan om hele stukke vleis soos steaks of tjops te bedien, bedien kasserolle, bredies en ander geregte met gekapte, gekrummelde of gesnipperde vleis.  Op die manier kan jy dit rek en meer as  ŉ geurmiddel gebruik as hoofbestandeel.

Koop in grootmaat. Verskeie stapelprodukte wat gereeld gebruik kan word, kan in grootmaat gekoop word.  Talle produkte soos pasta, boontjies, rys, tofu, lensies en meel is goedkoper wanneer in grootmaat aangekoop word.

Koop minder voorafverpakte maaltye en meer vrugte en groente. Koop produkte sonder naam.  Nie net word baie deur dieselfde handelsnaamondernemings vervaardig nie, net met ‘n ander en eenvoudiger etiket, maar hulle smaak ook basies dieselfde en kos minder!  Koop grootmaat droë vrugte, neute, pretzels en ander gesonde snoephappies.  Pak dit in kleiner sakkies om werk en skool toe te neem.

Maak voorsiening vir vinnige etes. Maak dubbel en vries vir daardie aande wat jy nie tyd gaan hê om kos te maak nie en skakel wegneemetes so uit.  As jy ‘n paar “vinnige etes” beskikbaar het, wat jy binne 15 minute gereed kan hê, kan jy baie geld spaar.

Begin jou eie groente-en kruietuin. Spinasie, aarbeie, blaarslaai, tamaties, kruie, groenboontjies en groenrissies kan maklik tuis, selfs in potte, gekweek word.  Kinders geniet dit ook om te sien hoe die groente opkom en groei.

Maak ŉ draai by ŉ boeremark. Nie alles op ‘n boeremark gaan goedkoper wees nie, maar jy kan dalk ŉ paar winskopies daar vind.

Haal byvoorbeeld ook jou vleis die vorige aand uit die vrieskas, sodat dit self kan ontdooi en sal dit nie nodig wees om in ‘n mikrogolfoond te ontdooi nie.  Onthou ook dat vars, rou kos soos slaai en vars vrugte en groente jou minder in elektrisiteit gaan kos, omdat dit nie gaargemaak hoef te word nie.

Leer jou kinders om gesond te eet. Volgens kenners is porsiegroottes dikwels drie keer groter as wat dit behoort te wees.  Maak ook een of twee aande ŉ week ŉ vleislose hoofmaaltyd soos macaroni en kaas en jy sal sien hoeveel geld jy so kan spaar.

“Moet niks koop wat jy nie werklik nodig het nie. Wanneer jy in grootmaat koop, hou beheer daaroor, bestuur dit wys en indien nodig, sluit toe,” is Connie Bruwer, ŉ geoktrooieerde rekenmeester se raad.

Hou kop by die winkel:

Bemarkingskonsultant en skrywer van Brandwashed, Andrew Lindstrom, het ‘n eksperiment uitgevoer waar mense inkopiewaentjies gebruik wat dubbel so groot was as die gewone. Diegene met die groter winkelwaentjies het 40% meer gekoop as dié met die kleineres. Dit is omdat die inkopiewaentjie nou leër lyk, wat beteken dat jy meer geneig is om dit vol te maak met items wat impulsief gekoop word en lekkernye.

Los die oorspandeerders by die huis. Indien jy agterkom dat jou kinders of selfs jou lewensmaat die skuldige is om al die items wat nie op jou lys is nie, in jou waentjie te plaas, sal jy dit help om eerder alleen te gaan inkopies doen.

Maak seker daardie spesiale aanbieding is wel ŉ winskopie.

Onthou dat duurder produkte dikwels ooghoogte geplaas word en gewilde kombinasies (soos aartappelskyfies en salsa) langs mekaar, om kopers aan te moedig om beide te koop. Kyk gerus ook na die boonste en onderste rakke om generiese handelsmerke te vind, wat heelwat goedkoper is en dikwels bykans identies as die duurder handelsmerke is.

