Lewensadvies / Lifestyle Advice - PC Bruwer & Partners / Vennote

Spaar vir jou kinders se studies
Spaar vir jou kinders se studies

deur Ansja Ferreira

Om vroegtydig voorsiening te maak vir jou kind se opvoeding is een van die waardevolste geskenke wat jy ooit vir hom of haar kan gee.  Een van die grootste bydraende faktore vir studente wat hul studies moet laat vaar, is ‘n tekort aan finansies.

Connie Bruwer, ‘n geoktrooierde rekenmeester gee die volgende raad om te help bereken hoeveel ‘n mens moet spaar vir jou kind se studies:

Om by hierdie berekening uit te kom, moet jy die tipe kollege of universiteit waarin jy dink jou kind sal belangstel, die tyd wat jy tot jou beskikking het om te spaar en inflasie in berekening bring. Onthou net, dit is die beraamde koste vir slegs een kind wat jy universiteit toe stuur.   Hierdie projeksies beklemtoon die belangrikheid vir ouers om vroegtydig te spaar vir hul kinders se studies.   Ouers met meer as een kind sal natuurlik meer moet spaar.  Hoe meer kinders hulle het, hoe meer sal hulle moet spaar.  Onthou ook dat elke gesin se omstandighede uniek is en beveel ek aan dat mense die hulp inroep van ‘n gesertifiseerde finansiële adviseur om hulle te help met die vooruitskatting van kostes.

Selfs ouers wat nie hul kinders universiteit toe gaan stuur nie, maar eerder na ‘n technikon of  opleidingskollege toe,  kan steeds verwag om hul hand diep in hul sakke te steek.    Ouers moet ook onthou dat hul kinders se skoolopleiding ook ‘n groot hap uit hul begroting kan neem.  Skoolfooie, uitstappies, skoolklere, skryfbehoeftes en uitgawes vir buitemuurse aktiwiteite speel alles ‘n rol om skoolopleiding ook ‘n groot uitgawe  te maak.  As ‘n mens in berekening bring dat kinders reeds vanaf kleuterskool en pre-primêr skool toe gaan, kan as al die kostes bymekaargetel word, by ‘n aardige bedraggie uitgekom word, teen die tyd wat die kind klaarmaak met hoërskool.

Alhoewel dit belangrik is om te besef dat studiekostes al hoe duurder gaan word, moet ‘n mens tog nie skrik vir al hierdie onkostes nie. Met deeglike beplanning, is daar wel maniere om te spaar vir jou kind se opvoeding.  Lewenskoste moet ook bygereken word.  Die dag tot dag kostes sluit onder meer in kos, klere, woonplek en vervoer.   Dit is moeilik om presies uit te werk wat dinge gaan kos, maar as mens na die huidige inflasiekoers kyk, kan mens verwag dat iets wat nou R100 kos ten minste R2000 gaan kos, wanneer ‘n kind wat nou gebore is, 18 jaar oud is.  Dit is ook belangrik om verblyf te bereken, waar gaan die student bly, moontlik by sy of haar ouerhuis, ‘n koshuis, studentehuis of woonstel.  Weereens sal elke individu se omstandighede en kostes verskil.

Connie stel die volgende spaaropsies voor:

Effektetrust.

Belê elke maand ‘n vaste bedrag in effektetrusts.  Begroot vir ‘n maandelikse belegging, moet dit nie kanselleer nie en verhoog die bedrag wanneer jy ookal kan.  Jy kry die voordeel van ‘n gedissiplineerde beleggingsprogram en belê gereeld sonder om te raai wanneer die mark by ‘n hoogte-of ‘n laagtepunt is.  Kies fondse wat pas by jou tydraamwerk en doelwit.    Effektetrusts is ook ‘n meer buigbare manier om vir jou kind se toekoms te spaar en kan jy ook ‘n lompsom inbetaal, wanneer ekstra geld tot jou beskikking is, soos byvoorbeeld wanneer jy jou jaarlikse bonus kry.

