Finansiële Advies / Financial Advice - PC Bruwer & Partners / Vennote

Spaar vir jou kinders se studies
Spaar vir jou kinders se studies

deur Ansja Ferreira

Om vroegtydig voorsiening te maak vir jou kind se opvoeding is een van die waardevolste geskenke wat jy ooit vir hom of haar kan gee.  Een van die grootste bydraende faktore vir studente wat hul studies moet laat vaar, is ‘n tekort aan finansies.

Connie Bruwer, ‘n geoktrooierde rekenmeester gee die volgende raad om te help bereken hoeveel ‘n mens moet spaar vir jou kind se studies:

Om by hierdie berekening uit te kom, moet jy die tipe kollege of universiteit waarin jy dink jou kind sal belangstel, die tyd wat jy tot jou beskikking het om te spaar en inflasie in berekening bring. Onthou net, dit is die beraamde koste vir slegs een kind wat jy universiteit toe stuur.   Hierdie projeksies beklemtoon die belangrikheid vir ouers om vroegtydig te spaar vir hul kinders se studies.   Ouers met meer as een kind sal natuurlik meer moet spaar.  Hoe meer kinders hulle het, hoe meer sal hulle moet spaar.  Onthou ook dat elke gesin se omstandighede uniek is en beveel ek aan dat mense die hulp inroep van ‘n gesertifiseerde finansiële adviseur om hulle te help met die vooruitskatting van kostes.

Selfs ouers wat nie hul kinders universiteit toe gaan stuur nie, maar eerder na ‘n technikon of  opleidingskollege toe,  kan steeds verwag om hul hand diep in hul sakke te steek.    Ouers moet ook onthou dat hul kinders se skoolopleiding ook ‘n groot hap uit hul begroting kan neem.  Skoolfooie, uitstappies, skoolklere, skryfbehoeftes en uitgawes vir buitemuurse aktiwiteite speel alles ‘n rol om skoolopleiding ook ‘n groot uitgawe  te maak.  As ‘n mens in berekening bring dat kinders reeds vanaf kleuterskool en pre-primêr skool toe gaan, kan as al die kostes bymekaargetel word, by ‘n aardige bedraggie uitgekom word, teen die tyd wat die kind klaarmaak met hoërskool.

Alhoewel dit belangrik is om te besef dat studiekostes al hoe duurder gaan word, moet ‘n mens tog nie skrik vir al hierdie onkostes nie. Met deeglike beplanning, is daar wel maniere om te spaar vir jou kind se opvoeding.  Lewenskoste moet ook bygereken word.  Die dag tot dag kostes sluit onder meer in kos, klere, woonplek en vervoer.   Dit is moeilik om presies uit te werk wat dinge gaan kos, maar as mens na die huidige inflasiekoers kyk, kan mens verwag dat iets wat nou R100 kos ten minste R2000 gaan kos, wanneer ‘n kind wat nou gebore is, 18 jaar oud is.  Dit is ook belangrik om verblyf te bereken, waar gaan die student bly, moontlik by sy of haar ouerhuis, ‘n koshuis, studentehuis of woonstel.  Weereens sal elke individu se omstandighede en kostes verskil.

Connie stel die volgende spaaropsies voor:

Effektetrust.

Belê elke maand ‘n vaste bedrag in effektetrusts.  Begroot vir ‘n maandelikse belegging, moet dit nie kanselleer nie en verhoog die bedrag wanneer jy ookal kan.  Jy kry die voordeel van ‘n gedissiplineerde beleggingsprogram en belê gereeld sonder om te raai wanneer die mark by ‘n hoogte-of ‘n laagtepunt is.  Kies fondse wat pas by jou tydraamwerk en doelwit.    Effektetrusts is ook ‘n meer buigbare manier om vir jou kind se toekoms te spaar en kan jy ook ‘n lompsom inbetaal, wanneer ekstra geld tot jou beskikking is, soos byvoorbeeld wanneer jy jou jaarlikse bonus kry.

Effektetrusts sluit egter nie lewens-en ongeskiktheidsversekering in nie. As jy dalk te sterwe sou kom of nie meer in staat sou wees om ‘n inkomste te verdien nie, voordat jy die bedrag vir jou kind se studies kon bymekaarmaak nie, sal jou kind nie die volle bedrag wat jy beplan het om te spaar, verkry nie.  Om hierdie probleem te vermy, moet jy voorsiening maak vir voldoende lewens-en ongeskiktheidsdekking.   Vra jou finansiële adviseur om aan jou ‘n oorsig te gee van die verskillende skemas wat beskikbaar is.  Kies dan een wat vir jou spesifieke situasie die beste gaan werk.

Studieplanne by versekeringsmaatskappye wat ook gekoppel kan wees aan lewensversekering, is nog ’n opsie.  Kontak jou naaste versekeringsmaatskappy vir meer besonderhede.

Geld kan ook maandeliks in ‘n gewone spaarrekening gespaar word, maar die risiko hieraan verbonde is dat jy dalk in die versoeking gelei kan word om van die geld te onttrek wanneer geld dringend benodig word.  Geld kan ook in ‘n vaste depositorekening gespaar word, waar die rentekoers heelwat hoër as ‘n gewone spaarrekening sal wees.   Bankspaarprodukte betaal gewoonlik nie hoë rentekoerse nie en die groei op jou belegging kan dalk laer wees as met van die ander opsies wat gekies kan word.  Maar ‘n bankspaarproduk is eenvoudig en maklik om te verstaan en ‘n mens loop ook geen risiko daarmee nie.    Indien jou kind dan ook sou besluit om nie te gaan studeer nie, soos wat baiekeer gebeur, kan hy of sy hierdie geld gebruik om ‘n eie besigheid te begin.

Verskillende banke en instansies bied ook verskillende produkte aan wat gebruik kan word om te spaar vir jou kind se toekoms.  Maak seker dat jy ‘n produk kies, wat aan jou ‘n relatiewe hoë rentekoers bied en wat nie maandelikse administrasiefooie hef nie.

‘n Enkelbedrag of lompsom kan ook op die geldmarkfondse of ‘n ander plan belê word, wat ook ‘n goeie opbrengs kan verseker.  Opbrengste word herbelê en die bedrag bly belê vir die langtermyn totdat die kind wil begin studeer.

Wat kan ‘n mens doen as jy agterkom dat jy nie genoeg gespaar het om al die studiekostes te dek het nie.

Talle studente spring deesdae ook self in om hul ouers te help om hul studies te help betaal en doen allerhande werkies soos au pair werk en skoolkinders help met huiswerk, kelnerwerk en ander deeltydse werk.

Indien jy nie genoeg opgespaar het vir jou kind se studies nie, kan daar aansoek gedoen word vir beurse. Gewoonlik kan jou skool jou help met inligting van waar beurse beskikbaar mag wees. Praat ook met universiteite en ander tersiëre instellings rondom betalings en befondsingsopsies ten opsigte van die verskillende studierigtings. Laastens kan jy jou wend tot ‘n studielening, of selfs die verband op jou eiendom vergroot om vir die studiekostes te betaal. Skuld moet egter nooit jou eerste opsie wees nie, maar altyd jou laaste opsie.

Maak spaar ’n familie-aangeleentheid

Spaar kan ‘n familie-aangeleentheid wees. Maak jou kinders deel van die proses.  Lig hulle in oor die proses en die opofferings wat nodig is om vir hul toekomstige studies voorsiening te maak en laat hulle ook van tyd tot tyd die resultate sien.

Leer ook jou kinders van kleins af hoe om met geld te werk en om geld te spaar. Gee jou kleiner kindertjies ‘n spaarbussie om geld in te spaar en leer jou groter kinders om ‘n gedeelte van hul sakgeld te spaar.  Moedig ook jou kinders aan om deel te neem aan entrepeneursdae en ander geleenthede waar hulle geld kan verdien.  So leer jy jou kind van kleins af die waarde van geld.

Dit is ook baie goed om jou kinders van kleins af te leer om met geld te werk, ‘n begroting op te stel om met hul sakgeld uit te kom, hulle te leer om te spaar en ook van kleins af te leer om klein werkies te doen om sakgeld te verdien en wanneer hulle ouer is, ook te gaan werk vir ekstra geldjies. So leer jy jou kind verantwoordelikheid en hoe om met geld te werk.