Professor Ronald E. Milliman’s het in sy studie “Using Background Music to Affect the Behavior of Supermarket Shoppers” bevind dat kruidenierswinkels wat stadige musiek speel, hul verkope met byna 40% verhoog het!

Lesers se wenke:

Elmarie Erasmus Fischer se geheim is om nie net minimalisties te werk met alles nie, maar om produkte te rek:

“Ek koop byvoorbeeld goedkoop wassoda en gooi dan 1,35 kg waspoeier by 500gram wassoda….so kom jy met wasgoedpoeier verder. Ek gebruik my teesakkies en hou dit. Later kan ek van die gebruikte teesakkies 2 saamgooi en kry weer ‘n lekker koppie tee uit dit. Al my verlepte vrugte word in ‘n versapper gemeng en dan in ‘n yshouertjie gegooi. Die kinders dink dit is die lekkerste yssies, maar eintlik eet hul gevriesde vrugte. Ek probeer my vleisgeregte rek met kekerertjies of rooibone. Ek kweek my eie kruie.”

Christine:  “Ek koop graag spesiale aanbiedinge waar jy twee koop dan kry jy een item gratis. Mens spaar baie so.”

Annatjie:  “Hier in Durban is daar heelwat winkels wat goed verkoop teen fabriekspryse. Ons het geleer watter is werklik goedkoper. Kyk die koerant se middelblad en koop skoonmaakgoed grootmaat.  Ek betaal byvoorbeeld vir 5 kg seeppoeier dit is net plein en sonder ‘n handelsnaam, maar ruik lekker en was skoon. Ons koop as ons ekstra geld het spesiale aanbiedings en bêre in die koskas.  Meel en rys verpak ons in grootmaat 1 kilogram sakkies en seël dit. Ons soek slaghuise met goeie pryse en koop as ons kan halwe skaap, maalvleis en wors en verpak dan self in ekonomiese pakkies. Ek probeer nie meer kos kook as wat nodig is nie. Ek koop brood as dit goedkoop is en vries. Ek koop ‘n een liter houer jogurt en seël dit in goeie bakkies wat ek skooltoe stuur. Ek maak muffins met piesangs en hawermout vir gesonde en goedkoop versnapperings vir skool. Ek groei my eie seldery en wortels vir my gebaarde drake (bearded dragons). En groei tamaties in 5 liter bottels wat gehang word onder my afdak by die stoep. Hulle kry genoeg water as dit reën. Hondekos koop ek in 40 kg pakke want ek het baie diere en dit werk my goedkoper uit direk van die verskaffer as deur die winkel.

Belinda: “Probeer dubbel koop as daar spesiale aanbiedings is.  Bêre en werk spaarsamig. Dan bou jou voorrade op en jy kan later net spesiale aanbiedings koop. Die geheim is om nie dan meer te gebruik van iets omdat jy baie het nie.’

Jordan Page is ‘n blogger en kenner op die gebied van spaarsamige en ekonomiese bestuur van geld,  kos en gesinsuitgawes.

Sy gee 10 maniere op haar webwerf om ŉ ete te rek:

ŉ Groente bygereg sal nie net jou maaltyd rek nie, maar jy kry ook die gesondheidsvoordele van die groente te eet.  ŉ Ander gesonde opsie is vrugte, veral as jou gesin gedurende die dag nie genoeg daarvan eet nie.  Maak ‘n vrugteslaai of laat elkeen kies watter vrugte hulle met hul aandete wil geniet.

Deur droë of geblikte bone by die ete te voeg voorsien steeds goeie proteïene, maar is baie goedkoper en baie vullend.  Dit werk goed vir taco-vleis, chili, enchiladas, sop en meer.  As jy nie kans sien om bone by jou vleis te voeg nie, maak dit dan as ŉ bygereg.

Pasta is ‘n goeie manier om ‘n maaltyd te rek as jy nie genoeg vleis vir almal het nie.  Dit is goedkoop, vullend en lekker!