Effektetrusts sluit egter nie lewens-en ongeskiktheidsversekering in nie. As jy dalk te sterwe sou kom of nie meer in staat sou wees om ‘n inkomste te verdien nie, voordat jy die bedrag vir jou kind se studies kon bymekaarmaak nie, sal jou kind nie die volle bedrag wat jy beplan het om te spaar, verkry nie.  Om hierdie probleem te vermy, moet jy voorsiening maak vir voldoende lewens-en ongeskiktheidsdekking.   Vra jou finansiële adviseur om aan jou ‘n oorsig te gee van die verskillende skemas wat beskikbaar is.  Kies dan een wat vir jou spesifieke situasie die beste gaan werk.

Studieplanne by versekeringsmaatskappye wat ook gekoppel kan wees aan lewensversekering, is nog ’n opsie.  Kontak jou naaste versekeringsmaatskappy vir meer besonderhede.

Geld kan ook maandeliks in ‘n gewone spaarrekening gespaar word, maar die risiko hieraan verbonde is dat jy dalk in die versoeking gelei kan word om van die geld te onttrek wanneer geld dringend benodig word.  Geld kan ook in ‘n vaste depositorekening gespaar word, waar die rentekoers heelwat hoër as ‘n gewone spaarrekening sal wees.   Bankspaarprodukte betaal gewoonlik nie hoë rentekoerse nie en die groei op jou belegging kan dalk laer wees as met van die ander opsies wat gekies kan word.  Maar ‘n bankspaarproduk is eenvoudig en maklik om te verstaan en ‘n mens loop ook geen risiko daarmee nie.    Indien jou kind dan ook sou besluit om nie te gaan studeer nie, soos wat baiekeer gebeur, kan hy of sy hierdie geld gebruik om ‘n eie besigheid te begin.

Verskillende banke en instansies bied ook verskillende produkte aan wat gebruik kan word om te spaar vir jou kind se toekoms.  Maak seker dat jy ‘n produk kies, wat aan jou ‘n relatiewe hoë rentekoers bied en wat nie maandelikse administrasiefooie hef nie.

‘n Enkelbedrag of lompsom kan ook op die geldmarkfondse of ‘n ander plan belê word, wat ook ‘n goeie opbrengs kan verseker.  Opbrengste word herbelê en die bedrag bly belê vir die langtermyn totdat die kind wil begin studeer.

Wat kan ‘n mens doen as jy agterkom dat jy nie genoeg gespaar het om al die studiekostes te dek het nie.

Talle studente spring deesdae ook self in om hul ouers te help om hul studies te help betaal en doen allerhande werkies soos au pair werk en skoolkinders help met huiswerk, kelnerwerk en ander deeltydse werk.

Indien jy nie genoeg opgespaar het vir jou kind se studies nie, kan daar aansoek gedoen word vir beurse. Gewoonlik kan jou skool jou help met inligting van waar beurse beskikbaar mag wees. Praat ook met universiteite en ander tersiëre instellings rondom betalings en befondsingsopsies ten opsigte van die verskillende studierigtings. Laastens kan jy jou wend tot ‘n studielening, of selfs die verband op jou eiendom vergroot om vir die studiekostes te betaal. Skuld moet egter nooit jou eerste opsie wees nie, maar altyd jou laaste opsie.

Maak spaar ’n familie-aangeleentheid

Spaar kan ‘n familie-aangeleentheid wees. Maak jou kinders deel van die proses.  Lig hulle in oor die proses en die opofferings wat nodig is om vir hul toekomstige studies voorsiening te maak en laat hulle ook van tyd tot tyd die resultate sien.

Leer ook jou kinders van kleins af hoe om met geld te werk en om geld te spaar. Gee jou kleiner kindertjies ‘n spaarbussie om geld in te spaar en leer jou groter kinders om ‘n gedeelte van hul sakgeld te spaar.  Moedig ook jou kinders aan om deel te neem aan entrepeneursdae en ander geleenthede waar hulle geld kan verdien.  So leer jy jou kind van kleins af die waarde van geld.