Alhoewel kinders veel eerder verkies om geskenke te kry wat hulle kan sien en aanraak, verloor hulle dikwels na ‘n ruk belang in hierdie geskenke in die kas en word heel waarskynlik daarvan vergeet.  Kontant of beleggings as geskenke kan’n goeie idee wees.   Oupa kan dalk vir kleinboet ‘n vaste bedrag op effektetrust of in ‘n belegging belê, waar dit saam met die kind kan groei.  Die belegging kan dan later aangevul word, soos wat kontant ontvang word.  Dit is ook goed dat die kind daarvan weet en kan sien hoe sy of haar belegging groei.  Spaar moet ‘n familie-aangeleentheid wees.   Mens moet ’n kopskuif maak en anders begin dink oor spaar en vooruitbeplanning, dan is dit maklik om selfs in moeilike omstandighede genoeg te spaar vir jou kind se toekoms.

Pas jou testament aan

Wat gebeur as ouers dalk te sterwe kom voordat die kinders die ouderdom bereik wanneer hulle kan gaan studeer?   Mense met jong kinders wil veral weet wat die beste oplossing is en hoe hul testament opgestel kan word om hul jong kinders se erflating te beskerm.  Volgens Connie Bruwer, ‘n geoktrooieerde rekenmeester, is die beste oplossing vir ouers met minderjarige kinders om ‘n testamentêre trust vir hulle kinders te stig, waarvan die kinders die begunstigdes is en die trustees van die trust die belange van die kinders beskerm.

“Die trustees is die persone wat in belang van jou kinders gaan optree en die geldsake van die trust hanteer. Jy moet mooi besin wanneer jy ‘n trustee vir die trust aanstel.  Dit is nie noodwendig die beste om dieselfde persoon wat die kinders se voog gaan wees as trustee aan te stel nie.  Die trustee moet iemand wees wat die nodige finansiële kennis en agtergrond het, om jou kinders se finansiële sake die beste tot hul voordeel te kan bestuur.  Uit die trust kan daar dan fondse onttrek word, wat gebruik kan word soos benodig vir studiedoeleindes.  Dit is belangrik om dit dan so vooraf in jou testament te spesifiseer, dat daar vir studies uit die trust voorsiening gemaak moet word.  Die bates en kontant in die trust kan realiseer wanneer jou kinders die ouderdom van 18 jaar bereik of op ‘n ouderdom soos deur die testateur of testatrise verkies, wat nie minder as 18 jaar behoort te wees nie.

The post Spaar vir jou kinders se studies first appeared on PC Bruwer & Partners / Vennote.

Hou kop bo water met jou finansies – kom verder met jou kruideniersware
Kom verder uitmet jou kruideniersware

deur Ansja Ferreira

“Ek is moedeloos,” se *Christine, ŉ werkende ma van twee.  “Ek was by die kruidenierswinkel en het uitgestap met twee sakke wat my R1000 gekos het.  En dit gaan my net ŉ dag of twee hou.  Dit lyk elke maand of die pryse styg en die kruideniersware wat ek vir my geld kry al hoe minder word.”

Die omgewingsielkundige, Paco Underhill, beweer in die boek What Women Want: The Science of Women Shopping, dat tot 50% van ons inkopiemandjies vol items is wat ons in die eerste plek nooit beplan het om te koop nie!

Met ‘n bietjie beplanning, kan jy jou kruideniersware uitgawes drasties verminder, en in die proses elke maand meer geld in jou begroting beskikbaar hê.

Gaan jou bankstate of aanlynrekening na en werk uit wat is die totale bedrag wat jy die afgelope paar maande aan kos spandeer het. Stel vir jouself ŉ doelstelling om te bespaar en wys met jou aankope te werk te gaan.

Jy moet ŉ plan hê voordat jy by die winkel instap. Volgens navorsing deur die Universiteit van Pennsylvania vind ŉ groot mate van hoë impulsaankope plaas by supermarkte met 60 tot 70 persent van die aankope wat nie beplan was nie.  Mense wat ‘n kruidenierslysie het, is die minste geneig om impulsiewe aankope te doen en kan heelwat op hul kruideniersware-rekeninge bespaar.  Stel ‘n lys op en hou daarby!  Jy kan ŉ inkopielysie toepassing gratis op jou foon aflaai.  ŉ Voorbeeld hiervan is Listonic.

Vergelyk pryse. Bestudeer weeklikse supermark-en winkels se spesiale aanbiedinge.  Kyk gerus na pamflette en aanlyn.  Koop ook slimmer, besoek meer as een supermark, vergelyk pryse, en koop die winskopies.

Beplan jou week se maaltye en bly daarby. Nie net help maaltydbeplanning jou om tred te hou met gesonde eetdoelstellings nie, dit help jou ook om by jou begroting te hou.  As jy presies weet wat jy die week wil kook, en ‘n lys saambring winkel toe van bestanddele wat jy benodig, is jy minder geneig om te veel kos te koop en op te eindig met verkwiste kruideniersware.  Jy gaan ook onnodige uitgawes uitskakel soos gekoopte ontbyte, middagetes en daardie ‘vinnige uitstappies’ na die winkel vir melk en brood om uiteindelik met R750 se aankope daar uit te stap.  Of om drie aande per week wegneemetes te bestel, omdat jy laat by die huis aankom na werk en op die nippertjie nie iets in die huis kry wat jy kan vinnig gereed kry om te eet nie.  Hierdie gedrag kan ŉ groot duik in jou begroting tot gevolg hê.

Soek op die internet of in tydskrifte na resepte wat jou sal toelaat om smaaklike etes teen ŉ sakpasprys voor te berei.

Moenie gaan inkopies doen wanneer jy honger is nie. Jy het dalk al voorheen hierdie raad gehoor, maar navorsing staaf dit.  Die Universiteit van Minnesota se Carlson School of Management het onlangs die sielkundige effek van ŉ honger gevoel ondersoek en hul bevindings in die vaktydskrif Proceedings of the National Academy of Sciences gepubliseer.  Deur honger te gaan inkopies doen, eindig byna altyd in impulsaankope.  Hoe hongerder die klant was, hoe meer geld het hy of sy spandeer – 64 persent meer.

Koop seisoenaal. As die produkte in die seisoen is, is die aanbod op sy hoogtepunt – wat dit vir boere makliker en goedkoper maak om na u plaaslike winkel te versprei.

Beproef die kontantkoevertstelsel. As jy vind dat jy meer spandeer as wat jy wil in die kruidenierswinkel, beveel baie begrotingsgoeroes die koevertstelsel aan.  Aan die begin van die week of maand moet jy die hoeveelheid kontant wat jy beplan om aan kruideniersware te bestee, in die koevert sit en slegs van hierdie kontant na die winkel saamneem.  Geen krediet- of debietkaarte nie.

Vervang bestanddele met ekonomiese keuses. Vervang duur of buite-seisoen groente in resepte met die altyd goedkoop wortels of kool.

Rek die vleis. In plaas daarvan om hele stukke vleis soos steaks of tjops te bedien, bedien kasserolle, bredies en ander geregte met gekapte, gekrummelde of gesnipperde vleis.  Op die manier kan jy dit rek en meer as  ŉ geurmiddel gebruik as hoofbestandeel.

Koop in grootmaat. Verskeie stapelprodukte wat gereeld gebruik kan word, kan in grootmaat gekoop word.  Talle produkte soos pasta, boontjies, rys, tofu, lensies en meel is goedkoper wanneer in grootmaat aangekoop word.

Koop minder voorafverpakte maaltye en meer vrugte en groente. Koop produkte sonder naam.  Nie net word baie deur dieselfde handelsnaamondernemings vervaardig nie, net met ‘n ander en eenvoudiger etiket, maar hulle smaak ook basies dieselfde en kos minder!  Koop grootmaat droë vrugte, neute, pretzels en ander gesonde snoephappies.  Pak dit in kleiner sakkies om werk en skool toe te neem.

Maak voorsiening vir vinnige etes. Maak dubbel en vries vir daardie aande wat jy nie tyd gaan hê om kos te maak nie en skakel wegneemetes so uit.  As jy ‘n paar “vinnige etes” beskikbaar het, wat jy binne 15 minute gereed kan hê, kan jy baie geld spaar.