Rys is nog ‘n goeie opsie om maaltye te strek.  Dit maak nie saak watter soort rys jy kies nie; dit gaan goed met alles!  As jy taco’s gaan eet, maak dan Mexikaanse rys en voeg dit ook by die tortillas, sodat jy nie soveel vleis nodig het nie.

Fyn, gebakte of gebraaide aartappels is ook ‘n goed om by ‘n bredie of sop te voeg om ŉ maaltyd langer te laat hou en meer te voed.

Taco-slaai, geroosterde hoenderslaai, salmslaai – as jy oorskietvleis oor het, kan jy dit op ‘n slaai eet.

Bedien toepaslike porsiegroottes.  As iemand geneig is om altyd te veel in te skep en dan nie alles kan eet nie omdat hulle versadig is, is dit verkwistend!  Begin aan die begin om almal minder te bedien.  As hulle dan nog honger is nadat hulle die regte hoeveelheid geëet het (nie net duur vleis nie), kan hulle ‘n bietjie meer van als kry.

As jy die maaltyd gerek het, maar dit nog steeds nie heeltemal genoeg is nie, bedien dit dan met brood of rolletjies!

Sop is ‘n goeie manier om ‘n bietjie van alles te neem en dit in ‘n nuwe maaltyd te omskep.  Vleis, groente, rys of pasta, basies alles wat jy byderhand het, kan in ‘n sop gevoeg word!

Eiers is ‘n uitstekende bron van proteïene en ‘n goeie manier om maaltye te rek. Voeg ‘n handvol gekapte ham en spinasie by eiers by, en jy het ‘n omelet.  Maak ‘n quiche met behulp van die lukrake groente en vleis wat jy in jou yskas het.  Neem ‘n bietjie oorskietkors en tortillas om ontbytburrito’s te maak.

*skuilnaam

Eksterne bronne:

https://www.medicaldaily.com/hungry-shoppers-spend-more-money-save-your-wallet-fill-your-stomach-322848

https://theconversation.com/the-science-that-makes-us-spend-more-in-supermarkets-and-feel-good-while-we-do-it-23857

https://freakonomics.com/media/Using%20Background%20Music%20to%20Affect%20the%20Behavior%20of%20Supermarket%20Shoppers.pdf

http://knowledge.wharton.upe.

n.edu/wp-content/uploads/2013/09/1357.pdf

https://www.scarymommy.com/how-to-save-money-grocery-shopping/

https://grow.acorns.com/grocery-store-tricks/

https://listonic.com/7-psychological-supermarket-tricks-and-how-to-save-money-by-beating-them/

The post Hou kop bo water met jou finansies – kom verder met jou kruideniersware first appeared on PC Bruwer & Partners / Vennote.

Business Etiquette and cultural boundaries
Business Etiquette and cultural boundaries.

Ansja Ferreira from PC Bruwer and Partners gives advice on this important topic.

What is acceptable in one culture can be shocking or even seen as an insult in another culture.

All of us, or most of us will at some time find ourselves in a situation where we have to deal with people from a different culture or who hails from another country, with practices and actions that may be drastically different from our own. This can happen when we travel abroad for business or a holiday, attend social or business functions or events where people from different cultures or countries are present, for example sporting events, tour groups or exchange students / scholars from other countries. In our daily life we can also interact with people from other countries and cultures in the supermarket, museum, shopping mall or theatre. Empower yourself by understanding intercultural differences – especially in terms of etiquette and customs, to recognize and respect people in this manner to strengthen your relationships with people from other cultures and countries.

According to Margarita Gokun Silver of the Global Coach Center Academy, who offers intercultural training, one of the best tips when you want to get along with people of different cultures is to observe, to look and listen.

“It’s always good to enter a situation with a degree of knowledge, but nothing teach you so well as your own eyes and ears, says Margarita.

“Take time to notice how the local people (“locals”) of the particular culture interact with each other and how they act in respect of this interaction, says Margarita. If you do not understand the reaction or interaction, ask a local friend or person you trust. By paying attention to what is happening around you, you will not only learn to communicate effectively, but this will also help you understand how that particular society or culture function, what they approve and disapprove and how you can interact in a respectful manner”, explains Margarita.