Dit is ook baie goed om jou kinders van kleins af te leer om met geld te werk, ‘n begroting op te stel om met hul sakgeld uit te kom, hulle te leer om te spaar en ook van kleins af te leer om klein werkies te doen om sakgeld te verdien en wanneer hulle ouer is, ook te gaan werk vir ekstra geldjies. So leer jy jou kind verantwoordelikheid en hoe om met geld te werk.

Alhoewel kinders veel eerder verkies om geskenke te kry wat hulle kan sien en aanraak, verloor hulle dikwels na ‘n ruk belang in hierdie geskenke in die kas en word heel waarskynlik daarvan vergeet.  Kontant of beleggings as geskenke kan’n goeie idee wees.   Oupa kan dalk vir kleinboet ‘n vaste bedrag op effektetrust of in ‘n belegging belê, waar dit saam met die kind kan groei.  Die belegging kan dan later aangevul word, soos wat kontant ontvang word.  Dit is ook goed dat die kind daarvan weet en kan sien hoe sy of haar belegging groei.  Spaar moet ‘n familie-aangeleentheid wees.   Mens moet ’n kopskuif maak en anders begin dink oor spaar en vooruitbeplanning, dan is dit maklik om selfs in moeilike omstandighede genoeg te spaar vir jou kind se toekoms.

Pas jou testament aan

Wat gebeur as ouers dalk te sterwe kom voordat die kinders die ouderdom bereik wanneer hulle kan gaan studeer?   Mense met jong kinders wil veral weet wat die beste oplossing is en hoe hul testament opgestel kan word om hul jong kinders se erflating te beskerm.  Volgens Connie Bruwer, ‘n geoktrooieerde rekenmeester, is die beste oplossing vir ouers met minderjarige kinders om ‘n testamentêre trust vir hulle kinders te stig, waarvan die kinders die begunstigdes is en die trustees van die trust die belange van die kinders beskerm.

“Die trustees is die persone wat in belang van jou kinders gaan optree en die geldsake van die trust hanteer. Jy moet mooi besin wanneer jy ‘n trustee vir die trust aanstel.  Dit is nie noodwendig die beste om dieselfde persoon wat die kinders se voog gaan wees as trustee aan te stel nie.  Die trustee moet iemand wees wat die nodige finansiële kennis en agtergrond het, om jou kinders se finansiële sake die beste tot hul voordeel te kan bestuur.  Uit die trust kan daar dan fondse onttrek word, wat gebruik kan word soos benodig vir studiedoeleindes.  Dit is belangrik om dit dan so vooraf in jou testament te spesifiseer, dat daar vir studies uit die trust voorsiening gemaak moet word.  Die bates en kontant in die trust kan realiseer wanneer jou kinders die ouderdom van 18 jaar bereik of op ‘n ouderdom soos deur die testateur of testatrise verkies, wat nie minder as 18 jaar behoort te wees nie.

The post Spaar vir jou kinders se studies first appeared on PC Bruwer & Partners / Vennote.

Tuisblyma: word jy na jou waarde geskat?
Tuisblyma:  word jy na jou waarde geskat?

Die werk wat jy doen is R450 000 per jaar werd. Versekering vir tuisteskeppers is noodsaaklik

deur Ansja Ferreira

Sy noem haarself ‘n tuisteskepper, tuisbly-ma, hoof huishoudelike beampte of doodeenvoudig huisvrou.  Sy staan voor al die ander in die huis op, is heeldag op haar voete en gaan slaap heel laaste elke aand.  Sy werk elke dag lang ure en doen die ekwivalent van vier of meer voltydse werke.  Sy ontvang nie ‘n salaris nie, maar tog is sy van onskatbare waarde.