Begin jou eie groente-en kruietuin. Spinasie, aarbeie, blaarslaai, tamaties, kruie, groenboontjies en groenrissies kan maklik tuis, selfs in potte, gekweek word.  Kinders geniet dit ook om te sien hoe die groente opkom en groei.

Maak ŉ draai by ŉ boeremark. Nie alles op ‘n boeremark gaan goedkoper wees nie, maar jy kan dalk ŉ paar winskopies daar vind.

Haal byvoorbeeld ook jou vleis die vorige aand uit die vrieskas, sodat dit self kan ontdooi en sal dit nie nodig wees om in ‘n mikrogolfoond te ontdooi nie.  Onthou ook dat vars, rou kos soos slaai en vars vrugte en groente jou minder in elektrisiteit gaan kos, omdat dit nie gaargemaak hoef te word nie.

Leer jou kinders om gesond te eet. Volgens kenners is porsiegroottes dikwels drie keer groter as wat dit behoort te wees.  Maak ook een of twee aande ŉ week ŉ vleislose hoofmaaltyd soos macaroni en kaas en jy sal sien hoeveel geld jy so kan spaar.

“Moet niks koop wat jy nie werklik nodig het nie. Wanneer jy in grootmaat koop, hou beheer daaroor, bestuur dit wys en indien nodig, sluit toe,” is Connie Bruwer, ŉ geoktrooieerde rekenmeester se raad.

Hou kop by die winkel:

Bemarkingskonsultant en skrywer van Brandwashed, Andrew Lindstrom, het ‘n eksperiment uitgevoer waar mense inkopiewaentjies gebruik wat dubbel so groot was as die gewone. Diegene met die groter winkelwaentjies het 40% meer gekoop as dié met die kleineres. Dit is omdat die inkopiewaentjie nou leër lyk, wat beteken dat jy meer geneig is om dit vol te maak met items wat impulsief gekoop word en lekkernye.

Los die oorspandeerders by die huis. Indien jy agterkom dat jou kinders of selfs jou lewensmaat die skuldige is om al die items wat nie op jou lys is nie, in jou waentjie te plaas, sal jy dit help om eerder alleen te gaan inkopies doen.

Maak seker daardie spesiale aanbieding is wel ŉ winskopie.

Onthou dat duurder produkte dikwels ooghoogte geplaas word en gewilde kombinasies (soos aartappelskyfies en salsa) langs mekaar, om kopers aan te moedig om beide te koop. Kyk gerus ook na die boonste en onderste rakke om generiese handelsmerke te vind, wat heelwat goedkoper is en dikwels bykans identies as die duurder handelsmerke is.

Professor Ronald E. Milliman’s het in sy studie “Using Background Music to Affect the Behavior of Supermarket Shoppers” bevind dat kruidenierswinkels wat stadige musiek speel, hul verkope met byna 40% verhoog het!

Lesers se wenke:

Elmarie Erasmus Fischer se geheim is om nie net minimalisties te werk met alles nie, maar om produkte te rek:

“Ek koop byvoorbeeld goedkoop wassoda en gooi dan 1,35 kg waspoeier by 500gram wassoda….so kom jy met wasgoedpoeier verder. Ek gebruik my teesakkies en hou dit. Later kan ek van die gebruikte teesakkies 2 saamgooi en kry weer ‘n lekker koppie tee uit dit. Al my verlepte vrugte word in ‘n versapper gemeng en dan in ‘n yshouertjie gegooi. Die kinders dink dit is die lekkerste yssies, maar eintlik eet hul gevriesde vrugte. Ek probeer my vleisgeregte rek met kekerertjies of rooibone. Ek kweek my eie kruie.”

Christine:  “Ek koop graag spesiale aanbiedinge waar jy twee koop dan kry jy een item gratis. Mens spaar baie so.”

Annatjie:  “Hier in Durban is daar heelwat winkels wat goed verkoop teen fabriekspryse. Ons het geleer watter is werklik goedkoper. Kyk die koerant se middelblad en koop skoonmaakgoed grootmaat.  Ek betaal byvoorbeeld vir 5 kg seeppoeier dit is net plein en sonder ‘n handelsnaam, maar ruik lekker en was skoon. Ons koop as ons ekstra geld het spesiale aanbiedings en bêre in die koskas.  Meel en rys verpak ons in grootmaat 1 kilogram sakkies en seël dit. Ons soek slaghuise met goeie pryse en koop as ons kan halwe skaap, maalvleis en wors en verpak dan self in ekonomiese pakkies. Ek probeer nie meer kos kook as wat nodig is nie. Ek koop brood as dit goedkoop is en vries. Ek koop ‘n een liter houer jogurt en seël dit in goeie bakkies wat ek skooltoe stuur. Ek maak muffins met piesangs en hawermout vir gesonde en goedkoop versnapperings vir skool. Ek groei my eie seldery en wortels vir my gebaarde drake (bearded dragons). En groei tamaties in 5 liter bottels wat gehang word onder my afdak by die stoep. Hulle kry genoeg water as dit reën. Hondekos koop ek in 40 kg pakke want ek het baie diere en dit werk my goedkoper uit direk van die verskaffer as deur die winkel.

Belinda: “Probeer dubbel koop as daar spesiale aanbiedings is.  Bêre en werk spaarsamig. Dan bou jou voorrade op en jy kan later net spesiale aanbiedings koop. Die geheim is om nie dan meer te gebruik van iets omdat jy baie het nie.’

Jordan Page is ‘n blogger en kenner op die gebied van spaarsamige en ekonomiese bestuur van geld,  kos en gesinsuitgawes.

Sy gee 10 maniere op haar webwerf om ŉ ete te rek:

ŉ Groente bygereg sal nie net jou maaltyd rek nie, maar jy kry ook die gesondheidsvoordele van die groente te eet.  ŉ Ander gesonde opsie is vrugte, veral as jou gesin gedurende die dag nie genoeg daarvan eet nie.  Maak ‘n vrugteslaai of laat elkeen kies watter vrugte hulle met hul aandete wil geniet.

Deur droë of geblikte bone by die ete te voeg voorsien steeds goeie proteïene, maar is baie goedkoper en baie vullend.  Dit werk goed vir taco-vleis, chili, enchiladas, sop en meer.  As jy nie kans sien om bone by jou vleis te voeg nie, maak dit dan as ŉ bygereg.

Pasta is ‘n goeie manier om ‘n maaltyd te rek as jy nie genoeg vleis vir almal het nie.  Dit is goedkoop, vullend en lekker!

Rys is nog ‘n goeie opsie om maaltye te strek.  Dit maak nie saak watter soort rys jy kies nie; dit gaan goed met alles!  As jy taco’s gaan eet, maak dan Mexikaanse rys en voeg dit ook by die tortillas, sodat jy nie soveel vleis nodig het nie.

Fyn, gebakte of gebraaide aartappels is ook ‘n goed om by ‘n bredie of sop te voeg om ŉ maaltyd langer te laat hou en meer te voed.

Taco-slaai, geroosterde hoenderslaai, salmslaai – as jy oorskietvleis oor het, kan jy dit op ‘n slaai eet.

Bedien toepaslike porsiegroottes.  As iemand geneig is om altyd te veel in te skep en dan nie alles kan eet nie omdat hulle versadig is, is dit verkwistend!  Begin aan die begin om almal minder te bedien.  As hulle dan nog honger is nadat hulle die regte hoeveelheid geëet het (nie net duur vleis nie), kan hulle ‘n bietjie meer van als kry.

As jy die maaltyd gerek het, maar dit nog steeds nie heeltemal genoeg is nie, bedien dit dan met brood of rolletjies!

Sop is ‘n goeie manier om ‘n bietjie van alles te neem en dit in ‘n nuwe maaltyd te omskep.  Vleis, groente, rys of pasta, basies alles wat jy byderhand het, kan in ‘n sop gevoeg word!

Eiers is ‘n uitstekende bron van proteïene en ‘n goeie manier om maaltye te rek. Voeg ‘n handvol gekapte ham en spinasie by eiers by, en jy het ‘n omelet.  Maak ‘n quiche met behulp van die lukrake groente en vleis wat jy in jou yskas het.  Neem ‘n bietjie oorskietkors en tortillas om ontbytburrito’s te maak.