“Much has been written about how to act in other countries, from clothing, gestures to dining habits, says Charlotte Youens, an etiquette expert and owner of The Smart Touch Etiquette school in Johannesburg.

“If you visit a foreign country and will be spending some time in that country, it is important to have a guide with respect to those countries’ cultures and religion systems. However, there are some simple guidelines you can follow in a variety of cultural situations, without offending anyone, she says.

“In the first place, you should remove any feeling of xenophobia or cultural superiority from your mind. You must realize that all cultures are different, but not inferior to each other. The words ‘good’ or ‘bad’ should not have a place in the the description of cultural differences. Whether someone else’s culture may be positive or negative, the culture simply is what it is”, says Charlotte.

“Regardless of what your hosts or guests do, for example, bow when you give them a handshake or a kiss on both cheeks, it is important to realize that your way is not necessarily better and each new experience that you experience will make you a better global citizen”, says Charlotte.

According to Charlotte you should never assume that you are doing someone a favour by accepting their culture. “It is the same as to learn to deal with difficult / different people in your everyday environment and to get along – it’s something you have to do to succeed”.

She also recommends that you stay away from discussions about topics such as politics and religion. “Don’t critisize someone else’s governments or religion. With both topics, you will be seen as a fool. If you criticize your own country, people will question your loyalty to your country. And to offend someone due to cultures, government or their belief system, is completely out of bounds”.

Charlotte gives the following tips:

Gifts: In most countries, a small gift for your host or hostess is appropriate. Example you are invited to visit someone’s home for a social visit or to enjoy a meal. Most gifts should not be personal and should always be wrapped with great care. Try not to use white or black wrapping paper, as it is considered bad luck. Use brightly coloured ribbon. Give a gift that is unique to where you come from. It will be very special and greatly appreciated. Ideas for gifts might include a coffee table book about your country, treats from your home country or any respectful ornaments, which does not reflect religion, politics or something personal. Never give red roses, as it symbolizes romantic intentions. The same goes for carnations symbolize mourning. If you are visiting Germany, and you want to bring wine, it must be an imported French or Italian wine. If you give German wine, it can be seen by the host that you think they can’t serve a good quality wine.

Greeting rituals : A more formal handshake, rather than less formal (“Buddy Buddy”) is common in Europe. It is sometimes the custom for women and those of a higher rank to first stretch their hand to greet someone (if they are European).

You will rarely use first names after you are introduced to a European and do not assume that you can use their first names when you introduce other people to them. Wait until they ask you to address them by their first names or use the appellation with which you are familiar.

Titles, especially academic titles is always used in Europe. Professors, lawyers, doctors and other professionals, are always presented with their titles.

Wine or meals: There are so many opportunities for confusion when you eat in different countries, so you should make an effort to have some knowledge before you visit another country. Even if you gather more information, it is still possible to make a mistake. This is where your humble and respectful attitude will apply. Let those around you know that you do not know everything and that you would appreciate it if they correct you if you did something wrong. If you can tell from someone’s facial expression or body language that you did something wrong, address this immediately. “I’m afraid that I might have done something to offend you and I’m sorry.” If someone said these words to you, would you not have forgiven an offensive remark or two?”, asks Charlotte.

Social taboos: In many European countries, it is a serious mistake to ask people what they are doing or asking them personal questions as part of a strategy to get a discussion going. Europeans are mostly formal and more reserved about such matters than other Westerners.

Watch out for the following gesture-related errors:

The general Westerner sign – “OK” – which is formed by making a circle by the index finger and thumb. It is quite offensive in Germany.

To keep your hands in your pockets is considered rude.

To lightly hit someone friendly on the back (“back-slapping”) is out of place in northern Europe.

To put your hands under the table, is considered rude.