Gert is die direkteur van ‘n groot maatskappy.  Sy vrou, Hettie, het haar beroep as onderwyseres tydelik opgegee na die geboorte van hul drie kinders, ouderdomme 12, 8 en 3.  Sy is nou voltyds ma en tuisteskepper en het nie ‘n huiswerker wat haar kan help nie.  Sy doen al haar huiswerk self, ry die kinders rond na hul onderskeidelike skole en buitemuurse aktiwiteite.  Ook sorg sy dat daar elke aand ‘n gekookte bord kos of een of ander uithaalgereg vir haar gesin op die tafel is.  Met spesiale geleenthede onthaal sy ook graag en berei alles self voor.  Haar man en kinders se kosblikke word elke dag gepak en hul klere word gewas en sorgvuldig gestryk en weggepak.  Boonop help sy elke middag haar kinders met hul huiswerk, hou sorgvuldig boek van al die huishoudelike uitgawes en bestuur haar huishouding met ‘n ysterhand.  Die tuin, swembad en aanbouings kry ook aandag.  Wanneer een van haar kinders seerkry of een van haar kinders of man siek is, staan Hettie gereed om hulle te versorg en te verpleeg.  As haar man of kinders ‘n slegte dag gehad het, is Hettie gereed om hulle te troos en op te beur.  Hettie speel ook die rol van ‘n binneshuise versierder en gebruik haar kreatiewe talent om die huis te versier.  Klein herstelwerkies in die huis word deur haar gedoen en sy weet wie om te kontak indien sy self nie die probleem kan oplos nie.  Sy is ook verantwoordelikheid vir die troeteldiere se versorging en welstand.  Hettie ontvang geen vergoeding vir al hierdie werk wat sy doen nie en alhoewel daar vir haar man, die broodwinner ‘n groot bedrag lewensversekering uitgeneem is om vir die gesin voorsiening te maak vir wanneer hy nie meer daar is nie, is die bedrag waarvoor haar lewe verseker is, maar klein as ‘n mens kyk wat sy elke dag doen.

“Ek voel dikwels waardeloos omdat ek nie ‘n salaris verdien nie, maar ek en Gert het al saam gesit en sommetjies maak en bereken dat ek nie veel van ‘n salaris gaan oorhê nadat uitgawes wat dit vir my moontlik sal maak om te werk soos dagsorg, professionele werksklere, vervoerkoste na my werk, ‘n voltydse huiswerker, wegneemetes en ‘n au-pair om kinders rond te ry afgetrek is nie” sê Hettie.

‘n Tuisteskepper speel verskillende rolle en sluit dit onder meer die volgende in:

‘n Huiswerker wat voltyds werk, se salaris kan maklik tussen R2 000 en R3 000 per maand beloop.  ‘n Huiswerker wat ook naweke en oortyd werk, kan maklik tot R4 500 per maand verdien.

Kinderoppasser of au pair kan wissel vanaf R4 500 tot R8000 per maand en self meer wees.   Uurlikse lone kan wissel tussen R35 en R80 per uur.

‘n Tuisverpleegster, ondersteunende onderwyser, troeteldierversorger, binneshuise versierder en berader sal gewoonlik uurliks of per projek betaal word en tariewe kan grootliks wissel, afhangende van opleiding en ondervinding.

Chauffeur of taxibestuurder kan enigiets tussen R2 000 en R12 000 en selfs meer verdien per maand.

‘n Tuiskok of sjef se salaris kan begin by R3 500 en kan ervare en hoogs opgeleide sjefs kan baie groot salarisse verdien.

‘n Junior Projekbestuurder verdien maklik tussen R7 500 – R15 000 per maand, terwyl ‘n senior projekbestuurder baie meer kan verdien.

‘n Junior Boekhoudster kan tussen R4 500 en R7 000 per maand verdien en ‘n senior boekhoudster veel meer.

(Die salarisse hierbo is geskat en hang salarisse in die algemeen van die jare ondervinding, kwalifikasies en opleiding af.  Neem ook in ag dat ‘n tuisteskepper nie al die ure van die dag die rol van net een van bogenoemde rolle vervul nie, maar dat sy gedurende die dag verskillende rolle speel en dit opgedeel word deur die dag.  Sy kan byvoorbeeld soggens vroeg die rol van ‘n sjef speel wanneer sy ontbyt voorberei, dan die rol van ‘n taxibestuurder speel wanneer sy die kinders gaan aflaai vir skool, dan die rol van huiswerker, skoonmaker en wasgoeddame speel wanneer sy die huishouding in orde kry, later weer die rol van ‘n taxibestuurder wanneer sy die kinders by die skool gaan haal, weer later die rol van hulponderwyseres, dan sjef, berader en verpleegster).