*skuilnaam

Eksterne bronne:

https://www.medicaldaily.com/hungry-shoppers-spend-more-money-save-your-wallet-fill-your-stomach-322848

https://theconversation.com/the-science-that-makes-us-spend-more-in-supermarkets-and-feel-good-while-we-do-it-23857

https://freakonomics.com/media/Using%20Background%20Music%20to%20Affect%20the%20Behavior%20of%20Supermarket%20Shoppers.pdf

http://knowledge.wharton.upe.

n.edu/wp-content/uploads/2013/09/1357.pdf

https://www.scarymommy.com/how-to-save-money-grocery-shopping/

https://grow.acorns.com/grocery-store-tricks/

https://listonic.com/7-psychological-supermarket-tricks-and-how-to-save-money-by-beating-them/

The post Hou kop bo water met jou finansies – kom verder met jou kruideniersware first appeared on PC Bruwer & Partners / Vennote.

Debt Management
I’m in debt, can you help?

REAL, DO-ABLE WAYS TO GET OUT

You’ve got a great job, a flourishing career and are finally earning a decent wage – so why is it you still struggle to make ends meet each month? Which of us hasn’t stalled an account payment, had a credit card rejected, or fobbed off the family with fishfingers the week before pay day? The reality is that if you’re doing any of these things, you’re courting debt, and the consequences can be cruel. Credit judgements have reached an all-time high, and some 1,2 million women have court judgement information recorded against them by one major South African credit bureau alone – information that will stain their credit profile for five years. Are you financially free or a walking overdraft?

Check the signs:

You are unsure exactly how much you owe and are afraid to add it up;

You have more than four monthly accounts, including retail store and credit cards;

You miss account payments, and pay only the minimum or less on your credit cards;

You often juggle bills, and pay some or all of them late;

You postdate cheques so they don’t bounce;

You get calls and overdue notices from creditors;

You have reached the limit on your charge cards;

You have increased your number of credit cards;

You are getting cash advances from one credit facility to make payments on others;

You have stopped contributing to a savings plan, perhaps even eroded your emergency fund – set aside for the unexpected, like a fire or being fired.

If you have identified with two or more of these points, you might be on your way to Debtsville.

Do the sums. How much do you owe?

Include accounts, credit cards, car and home loans, the works. Be honest. How about your best mate, your mom or anyone else you’ve been sponging from?

Pay off smaller accounts first, followed by accounts with the highest interest rate. Call the company and ask them to reduce their rate – tell them you will transfer the amount to another card if they don’t.

Talk to your bank manager and arrange an overdraft facility – overdrawing without one is not just embarrassing, it can affect your credit rating.

Check that you’re paying the lowest possible rate of home loan interest, and know how much your monthly repayments will increase if rates go up.

If you do all your banking though one bank (home loan, cheque account, savings etc.) you should qualify for a small reduction in your home loan base rate and possibly for lower service fees – ask.

Consider life cover, retrenchment or disability insurance on your home loan.

Where is your money going? Everyone needs to eat, a roof over your head and clothes (so don’t beat yourself up for buying a suit when you need it). But if you are in debt, you are spending too much on something, so find out what it is.

There are ways out of debt, if you act fast

If your debts have mounted to where your monthly loan repayments are more than 20 percent of your income, create a money plan.

Go to the people you owe money to. Show them your plan, be honest about your financial situation and get a written agreement from each creditor who is willing to give you more time. Most businesses will respond positively to an honest approach. Stick to your agreements even if it means cutting your living costs to the bone – you’ll be surprised to see how quickly you pay off your debts.

Resist the urge to borrow money to pay debt. Interest and admin fees will be charged and your monthly repayments could become even higher.

Don’t ignore those letter demanding payment.

Keep track of your money and never throw away a receipt.

Look into getting a software package like Microsoft Money to help you keep track of what goes where

Reconsider your approach to credit cards – a debit card may be better

Draw up a detailed budget and stick to it. After your rent or bond payment, save at least 10 percent of your salary, divided between long, medium and short-term plans:

Long term, you should have a retirement annuity in addition to your company pension fund.

Short term, savings for an emergency fund (car repairs, holiday etc.).

Once this totals R10 000, transfer all excess from then on into medium term savings: fixed deposit, or unit trusts that can be accessed in a matter of days should you face a major emergency.

The post Debt Management first appeared on PC Bruwer & Partners / Vennote.

Leer om kop te hou met jou finansies
Leer om kop te hou met jou finansies

‘n Mens hoor dikwels hoe mense kla dat hulle nie met hulle geld kan uitkom nie en dat hulle alewig in die skuld is. Tog verdien baie van hierdie mense ‘n redelike goeie salaris, maar hulle weet nie hoe om met hulle geld te werk nie.

Finansiële dissipline is belangrik. Die beste voorneme wat ‘n mens kan hê, is om minder skuld te maak en op jou uitgawes te besnoei sodat jy nie kort voor lank in ‘n groot penarie beland nie. Begroot is die woord!

Wenk: Kry ‘n boek waarin jy al jou uitgawes neerskryf en kyk aan die einde van die maand daarna. Nou sal jy maklik kan agterkom hoeveel jy moet begroot vir kos, klere, ontspanning, telefoon, petrol en al die ander dinge wat ‘n mens nodig het. As jy nou begroot en besnoei, kan jy vanjaar teen Kersfees ‘n heerlike fees hou sonder om agterna weer in die knyp te wees.

Kredietkaarte: In die eerste plek moet mense pasop vir kredietkaarte en ander vorms van skuld maak. As jy jou kredietkaart gaan gebruik, gaan jy uiteindelik veel meer betaal vanweë die hoë rente. Baie mense het meer as een kredietkaart, of ‘n krediet-en ‘n petrolkaart. Indien jy nie jou kaartrekeninge kan betaal nie, selfs nie eens deur jou spaargeld te gebruik nie, is dit tyd dat jy jou geldsake weer bekyk. Laat liewer al die skuld oorplaas na dié kredietkaart waarvan die rentekoers die laagste is. Jy betaal dus nou net een bedrag per maand om jou verskillende rekeninge te vereffen (wat jou al klaar beter sal laat voel) en jy het boonop die goedkoopste een gekies. Raak ontslae van jou kredietkaart indien jy jou nie kan dissiplineer om net ‘n sekere bedrag per maand uit te gee nie. Die rente wat ‘n mens op kredietkaartaankope betaal, is bloedgeld.

Ken jou beperkings: Dit is dikwels die geval dat mense bo hul vermoëns probeer leef, net om nie by hul bure of vriende af te steek nie. Het jy regtig daardie duur, nuwe motor nodig of kan jy vir nog ‘n paar jaar met jou bestaande motor regkom? Is al daardie luukshede werklik nodig. Wie wil jy dan graag beïndruk? Is al daardie luukshede die moeite werd as jy dan nagte gaan wakkerlê van al die skuld wat jy gemaak het en jare gaan sukkel om dit afbetaal te kry?

Kersgeskenke en aankope: Maak ‘n lys van almal vir wie geskenke gekoop moet word – so sorg jy dat jy nie op die nippertjie ten duurste by die apteek of die geskenkwinkel moet gaan aanklop nie. Begroot hoeveel geld jy aan elke persoon gaan bestee en hou daarby. Koop ook geskenke vroegtydig – geskenke is dikwels goedkoper hoe vroeër jy dit koop. Kyk ook uit vir spesiale aanbiedinge en koop en bêre geskenke vroegtydig. Vra jou af of jy ‘n item werklik nodig het voordat jy dit in jou mandjie sit. Moenie meegesleur word en halsoorkop begin koop nie. Hou by jou inkopielys. Dink mooi voordat jy gaan geld trek by die kitsbank. Dit help net mooi niks as jy vandag net genoeg geld trek vir dit wat jy vandag nodig het nie, as jy weet jy moet môre petrol ingooi en haarkapper toe gaan nie. Trek eerder die ekstra geld en bêre dit op ‘n veilige plek, sodat jy dit more kan gebruik. Anders betaal jy bankkoste vir twee onttrekkings in plaas van net een.