Meeting times and styles: In general, meetings in the Northern European countries begins promptly and the tone is businesslike, while meetings in the Mediterranean countries (Mediterranean) Europe start and is preceded by a seemingly irrelevant banter. This banter is considered part of the business because it is the best way to get to know your host, and it is a prerequisite for business operations in the Mediterranean countries (and many other places as well).

The post Business Etiquette and cultural boundaries first appeared on PC Bruwer & Partners / Vennote.

Franchise finansiering
Franchise finansiering.

Connie Bruwer van PC Bruwer en Vennote gee raad oor hierdie belangrike onderwerp.

Vraag:  Finansieringsinstellings weet goed dat vorige verlangsamings van die ekonomie die franchise-sektor nie onder gekry het nie.  Daarom is dié sektor in ’n veel sterker posisie om finansiering te bekom in die huidige ekonomiese afswaai as sakeondernemings wat onafhanklik die mas moet opkom.  Vertel ons asseblief meer hieroor, Connie.

Connie:  Volgens die Franchise-vereniging van Suider-Afrika (Fasa) meen banke en ander finansierders die franchise-bedryf is een van die sektore wat buigsaam en innoverend genoeg is om ekonomiese storms te deurstaan.

In 2002-’03, toe die ekonomiese siklus ook ’n onderste draaipunt bereik het, het die bedryf in teenstelling daarmee met 17,5% uitgebrei.

Suid-Afrika se voorste bankgroepe, Business Partners en die Industrial Development Corporation (IDC) sê hulle het planne gereed wat aansoeke om finansiering in moeilike tye kan bespoedig.

Me. Trudi van Niekerk, Absa se franchise-hoof, sê Absa het ’n aantal produkte ontwikkel wat spesifiek gemik is op subsektore, soos die brandstofbedryf. Die bank is ook gewillig om leningstermyne te verleng om franchise-houers deur die ekonomiese afswaai te help, sê sy.

Mnr. Mark Rose, hoof van Nedbank se franchise-afdeling, sê die bank werk saam met franchise-gewers die beste finansieringstruktuur vir franchise-houers uit.

Vraag:  Wat beteken dit?

Connie:  “Dit beteken daar is vooraf goedgekeurde finansieringsriglyne wat onsekerheid uit die weg ruim”.

Een van die eerste aspekte wat Standard Bank in moeilike tye in ag neem is wat die franchise-gewer doen om sy ondernemings lewensvatbaar te hou, sê mnr. Frank Orchard, senior bestuurder: verkrygings en franchise-bedrywighede.

“Met rentekoerse wat die hoogte ingeskiet het, moet ons seker maak dat ondernemings nie oorbelas word nie. Ons werk saam met die franchise-gewer en franchise-houers om saam ’n oplossing te vind.”

Vraag:  Enige ander benaderings of menings?

Connie:  Business Partners se bedryfshoof, mnr. Freddie Bruintjies, sê dié organisasie het ’n buigsame benadering tot die hoeveelheid eie kapitaal wat ’n voornemende kleinsakeman moet bydra.

“Ons besluite is nie afhanklik van ’n kollaterale belegging nie omdat ons klem lê op die potensiële kontantvloei wat gegenereer kan word om vas te stel wat die skuldvlak is wat ’n onderneming kan bekostig,” sê hy.

Me. Christine Schreuder, franchise-hoof van die IDC, sê hoewel dié organisasie se klem steeds val op die ondersteuning van ontluikende entrepreneurs met beperkte kapitaal wat franchise-houers wil word, word daar nou ook gekyk na die finansiering van franchise-gewers.

“Die IDC het ’n skema waarvolgens grootmaatlenings aan franchise-gewers gedoen word, wat dan weer die lenings kan deurgee na franchise-houers in die groep.

“Regstreekse finansiering van minstens R1 miljoen oor ’n tydperk van hoogstens ses jaar is vir franchise-houers in SEB-groepe beskikbaar.”

The post Franchise finansiering first appeared on PC Bruwer & Partners / Vennote.

Etiket oor die kultuurgrense heen en die rol wat kulturele intelligensie speel
Etiket oor die kultuurgrense heen en die rol wat kulturele intelligensie speel.