Ander rolle wat ‘n tuisteskepper speel, waaraan ‘n mens nie altyd dink nie, sluit in:

Funksie bestuurder wanneer jy jou kleuter se partytjie reël en toesig moet hou oor die spelende kinders.

Sekretaresse en klerk wanneer jy korrespondensie en rekeninge moet hanteer en afsprake namens jou man en kinders by die dokter of tandarts moet maak.

Vredebewaarder wanneer jy bakleiende kinders uitmekaar moet hou.

Stilis en haarkapster wanneer jy jou kinders moet help aantrek en grimeer vir ‘n skoolkonsert en moet kies watter  nuwe klere vir hulle aangekoop moet word.

Dissipline bestuurder wanneer jy jou moeilike tiener moet tem.

Gastehuisbestuurder wanneer jy familie en vriende van jou man moet onthaal en huisvesting gee wanneer hulle jou stad kom besoek.

Naaldwerkster wanneer jy some moet regmaak en knope moet aanwerk vir skoolbaadjies.  Navorser wanneer jy jou kind moet help met ‘n skooltaak en inligting op die internet moet soek.

Metgesel, minnares en vriendin vir jou man.

Indien Hettie onverwags te sterwe sou kom, kan Gert homself maklik in ‘n finansiële verknorsing bevind as hy skielik ‘n personeel soos ‘n huiswerker, kinderoppasser, kok of sjef, projekbestuurder en boekhoudster moet aanstel om die huishouding en kinders te behartig sodat hy steeds sy werk sal kan doen.

“Deur slegs die lewe van die broodwinner van die gesin te verseker, is sekerlik die grootste fout wat mense maak wanneer hulle lewensversekering uitneem.  Die ouer wat tuisbly is dikwels die kinderoppasser, tuissjef, ondersteunende onderwyser, huisskoonmaker, projekbestuurder, boekhoudster, taxi bestuurder en nog vele meer” sê Lenerd Louw, Hoof Uitvoerende Beampte van die direkte lewensversekeringsmaatskappy Frank.net.

“Die bydraes wat ‘n tuisteskepper tot die huishouding maak is van groot waarde en sonder ‘n finansiële veiligheidsnet wat voorsiening maak vir hul dood, sal die oorlewende gade en kinders nagelaat word sonder die middele om die lewensstyl waaraan hulle gewoond is voort te kan sit.  Die tuisteskepper se bydraes wat nou verlore is weens haar dood, ongeskiktheid of ernstige siekte, kan lei tot finansiële ontbering vir die broodwinner en die hele gesin” se Louw.

Louw plaas alles in perspektief deur te verduidelik dat dit bereken word dat ‘n tuisteskepper gemiddeld 94.4 ure “werk” elke week verrig en dat dit die gemiddelde gesin R450 000 per jaar sal kos om te betaal vir die basiese werk wat die tuisteskepper verrig.

Hy waarsku:  “Moenie gekondisioneer word deur te glo dat die waarde van ‘n individu gemeet kan word aan die inkomste wat hy of sy genereer nie.  “In ‘n gesin is die tuisteskepper net soveel ‘n bydraer as die persoon wat die geld verdien en die finansiële verliese wat in die tuisteskepper se afwesigheid gely sal word is ‘n duidelike bewys hiervan”.

“Die verlies van ‘n geliefde is nie net ‘n emosionele ontbering nie, maar gaan ook met  met massiewe finansiële stres gepaard.  In wese, is dit nodig om ‘n prys etiket op ouerskap te plaas en die waardevolle rol binne die gesinseenheid buite die konteks van emosionele bande en ondersteuning te verstaan”, verduidelik Louw.