Geriefskaarte: Kyk ook mooi of die gerieflikheid van byvoorbeeld ‘n garagekaart werklik die moeite werd is. Byvoorbeeld: as jy ‘n garagekaart het, betaal jy heel waarskynlik R250 per jaar vir die voorreg, sowel as ongeveer R10 per keer wat jy dit gebruik. Jy kan soveel as R500 ‘n jaar bespaar deur nie ‘n garagekaart te hê nie.

Wenk: Stel ‘n lys op en werk uit wat jy gaan nodig hê. Kyk uit vir spesiale aanbiedinge. Baie winkels het dié tyd van die jaar spesiale aanbiedinge vir veral koeldrank en kos. Koop drank in kiste. Dit werk baie goedkoper uit as wanneer jy wyn per bottel aanskaf, en wat oorbly kan jy as geskenke gebruik. Koop die vleis in groot maat en neem koeldrank saam. Dinge soos melk, brood en vars groente en vrugte kan wel by jou vakansiebestemming gekoop word.

Dis deesdae ook heeltemal aanvaarbaar om te vra dat familie wat by julle kom eet en kuier, tot die eet-en drinkgoed sal bydra. Besluit vooraf wie is waarvoor verantwoordelik.

Kitsbanke: Wees veral bedag wanneer jy ‘n kitsbank gebruik. Dit is veral in besige winkelsentrums waar misdadigers daarop uit is om niksvermoedende kitsbankgebruikers om die bos te lei, welwetende dat verbruikers dié tyd van die jaar op hul inkopies konsentreer. Verbruikers moet in geen omstandighede hul PIN aan iemand gee of dit op ‘n stukkie papier neerskryf of dit op ‘n selfoon intik nie. Nie eens familielede, vriende of bankamptenare mag weet wat jou PIN is nie. Probeer om so naby moontlik aan die kitsbank te staan en jou liggaam as ‘n skans te gebruik wanneer jy jou PIN intik, sodat ander mense nie jou nommer kan sien nie. Misdadigers gebruik dikwels selfoonkameras om foto’s van jou kaart en PIN te neem. Sleutel slegs jou PIN in as die kitsbank jou vra om dit te doen. Moet ook nie goedsmoeds hulp aanvaar van ‘n omstander nie. Misdadigers kan jou aandag aftrek terwyl jy jou PIN intik en jou kaart dan met ‘n ander kaart omruil. Kanselleer dadelik jou kitsbankkaart as dit gesteel is of as die kitsbank dit ingesluk het deur die tolvry nommer te skakel wat op die kitsbank verskyn. Meld ook enigiets verdags by ‘n kitsbank aan deur die polisie of die bank se anonieme bedroglyn te bel.

The post Leer om kop te hou met jou finansies first appeared on PC Bruwer & Partners / Vennote.

Learn to keep your head above water with your finances
Learn to keep your head above water with your finances

One often hears how people complain about how they cannot manage their money, and that they are forever in debt. Yet a lot of these people earn a fairly good salary, but they do not know how to work with their money.

Financial discipline is important. The best intentions that one can have is to have less debt and to cut your expenses so that you do land in a major predicament. Budgeting is the word!

Hint: Get a book in which you write down all your expenses and look at the expenses at the end of the month. Now you can easily tell how much you need to budget for food, clothing, recreation, telephone, petrol, and all the other things that a person needs. If you budget now and cut on unnecessary expenses, you can have a wonderful feast at Christmas without being in financial trouble again afterwards.

Credit cards: People should beware of credit cards and if needed rather take other forms of debt. If you use your credit card, you will end up paying much more because of the high interest. Many people have more than one credit card, or a credit and a petrol card. If you cannot pay your card bills, not even by using your savings, it’s time you reviewed your finances. Rather transfer the debt to the credit card which has the lowest interest rate. Thus you will just pay one monthly payment to pay off your different accounts (which you will already feel better about) and you have also have chosen the cheapest option. Get rid of your credit card if you cannot discipline yourself to only use a certain amount per month. The interest that one pays on credit card purchases, is blood money.

Know your limitations: It is often the case that people try to live beyond their means, sometimes just not to have to “hide away” from their neighbours or friends. Do you really need that expensive new car or can you rather still drive your current car? Are all those luxuries really necessary? Who do you want to impress? Are all those luxuries really worth it if you then lie awake at nights, worrying about the debts you have made and the years you will struggle to pay it off?

Christmas gifts and purchases: Make a list of everyone who you need to buy presents for – this way you don’t have to do last minute shopping at great cost at the pharmacy or the gift shop. Budget how much money you can spend on each person and stick to it. Also buy gifts in advance – gifts bought earlier are often cheaper. Also look out for special offers. Ask yourself whether an item that you are buying is really needed before you put it in your cart. Do not be swept away and hastily start buying. Stick to your shopping list. Think carefully before you withdraw money at the ATM. It helps nothing if you only have enough money to buy what you need today, if you know you have to fill up tomorrow and go to hairdresser. Rather withdraw the extra money and keep it in a safe place so you can use it tomorrow. Otherwise, you pay extra bank charges for two withdrawals instead of just one.

Convenience cards: Also take in consideration if the convenience of e.g. a garage card is really worth the effort. For example: if you have a garage card, you pay probably R250 per year for the privilege, as well as about R10 per time you use it. You can have save as much as R500 a year by not having a garage card.

Hint: Draw up a list and work out what you will need. Look out for special offers. Many stores have specials on especially cold drinks and food. Buy liquor in crates. It works out much cheaper than if you buy a bottle of wine, and what is left can be used as gifts. Buy meat in bulk and take cold drinks with you. Things like milk, bread and fresh fruit and vegetables can be purchased at your holiday destination.

Nowadays it is also perfectly acceptable to ask the family who come to visit, to assist with food and drinks. Decide in advance who is responsible for what.

ATMs: Be especially alert when you use an ATM. Criminals are especially active in busy shopping centres where unsuspecting ATM users are focusing on their shopping. Consumers should in no circumstances give their PIN to someone or write it down on a piece of paper or on a cell phone. Not even family members, friends or bank officials may know what your PIN is. Try to get as close as possible when using the ATM and use your body as a shield when you enter your PIN, so that other people cannot see your number. Criminals often use cell phone cameras to take pictures of your card and PIN. Only enter your PIN if the ATM asks you to do so. Do not accept help from a cheerful bystander. Criminals can distract you while you type in your PIN and can swap your card with another card. Cancel your ATM card immediately if it is stolen or if your card is swallowed by the ATM. Phone the toll-free number that appears on the ATM. Also mention anything suspicious at an ATM to the police or to the bank’s anonymous fraud line.

The post Learn to keep your head above water with your finances first appeared on PC Bruwer & Partners / Vennote.

Dryf geld ‘n wig tussen jou en jou maat in?
Dryf geld ‘n wig tussen jou en jou maat in?

deur Ansja Ferreira

Die waarde van kommunikasie oor finansies in ‘n huwelik of ‘n verhouding.

Kommunikasie vir ‘n verhouding is soos suurstof vir lewe.  Sonder dit ….sterf dit”, sê die motiveringspreker en skrywer Tony Gaskins.

Volgens ‘n onlangse verslag, het een uit tien mense erken dat “geheime” of  versteekte kredietkaaraankope ‘n rol gespeel het in hul egskeiding of vervreemding van hul lewensmaat.  ‘n Opname deur CESI Debt Solutions, het gewys dat  20% getroude mense ‘n geheime kredietkaart het en dat 80% van getroude mense aankope, kredietkaarte of bankrekenings vir hul huweliksmaats wegsteek.

Lesers vertel:

“My man was die broodwinner en ek het by die huis gebly om die kinders te versorg”, vertel *Glenda du Toit.  My man is 3 jaar gelede onverwags oorlede in ‘n motorongeluk en ek was heeltemal verward en geskok.  Ek het nie geweet wat in my man se geldsake aangaan nie en het nie eens geweet of hy vir ons voorsiening gemaak het of waar hy sy belangrike dokumente gebêre het nie.  Hy wou net nooit met my daaroor praat nie en as ek dit opgehaal het, was sy antwoorde ontwykend. Dit was ’n verskriklike traumatiese tyd vir my.  Ek was nie gewoond om rekeninge te betaal nie en nog minder om belangrike finansiële besluite te neem.  Ek het nie geweet wat ek moet doen nie.  My man se broer het my darem kom help en ons het die dokumente gesoek totdat ons dit gekry het en daardeur gegaan.  Dit sou baie beter en minder traumaties vir my gewees het as my man voor die tyd met my gekommunikeer het en my ingelig het wat presies aangaan in sy finansies”, vertel sy .