Ansja Ferreira van PC Bruwer en Vennote gee raad oor hierdie belangrike onderwerp.

Wat in een kultuur aanvaarbaar is, kan vir ‘n ander byvoorbeeld skokkend of selfs ‘n belediging wees.  Ons almal, of die meeste van ons, gaan een of ander tyd in ‘n situasie beland waar ons met mense te doen kry wat ‘n verskillende kultuur as ons het of van ‘n ander land af kom, met gebruike en optrede wat dalk drasties van ons eie kan verskil.    Dit kan gebeur wanneer ons oorsee reis vir besigheid of vakansie, sosiale-of besigheidsfunksies-of byeenkomste bywoon waar daar mense van verskillende kulture of lande teenwoordig is of mense van ander lande en kulture huisves byvoorbeeld vir sportbyeenkomste, toergroepe of uitruilstudente/skoliere van ander lande.  In ons alledaagse lewe kan ons ook  mense van ander lande en kulture  raakloop in die supermark, museum, winkelsentrum of teater.  Bemagtig jouself deur interkulturele verskille in etiket en gewoontes te verstaan, te erken en te respekteer om op hierdie wyse jou verhoudings met mense van ander kulture en lande te versterk.

Volgens Margarita Gokun Silver van die Global Coach Centre Academy, wat interkulturele opleiding aanbied, is een van die beste wenke wanneer jy met mense van verskillende kulture oor die weg wil probeer kom, om waar te neem, op te let en te luister.

“Dit is altyd goed om ‘n situasie binne te gaan met ‘n mate van kennis, maar niks sal jou vinniger leer as jou eie oë en ore nie, sê Margarita.

“Neem die tyd om op te let hoe die plaaslike mense (“locals”) van die spesifieke kultuur met mekaar in interaksie is en hoe hulle ten opsigte van hierdie interaksie optree, beveel Margarita aan.  Indien jy nie die reaksie of interaksie verstaan nie, vra ‘n plaaslike vriend of persoon wat jy vertrou.  Deur indringende aandag te gee aan wat rondom jou gebeur, sal jou nie net leer om effektief te kommunikeer nie, maar jou ook help om te verstaan hoe daardie spesifieke samelewing of kultuur funksioneer, wat hulle goedkeur en afkeur en wat jy kan doen om op ‘n respekvolle wyse met hulle in interaksie te wees”, verduidelik Margarita.

“Baie is al geskryf oor hoe om op te tree in ander lande, van kleredrag, gebare tot  eetkamer gewoontes, sê  Charlotte Youens, ‘n etiketkenner en eienaar van The Elegant Touch-etiketskool in Johannesburg.

“As jy ‘n vreemde land gaan besoek en ‘n sekere tydperk in daardie land gaan deurbring, is dit belangrik om ‘n gids met betrekking tot daardie lande se kultuur-en geloof stelsel aan te koop. Daar is egter ‘n paar eenvoudige riglyne wat jy kan volg in ‘n verskeidenheid van kulturele situasies, sonder dat jy enigiemand aanstoot sal gee, sê sy .

“In die eerste plek , moet jy enige gevoel van xenofobie of kulturele meerderwaardigheid uit jou denke skrap. Jy moet besef dat alle kulture verskillend is, maar nie minderwaardig teenoor mekaar is nie. Die woorde “goeie ” of ” slegte” behoort glad nie ‘n plek by die beskrywing van kulturele verskille te hê nie. Ongeag of iemand anders se kultuur positief of negatief mag wees, is die kultuur bloot is wat dit is, sê Charlotte.

“Ongeag van wat jou gashere of  gaste doen,  byvoorbeeld buig wanneer hulle ‘n handdruk of ‘n  soen op beide wange verwag, is dit belangrik om te besef dat jou manier nie noodwendig beter is nie en elke nuwe ervaring wat jy kan ondervind, jou net ‘n beter globale burger kan maak, sê Charlotte.