Volgens Louw kan ‘n oorlewende gade met baie uitdagings gekonfronteer word soos om langer ure te werk om addisionele en onvoorsiene uitgawes te dek, take te verrig wat deur die tuisteskepper-gade verrig was, tyd vind om te rou en die gesin emosioneel te ondersteun en boonop die huishoudelike verantwoordelikhede oor te neem wat voorheen gedeel was.

Louw identifiseer twee belangrike vrae wat jy jouself moet vra:

Indien jy jou tuisteskepper gade sou verloor, hoeveel sou dit jou kos?

Indien die oorlewende gade langverlof by die werk moes neem, wat sou die finansiële implikasies wees?

“Die rol van die tuisbly ouer sal nou gevul moet word deur die oorlewende gade of ‘n ander ondersteuningspersoon en lewensversekering kan help om hierdie uitgawes te dek” noem Louw.

Louw beveel aan dat die volgende in ag geneem moet word:

Kinderversorging.  Die behoefte kan ontstaan om au pairs en voertuigbestuurders te huur om te help met die kinders se versorging en vervoer.  Indien jy baie jong kinders het, kan dagsorg selfs nodig wees.

Huishouding. Daaglikse take en werk wat gedoen moet word kan ekstra onkoste tot gevolg hê insluitende wasgoed en skoonmaak kostes.   Jy mag ook dalk voorheen nie ‘n huiswerker in diens gehad het nie en kan ‘n voltydse huiswerker jou tot R3 000 uit die sak jag.

Dagsorg:  Indien die broodwinner van die gesin vyf dae per week werk en baie tyd aan die reis van en na die kantoor bestee, moet al hierdie faktore ook in ag geneem word om ‘n realistiese bedrag te bereken waarvoor versekering nodig sal wees.

Hoeveel lewensdekking?

“Met die toepaslike dekkingsbedrag het jou gesin die geleentheid om hul lewenskwaliteit in stand te hou en hul toekoms te verseker.  Louw beveel aan dat die volgende in ag geneem moet word:

     Lewensstyl

     Aantal kinders

     Die werkende gade se inkomste (indien verlof nodig sou wees)

     Huishoudster/au pair/kok/sjef/voertuigbestuurder se salarisse

Om ‘n ouer, beste vriend en minnaar te verloor, is reeds moeilik genoeg, sonder om nog finansiële ontbering ook by te voeg wat dit nog baie meer pynlik kan maak, sê Louw.  “Lewensversekering sal verseker dat die oorlewende gade nie geforseer sal wees om lang ure of selfs ‘n tweede werk aan te pak om die rekeninge te betaal nie.   In plaas daarvan kan meer fokus daarop geplaas word om daar te wees vir hul gesin gedurende ‘n kritieke tyd in hul lewens.  Dit is noodsaaklik om die belangrikheid te besef om beide lede van die ouerpaar voldoende te verseker.

Lewensversekeringsmites:

Lenerd Louw, Hoof Uitvoerende Beampte van Frank.net lewer insig op algemene lewensversekeringsmites.

Mite 1:   Lewensversekering is nie bekostigbaar nie

Lewensversekering is vir die meeste Suid-Afrikaners baie bekostigbaar.  Dekking kan vir so min as R100 per maand verkry word, afhangende van jou individuele omstandighede.

Mite 2:  Die meeste mense het genoeg versekering.

Suid-Afrikaners is baie onderversekerd.  Ondanks die belangrikheid van lewensversekering, het slegs 12% van Suid-Afrikaners  lewensdekking en slegs 6% het een of ander vorm van inkomsteverlies beskerming

Mite 3:  Dit is altyd beter om ‘n versekeraar te gebruik wat ‘n kontant-terugbonus aanbied.

Indien jy wel besluit om hierdie opsie te gebruik, maak seker dat jy versigtig na die produkvoordele kyk.  Gaan na wat gedek word en wat nie gedek word nie.  Dit mag dalk nie die regte polis vir jou wees nie en jy mag dalk nie die dekking verkry wat jy nodig het nie.