Toe my man se testament gelees is, het ek tot my skok agtergekom dat hy nooit sy gewese vrou as enigste erfgenaam uit die testament gehaal het nie, vertel *Zelda Liebenberg.  Ek en my kinders (ons kinders) het niks uit sy boedel gekry nie en sukkel tans om die pot aan die kook te hou.   Die een lewenspolis wat hy wel aan ons bemaak het, is nie genoeg om die kinders se skoolopleiding te kon betaal het nie.

Na my man se dood, het ons verskriklik gesukkel.  Daar was geen polisse om my te help om my kinders te versorg nie, vertel *Lorette Nel.   ‘n Jaar na my man se dood, het ek ‘n oproep van ‘n versekeringsmaatskappy gekry.  Hulle het my probeer opspoor, maar het gesukkel, omdat ek van adres verander het.  My man het ‘n groot lewenspolis gehad, wat hy aan my sedeer het, maar hy het net nooit met my daaroor gepraat nie.  Ek is ewig dankbaar dat die maatskappy my gekontak het, anders het ek nooit daarvan geweet nie en het ek nou nog gesukkel.

Ek het nooit geweet dat my vrou soveel skuld gemaak het nie.  Sy het boonop ‘n dobbelprobleem gehad en lenings gehad waarvan ek glad nie geweet het nie.  Sy was in ‘n motorongeluk en vir twee maande in ‘n koma en die rekeninge en oproepe van skuldeisers het by my uitgekom.  Sy gaan nog lank vat om te herstel, maar of ons huwelik ooit van al hierdie leuens gaan herstel, weet ek nie.  Wat als nog moeiliker maak, is dat ons binne gemeenskap van goedere getroud is.  (*Johan van Rensburg)

Jou testament: Die belangrikste dokument in jou boedelbeplanning

“Jou testament is die belangrikste dokument in jou boedelbeplanning, sê Connie Bruwer, besturende direkteur van P C Bruwer en Vennote, en ook ‘n deskundige op die gebied van testamente.

“Dit meld hoe en aan wie jou besittings verdeel sal word, wanneer jy tot sterwe kom. In die testament moet daar baie duidelik en ondubbelsinnig uiteengesit word aan wie jou bates bemaak gaan word. Daar moet geen ruimte vir dubbelsinnigheid of onduidelikheid wees nie, aangesien dit die dokument is wat die meeste betwis word in die hof.

“As gevolg hiervan, sal jou testament met baie duidelikheid uiteengesit moet word. Stel so gou as moontlik ‘n testament op as jy nog nie ‘n geldige testament het nie, ten einde jou gesin baie hartseer en ellende te bespaar.

“Dit is ook baie belangrik om gereeld jou testament op te dateer en te hersien. Jy behoort jou testament gereeld te hersien wanneer jy:

Trou of weer trou;

‘n Kind kry of aanneem;

Eiendom of ‘n sakeonderneming koop of verkoop;

Jou lewensversekering aanpas;

Emigreer;

‘n Eggenoot deur die dood verloor.

Vroue leef gemiddeld langer as mans. Om hierdie rede, asook die hoë egskeidingsyfer, is dit belangrik dat vroue hulself bemagtig en leer om self hul finansies te hanteer. In historiese konteks gesien, was mans hoofsaaklik die broodwinner, wat alle finansiële sake hanteer het.

Die situasie het heelwat verander en nou neem vroue dikwels beheer oor hul werk en huishouding. Tog skram baie vroue daarvan weg om beheer oor hul finansies te neem en te dikwels word alle finansiële besluite aan ’n man oorgelaat.

Waarom gebeur dit? ’n Vrou kan haar geldsake tog net so goed soos ’n man behartig. Dit het moontlik met vroue se rol as versorger te doen en dat ’n vrou dikwels ander se belange bo haar eie stel. Dit kan ook gebeur dat ’n vrou nooit geleer het om beheer oor haar finansies te neem nie, aangesien iemand anders altyd beskikbaar was om dit namens haar te doen.

Wat vroue MOET weet van finansies

Baie vroue kom eers ná ’n egskeiding, die dood of die ernstige siekte van ’n eggenoot agter dat hulle nie weet hoe om hul geldsake te hanteer nie. Hulle het moontlik nooit geleer hoe om met finansiële aspekte te werk en geldsake te hanteer nie. Dit kan katastrofiese gevolge vir so ’n vrou en haar kinders inhou.  Om skielik met verbandskuld, motorpaaiemente, skoolgeld, polisse en boonop begrafnisreëlings gekonfronteer te word, is nie maklik nie, veral as jy nie weet hoe om dit te hanteer of weet waar alles gehou word nie.

Dit het al selfs gebeur dat ’n vrou nie eers weet waar en hoe om ’n munisipale rekening te betaal nie. Ons het gaan kyk na dit wat vroue moet weet.

Sorg dat jy weet waar alle belangrike dokumente soos testamente, geboortesertifikate, rekeningnommers en polisdokumentasie gebêre word. As jou man iets sou oorkom, moet jy weet waar alles gevind kan word.

As jy enkellopend is, is dit belangrik dat alles goed georganiseerd en bymekaar gehou word en dat ’n naasbestaande weet waar dit gehou word as jy iets sou oorkom.

Maak afskrifte van belangrike dokumente sodat jy dit kan gebruik as die oorspronklikes verlore raak.

Sorg dat jy verstaan wat in jou versekeringsdokumente staan en wat dit alles behels en beteken.

Maak seker dat jy nie oor- of onderverseker is nie. As jy enigsins twyfel, maak ’n afspraak met ’n kundige versekeringsmakelaar wat dinge aan jou kan verduidelik. Maak seker dat jy die premieverhogings in die toekoms sal kan bybring.

Praat gerus met jou man hieroor. Lewensversekering kan gemoedsrus bring en vir ’n inkomste vir jou en jou kinders sorg wanneer jou man nie meer daar is nie. Dit is belangrik om jou kinders se toekomstige opvoeding en onderhoud in ag te neem wanneer julle oor die bedrag van die lewenspolis praat.

As jy sonder ’n testament te sterwe kom, sal die landswette bepaal wat van jou besittings gaan word. Jy sal dus intestaat sterf, wat eenvoudig beteken: “sonder enige wettige testament”. In hierdie geval tree die instestate erfregreëls in werking. Onthou dat mondelingse wense en beloftes geen wetlike invloed of gevolg het nie. Stel dus so gou as moontlik ’n testament op, ten einde jou gesin baie ellende te bespaar.

In jou testament moet jy ook jou minderjarige kinders se voog benoem sodat daar iemand is wat na hul belange kan omsien as jy en hul pa gelyktydig te sterwe sou kom.

’n Naasbestaande wat jy vertrou, moet weet waar jou testament bewaar word en wie jou boedel gaan beredder.

The post Dryf geld ‘n wig tussen jou en jou maat in? first appeared on PC Bruwer & Partners / Vennote.

Help! Ek kom nie uit met my salaris nie!
Help!  Ek kom nie uit met my salaris nie!

deur Ansja Ferreira

Sak jou moed in jou skoene wanneer betaaldag nader kom?  Die wete dat jou pas inbetaalde salaris binne die eerste week opgeslurp gaan word deur aftrekorders, rekeninge, skuld, onvoorsiene uitgawes en die volgende betaaldag so ver voel.  Sit jy met jou hande in jou hare as jy weet dat jy nie deur die maand gaan kom met jou salaris nie? Jy is nie alleen in hierdie verknorsing nie.

Finansiële dissipline en ‘n eenvoudiger leefstyl

“‘n Mens hoor dikwels hoe mense kla dat hulle nie met hulle geld kan uitkom nie en dat hulle alewig in die skuld is. Tog verdien baie van hierdie mense ‘n redelike goeie salaris, maar hulle weet nie hoe om met hulle geld te werk nie, sê Connie Bruwer, ‘n geoktrooieerde rekenmeester.