Volgens Charlotte moet jy nooit aanvaar dat jy iemand ‘n guns bewys deur hul kultuur te aanvaar nie. “Dit is dieselfde as om te leer om met moeilike / verskillende mense in jou alledaagse omgewing oor die weg te kom – dit is iets wat jy moet doen om te slaag.

Sy beveel ook aan dat jy wegbly weg van besprekings oor onderwerpe soos politiek en godsdiens. “Moenie jou of iemand anders se regerings of godsdienste kritiseer nie. Op beide maniere sal jy as ‘n “dwaas” (fool) beskou word.  As jy jou eie land kritiseer, sal mense jou lojaliteit teenoor jou eie land bevraagteken.  En om aanstoot te gee teenoor enige ander kulture, regering of geloofsisteem, is heeltemal buite perke, sê sy.

Charlotte gee die volgende wenke:

Geskenke : In die meeste lande, is ‘n klein geskenkie vir jou gasheer of gasvrou toepaslik wanneer jy byvoorbeeld uitgenooi word om iemand se huis te besoek om te kuier of ‘n ete te geniet.  Die meeste geskenke behoort nie te persoonlik te wees nie en moet altyd toegedraai word met groot sorg.  Probeer om nie wit of swart geskenkpapier te gebruik nie, aangesien dit as slegte geluk beskou word en gebruik helderkleurige lint.   Gee ‘n geskenk wat uniek is van waar jy af kom.  Dit sal baie spesiaal wees en opreg waardeer word.  Idees vir geskenke kan insluit ‘n koffietafelboek oor jou land, lekkernye van jou huis of enige respekvolle ornamente, wat byvoorbeeld nie  godsdienstig, politieke of te persoonlik is nie.  Moet nooit rooi rose gee nie, aangesien dit romantiese bedoelings simboliseer.  Dieselfde geld vir angeliere wat rou simboliseer.  As jy wyn bring, moet dit ‘n ingevoerde Franse of Italiaans wyn wees . Gee jy Duitse wyn, word dit beskou dat dit beteken dat jy dink die gasheer sal nie ‘n goeie gehalte wyn bedien nie.

Groet Rituele : ‘n Meer formele handdruk, eerder as minder formeel (“Buddy Buddy”) is gebruiklik in Europa. Dit is soms die gewoonte dat dames en dié van hoër rang eerste hul hand uitsteek om te groet (wanneer hulle Europeërs is).

Jy sal selde voorname gebruik, onmiddellik nadat jy ‘n Europeër ontmoet het en moenie aanvaar dat jy hul voorname kan gebruik wanneer jy mense aan mekaar voorstel nie.  Wag totdat hulle jou vra om hulle op hul voorname aan te spreek of gebruik die aanspreekvorm waarmee jy bekend is.

Titels, veral akademiese titels, word altyd in Europa gebruik.  Professore, prokureurs, dokters of enige ander professionele mense, word altyd voorgestel met hul titels.

Wyn en Etes : Daar is so baie geleenthede vir verwarring wanneer jy gaan eet in ‘n ander land  en daarom behoort jy die moeite te doen om ‘n bietjie kennis daaroor in te win, voordat jy ‘n ander land besoek.  Selfs al het jy meer inligting hieroor ingewin, is dit steeds moontlik om ten minste een keer of elke nou en dan ‘n fout te maak. Dit is waar jou nederige en respekvolle houding dan van toepassing is. Laat die mense rondom jou weet dat jy nie alles weet nie en dat jy dit op prys sal stel indien hulle jou sal reghelp indien jy iets verkeerd doen.   Wanneer jy kan agterkom uit iemand se gesigsuitdrukking of liggaamstaal dat jy iets verkeerd gedoen het, spreek dit onmiddelik aan.  “Ek is bang dat ek dalk iets gedoen het om aanstoot te gee en ek is jammer”.  Indien iemand hierdie woorde vir jou gesê het, sou jy nie ‘n aanstootlike aanmerking of  twee vergewe het nie?” vra Charlotte.

Sosiale Taboes : In baie Europese lande, is dit ‘n ernstige fout om mense te vra wat hulle doen of hulle persoonlike vrae te vra as deel van ‘n strategie om ‘n gesprek aan die gang te sit.  Europeërs is meestal formeel en meer teruggetrokke oor sulke sake as ander Westerlinge.

Wees op die uitkyk vir hierdie gebaar-verwante foute :

– Die algemene Westerling gebaar vir ” OK”  waar ‘n sirkel gevorm deur die wysvinger en duim gebruik word, is offensief/aanstootlik  in Duitsland.

– Om jou hande in jou sakke te hou, word beskou as onbeskof.

– Om iemand vriendskaplik liggies op die rug te slaan (“back-slapping”) is uit plek in Noord-Europa .

– Om aan ‘n etenstafel jou hande onder die tafel te hê, word as onbeskof beskou.

Ontmoetingstye-en style:

In die algemeen, begin vergaderings in die Noord- Europese lande stiptelik en die toon is saaklik , terwyl vergaderings in die Middellandse See-lande(Mediterranean) van Europa laat begin en voorafgegaan word deur ‘n oënskynlik irrelevante geskerts . Maar hierdie geskerts word beskou as deel van die besigheid , want dit is die beste geleentheid om jou gasheer sovêr te kry om jou te leer ken , en dit is ‘n voorvereiste vir saketransaksies in die Middellandse See-lande ( en baie ander plekke ook).

The post Etiket oor die kultuurgrense heen en die rol wat kulturele intelligensie speel first appeared on PC Bruwer & Partners / Vennote.

Franchise Financing
Franchise Financing.

Connie Bruwer from PC Bruwer and Partners give advice on this important topic.

Question:  Financial Institutions know well that the previous paralyzing effect of the economy did not get the franchise sector down.  It is therefore that this sector is in a much stronger position to obtain financing in the current economic environment in comparison with businesses who need to get on track again on their own. Tell us more about this, Connie.

Connie:  According to the Franchise Association of Southern Africa (Fasa), banks and other financiers believe that the franchise industry is one of the sectors that is flexible and innovative enough to withstand economic storms.

In 2002 to 2003, when the economic cycle also reached a turning point, the industry expanded by 17.5%.

South Africa’s leading banking groups, Business Partners and the Industrial Development Corporation (IDC) said they have plans ready that can speed up applications for financing in difficult times.

Me. Trudi van Niekerk, Absa’s franchise head, says Absa has a number of products developed specifically aimed at sub-sectors, such as the fuel industry. The bank is also willing to extend loan tenure to help franchisees through the economic downturn.

Mr. Mark Rose, head of Nedbank’s franchise division, said the bank works with franchise givers to give the best financing structure for franchise holders.

Question:  What does this mean?

Connie:  “This means that there are pre-approved financing guidelines that get uncertainty out of the way.”

One of the first aspects that Standard Bank take into account in difficult times, is what the franchisor is doing to keep his business viable, says Mr Frank Orchard, senior manager of acquisitions and franchise operations.

“With interest rates that have soared, we need to ensure that businesses are not overburdened. We work together with the franchisor and franchisees to find a solution.”

Question:  Any other approaches or opinions?

Connie:  Business Partners’ operating chief, Freddie Bruintjies, says the organization has a flexible approach to the amount of equity that a prospective small businessman can contribute to.

“Our decisions are not dependent on a collateral investment because we focus on the potential cash flow that can be generated to determine the level of debt that a company can afford,” he says.

Me. Christine Schreuder, franchise head of the IDC, said although the organization’s focus remain on the support of emerging entrepreneurs with limited capital that want to become franchisees, they are also looking at financing franchise givers.

“The IDC has a scheme were bulk loans are given to franchise givers, which in turn can pass on the loans to franchisees in the group.

“Direct funding of at least R1 million over a period not exceeding six years, is still available for franchisees in BEE groups.”

The post Franchise Financing first appeared on PC Bruwer & Partners / Vennote.