“Finansiële dissipline is belangrik. Die beste voorneme wat ‘n mens kan hê, is om minder skuld te maak en op jou uitgawes te besnoei sodat jy nie kort voor lank in ‘n groot penarie beland nie.  Begroot is die woord,” sê Connie.  “Spaar elke maand.  Probeer om in jou begroting voorsiening te maak, om elke maand ‘n vaste bedrag te spaar.  Jy sal verbaas wees hoe vining jou spaargeld sal groei,” sê hy. Connie gee die volgende raad:

Hou boek

Kry ‘n boek waarin jy al jou uitgawes neerskryf en kyk aan die einde van die maand daarna. Nou sal jy maklik kan agterkom hoeveel jy moet begroot vir kos, klere, ontspanning, telefoon, petrol en al die ander dinge wat ‘n mens nodig het. (Jy kan ook op ‘n rekenaar als aanteken en byhou).

Kredietkaarte: In die eerste plek moet mense oppas vir kredietkaarte en ander vorms van skuld maak. As jy jou kredietkaart gaan gebruik, gaan jy uiteindelik veel meer betaal vanweë die hoë rente. Baie mense het meer as een kredietkaart, of ‘n krediet-en ‘n petrolkaart. Indien jy nie jou kaartrekeninge kan betaal nie, selfs nie eens deur jou spaargeld te gebruik nie, is dit tyd dat jy jou geldsake weer bekyk. Laat liewer al die skuld oorplaas na dié kredietkaart waarvan die rentekoers die laagste is. Jy betaal dus nou net een bedrag per maand om jou verskillende rekeninge te vereffen (wat jou al klaar beter sal laat voel) en jy het boonop die goedkoopste een gekies. Raak ontslae van jou kredietkaart indien jy jou nie kan dissiplineer om net ‘n sekere bedrag per maand uit te gee nie.

Ken jou beperkings: Dit is dikwels die geval dat mense bo hul vermoëns probeer leef, net om nie by hul bure of vriende af te steek nie. Het jy regtig daardie duur, nuwe motor nodig of kan jy vir nog ‘n paar jaar met jou bestaande motor regkom? Is al daardie luukshede werklik nodig. Wie wil jy dan graag beïndruk? Is al daardie luukshede die moeite werd as jy nagte gaan wakkerlê van al die skuld wat jy gemaak het en jare gaan sukkel om dit afbetaal te kry?

Geskenke en aankope: Maak ‘n lys van almal vir wie geskenke gekoop moet word – so sorg jy dat jy nie op die nippertjie ten duurste by die apteek of die geskenkwinkel moet gaan aanklop nie. Begroot hoeveel geld jy aan elke persoon gaan bestee en hou daarby. Vra jouself af of jy ‘n item werklik nodig het voordat jy dit in jou mandjie sit. Moenie meegesleur word en halsoorkop begin koop nie. Hou by jou inkopielys. Dink mooi voordat jy gaan geld trek by die kitsbank. Dit help net mooi niks as jy vandag net genoeg geld trek vir dit wat jy vandag nodig het, as jy weet jy moet môre petrol ingooi en haarkapper toe gaan. Trek eerder die ekstra geld en bêre dit op ‘n veilige plek, sodat jy dit môre kan gebruik. Anders betaal jy bankkoste vir twee onttrekkings in plaas van net een.

Geriefskaarte: Kyk ook mooi of die gerieflikheid van byvoorbeeld ‘n garagekaart werklik die moeite werd is. Byvoorbeeld: as jy ‘n garagekaart het, betaal jy heel waarskynlik R250 per jaar vir die voorreg, sowel as ongeveer R10 per keer wat jy dit gebruik. Jy kan soveel as R500 ‘n jaar bespaar deur nie ‘n garagekaart te hê nie.

Vergelyk op opsies:

Vergelyk jou opsies vir mediese fondse, versekering, lewensversekering, gimnasiumkontrakte, selfoonkontrakte ensovoorts. Kry kwotasies by elkeen en vergelyk die voordele en kostes daaraan verbonde.  Deur die beste opsie in elke geval te kies kan jy baie geld spaar.

Gee aandag aan jou testament en boedelbeplanning

Is jou testament en boedelbeplanning in orde?  Indien nie, gaan spreek ‘n kenner om jou te help.

Betaal meer af op jou verband betaling as wat jou paaiement is.

“Vir baie mense kan dit dalk traumaties wees om oor te skakel na ‘n eenvoudiger leefstyl, maar as mens weet dat daar wêreldwyd oor hierdie onderwerp gedink en geskryf word, is dit dalk iets om weer oor te dink en eintlik opgewonde oor te raak, sê Connie.

Connie stel ‘n paar idees voor om jou maandelikse uitgawes te verminder en eenvoudiger te leef:

* Koop ’n kleiner huis. Dit is duur om ’n groot huis en ’n groot tuin in stand te hou en om so ’n huis te verwarm.

* Ry ’n goedkoper motor, want ’n goedkoper maar betroubare motor is gewoonlik ligter op brandstof.  Deesdae het die meeste motors, selfs met ’n enjin van 1600 cc, baie luukshede in en hoef jy dus nie te voel jy is slegter daaraan toe as jy ’n goedkoper motor ry nie.  Baie mense is bereid om presies dit te doen as so ’n opoffering beteken dat jy meer gereeld gholf kan speel of meer met vakansie kan gaan.

*Laat staan die duur TV-diens. Daar is goedkoper alternatiewe wat ook jou gunstelingprogramme aanbied.

* Rente. Knip die kredietkaart middeldeur of sorg dat jy dit elke maand ten volle aflos.

* Betaal jou kar in drie jaar af. Betaal ekstra geld tot jou beskikking op jou huis af. Jy kan sodoende in ’n dekade of wat honderdduisende rande aan rente spaar.

* Moet niks koop wat jy nie werklik nodig het nie.  Koop vir jou kinders ‘n eenvoudige selfoon sonder al die truuks, kameras en bykomstighede.

* Moenie skuld maak nie. Dit maak dat jy later nog harder moet werk net om die skuld terug te betaal en jy kan dus nie die belangrike goed in jou lewe geniet nie.

* As jy al dié dinge doen, kan jy dalk ’n eenvoudiger werk “bekostig”.’n Werk wat dalk minder stres tot gevolg het en ook meer tyd bied om te gaan stap of draf of gholf te speel – iets wat jou lewenstyl kan verbeter sonder dat dit jou ’n fortuin hoef te kos.

The post Help!  Ek kom nie uit met my salaris nie! first appeared on PC Bruwer & Partners / Vennote.

How to save for University
How to save for University

Question:  I am really panicking because I have not invested in an educational policy for my daughter, who is 14. She keeps on asking me if I saved enough money for her to go to university. I used to have a policy but it lapsed after I lost my job. What is the quickest way I can get sufficient funds for her tertiary education? I am so afraid of disappointing her.

Answer:  Putting a child through university is an expensive and stressful job! As your child still has four to five years left before university, it would be advisable to invest in equities or an equity fund as it has proven to be the best growth investment over time. However, it should be clear that when one invests in equities, the name of the game is patience. Making monthly payments into such an equity or equity fund is also a good idea, as phasing in any investment cancels out the short-term ups and downs of the market.

In addition, don’t despair if you don’t have enough savings for your child’s university fees. The majority of students finance their studies via student loans, which are provided by banks at a lower interest rate. These loans normally only need monthly interest payments during the study years, and must be repaid only after the studies are completed.

The post How to save for University first appeared on PC Bruwer & Partners / Vennote.

Ten Things to do in 2024
Ten Things to do in 2024

(1) Secure your job: for most people, their main asset isn’t property or an investment, but their ability to generate an income.

Action plan:

Bring in more money. Even if it is not exactly stipulated in your job description, think of ways you can make and/or save more money for your company. Make yourself indispensable by tackling tough projects.

Beef up your CV. Talk to recruitment agencies about skills and qualifications in demand in your industry. Invest in training and further education.

Network with a purpose. Join a professional organisation in your industry. Get a mentor in your company to guide your advancement.

Consider a career change or ways to get a second income.

(2) Draw up a budget: without it, you probably won’t be able to live within your means.

Action plan:

Keep a day-to-day diary of your spending for at least a month. Then gather all your bank statements (plus bills and accounts) of the past six months to get a clear picture of where your money goes.

Understand what your net income is. What do you earn after deductions (pension fund, medical scheme, etc.)? What other kinds of income do you earn, for example from your investments or rental?

Now make a detailed list of all your outgoings. Start with fixed expenses: insurance, monthly investments, membership fees, mortgage payments, shop accounts, childcare and bank fees. Move on to daily and weekly expenses: petrol, food, coffee, newspapers, cigarettes.

Go through your spending diary and bank accounts to identify expenses which differ from month to month: veterinary bills, trips to the hairdresser, clothes. Try to calculate what your average amount of variable spending is each month.

Now, using all of this information, draw up a statement of your monthly income and spending. Make sure you are saving at least 10% – preferably more – of your income. If your expenses are more than your income, decide where you are going to cut spending. If there is no obvious way to do this and your creditors are putting increasing pressure on you, perhaps consider going for debt counselling.

(3) Review your retirement investments: contributing to your employer’s pension fund probably won’t be enough to maintain your current lifestyle – and cope with spiraling health costs – after retirement.

Action plan:

Get professional advice from an accredited financial planner on the value of your retirement investments, and whether your current level of investment will be enough to see you through retirement.

Make sure your investments are diversified and suited to your risk profile.

Your money should be spread over different asset classes (cash, bonds, shares and property) and should preferably be exposed to global markets.

When deciding where to invest, many investors fall for the latest trends.   “Take care because even experts struggle to predict the future.”

Also, make sure that when you decide to invest more money, you are not over-exposing yourself to an area where you already have investments.

(4) Ditch debt: short-term, bad debt (with high interest rates) is toxic. Get rid of it.

Action plan:

Make a list of all your debts (excluding your home loan), listing them according to the interest, you are paying.

Identify your most “expensive” debt (with the highest interest rate) and start paying more than the minimum payment each month. Go through your budget to see where you can cut spending to allocate more money to pay off this debt.

When the top priority debt is settled, move on to the debt with the next highest interest rate and pay it down, and move down your list until you have settled all your debts.

If there is no way of maneuvering your budget to cut your debts and you are struggling to pay the minimum amounts as it is, talk to your creditors and try to work out better payment terms.

Alternatively, consider approaching a debt counselor.

Many people struggling with payments think debt consolidation is the answer.  Debt consolidation usually means that you increase your home loan, or take out a new personal loan, to pay off your existing debts. But if debt consolidation doesn’t mean that you are paying less each month to settle your debts, it is not a viable option.

(5) Get insured: not a sexy way to spend your money, but worth it.

Action plan:

Life insurance – The primary purpose of life cover is to take care of your loved ones and settle debts (like your home loan) after your death. The cover should provide money for your spouse to live on and to educate your children. The earlier you take out life insurance, the less you will pay. Get a range of different quotes for life cover to secure the best deal.

Disability – Disability insurance policies will pay out if you can’t work any more. There are many kinds of policies. Some will pay a lump sum if you are permanently declared unsuitable to work.

Others will pay a monthly income and will also cover you if you are temporarily unable to work. Some will only pay out if you can’t do any work (not only your current job). It is crucial that you understand all the terms and exclusions of a policy before you sign.

Car and household – It is a highly competitive industry, so make sure you get the best policy on offer. There are a number of online comparison websites that will help.

Medical cover – There are many different plans you can choose from (take a  look at your options). When comparing benefits, make sure you understand how much cover will be provided for hospital visits (and surgery), chronic medication and day-to-day cover.

(6) Rainy day fund: a great way to avoid expensive debt when having to cope with an unforeseen crisis.

Action plan

Put aside an amount in your budget (preferably set up a debit order) for a savings account or fund. Look for the best interest rate you can find, but make sure it will be relatively easy to get your money out. The aim is to build up at least three months’ worth of your living expenses in a fund. If you suffer a sudden loss of income, or face an expensive emergency, you will have some money to tide you over.

(7) Get a will: without it, the fate of your children and assets may be decided by the authorities.

Action plan

A valid will basically entails that each page of the document is signed by you in front of two witnesses (who won’t benefit from the will). They also need to sign the document.

Your will should give instructions about what should happen with your assets and appoint an executor to take care of your estate after your death. If you appoint a firm as executor, they will receive a percentage of your estate (usually about 3.5%). If you have underage children, you also have to appoint a guardian.

If there is any degree of complexity in your will, get legal help.

(8) Be mean: ruthlessly root out all unnecessary spending and get in touch with your stingy side. It will pay off.

Action plan:

Go through all your expenses. Where can you save money? For many people, gym memberships (how much is that single monthly workout really costing you?) do not make economic sense. What luxuries, like daily extra large coffees with little chocolate sprinkles, can you cut out?

It may be time to switch your bank to save on costs and earn higher interest. The rates and fees on offer are getting more competitive, with smaller players like Capitec, Virgin and Woolworths also trying to get a piece of the action.

Make sure you are not paying too much for your car insurance. Your car loses value every year, and while you may still pay premiums based on the original purchase price of your car, the insurer will only pay out the current market value. (The opposite is true of household insurance – while you may have insured your house contents for a set amount a couple of years ago, it may cost much more to replace your belongings now.)

(9) Step up security on bank accounts, credit cards and internet users.

Action plan:

Make a habit of going though your bank statements at least once a week to check for any illicit activity.

Change your passwords regularly.

Use up-to-date antivirus software as well as other programs that will remove Spyware from your computer.

Don’t ever respond to any unsolicited e-mails.

(10) Invest in your relationship: divorce will be a serious impediment to financial planning, investment portfolios and overall health, wealth and happiness.

Action plan:

Find out more about what you can do to boost your relationship with your partner. “Then invest time, energy and money to do these things and you will be happier, healthier and wealthier.”

The post Ten Things to do in 2024 first appeared on PC Bruwer & Partners / Vennote.

‘n Begroting vir die feesseisoen
‘n Begroting vir die feesseisoen

Die feesseisoen beteken nie noodwendig dat jy skuld hoef aan te gaan nie.

Volgens ŉ opname deur CreditDonkey.com gebruik 37% mense hul kredietkaarte om hul feesseisoen uitgawes te finansier.

“Geld is net nie beskikbaar nie, aangesien die ekonomie in ŉ afwaartse daling is” sê Connie Bruwer, ŉ geoktrooieerde rekenmeester.  “Oorbesteding en onderbegroting is die grootste foute wat mense in die feesseisoen maak”, sê hy.

“Die rede daarvoor is waarskynlik dat mense nie dink wat hulle doen nie. Hulle ontvang in Desember hul jaarlikse bonus en skielik lyk dit vir hulle asof hulle baie geld het. Hulle koop dan te veel en koop ook op skuld en met hul kredietkaarte.  Hulle dink glad nie aan uitgawes wat hulle Januarie moet dek nie, byvoorbeeld skoolfooie, skoolklere ensovoorts nie.  Wanneer Januarie maand kom, kan hulle dan nie hulle finansiële verpligtinge nakom nie en kan dit lei dit tot ŉ bose skuldkringloop, sê Connie.

Werk so jou begroting uit vir die Kersseisoen:

Die eerste stap is om ‘n lys op te stel van al die persone vir wie jy geskenke wil gee.  Die ideaal is om ‘n spreikaart op te stel.  Die volgende kan jou ‘n idée gee van persone wat op jou lys kan verskyn:

Onmiddellike familie insluitende jou lewensmaat en kinders

Vriende

Mense wat deur die jaar vir jou baie beteken het, soos medewerkers of jou huishulp

Uitgebreide familie insluitende skoonmense,

niggies, nefies , ooms en tantes en grootouers

Jou kind se onderwyseres en jou bure

Nou moet jy bereken hoeveel geld jy tot jou beskikking het vir kersgeskenke en dan hoeveel geld jy op elke persoon gaan bestee.  As jy agterkom dat jy nie genoeg geld gaan hê nie, moet jy jou lysie aanpas en miskien van die mense op die lysie skrap en vir hulle dalk net ‘n kerskaartjie of klein geskenkie gee.

Artikel geskryf deur Ansja Ferreira

The post ‘n Begroting vir die feesseisoen first appeared on PC Bruwer & Partners / Vennote.