Mite 4: Ongeluksdooddekking voorsien genoegsame dekking

Ongeluksdoodsdekking beteken jy het geen dekking vir dood as gevolg van natuurlike oorsake nie.  Dit is werklik ‘n slegte idee en is veral ‘n slegte skuif as dit  ‘n volle lewenspolis vervang.

Indien jy versekering nodig het vir ‘n potensiële motorongeluk, het jy dit ook nodig vir ‘n potensiële hartaanval.

Mite 5: Nie almal het ‘n lewensversekeringsplan nodig nie

Die teenoorgestelde is waar, almal het ‘n plan nodig.  Jy is dalk van mening dat jy goeie gesondheid geniet, maar dit beteken nie noodwendig dat jy nie lewensversekering nodig het nie.  Maar wat dan van salarisbeskerming, ernstige siekte en ongeskiktheidsdekking?

Elkeen behoort een of ander vorm van beskerming te hê.  Jy behoort jouself en indien jy ‘n gesin het, jou gesin te beskerm.  ‘n Vorm van dekking sal van groot waarde wees indien enigiets met jou sou gebeur.

The post Tuisblyma:  word jy na jou waarde geskat? first appeared on PC Bruwer & Partners / Vennote.

Hou kop bo water met jou finansies – kom verder met jou kruideniersware
Kom verder uitmet jou kruideniersware

deur Ansja Ferreira

“Ek is moedeloos,” se *Christine, ŉ werkende ma van twee.  “Ek was by die kruidenierswinkel en het uitgestap met twee sakke wat my R1000 gekos het.  En dit gaan my net ŉ dag of twee hou.  Dit lyk elke maand of die pryse styg en die kruideniersware wat ek vir my geld kry al hoe minder word.”

Die omgewingsielkundige, Paco Underhill, beweer in die boek What Women Want: The Science of Women Shopping, dat tot 50% van ons inkopiemandjies vol items is wat ons in die eerste plek nooit beplan het om te koop nie!

Met ‘n bietjie beplanning, kan jy jou kruideniersware uitgawes drasties verminder, en in die proses elke maand meer geld in jou begroting beskikbaar hê.

Gaan jou bankstate of aanlynrekening na en werk uit wat is die totale bedrag wat jy die afgelope paar maande aan kos spandeer het. Stel vir jouself ŉ doelstelling om te bespaar en wys met jou aankope te werk te gaan.

Jy moet ŉ plan hê voordat jy by die winkel instap. Volgens navorsing deur die Universiteit van Pennsylvania vind ŉ groot mate van hoë impulsaankope plaas by supermarkte met 60 tot 70 persent van die aankope wat nie beplan was nie.  Mense wat ‘n kruidenierslysie het, is die minste geneig om impulsiewe aankope te doen en kan heelwat op hul kruideniersware-rekeninge bespaar.  Stel ‘n lys op en hou daarby!  Jy kan ŉ inkopielysie toepassing gratis op jou foon aflaai.  ŉ Voorbeeld hiervan is Listonic.

Vergelyk pryse. Bestudeer weeklikse supermark-en winkels se spesiale aanbiedinge.  Kyk gerus na pamflette en aanlyn.  Koop ook slimmer, besoek meer as een supermark, vergelyk pryse, en koop die winskopies.

Beplan jou week se maaltye en bly daarby. Nie net help maaltydbeplanning jou om tred te hou met gesonde eetdoelstellings nie, dit help jou ook om by jou begroting te hou.  As jy presies weet wat jy die week wil kook, en ‘n lys saambring winkel toe van bestanddele wat jy benodig, is jy minder geneig om te veel kos te koop en op te eindig met verkwiste kruideniersware.  Jy gaan ook onnodige uitgawes uitskakel soos gekoopte ontbyte, middagetes en daardie ‘vinnige uitstappies’ na die winkel vir melk en brood om uiteindelik met R750 se aankope daar uit te stap.  Of om drie aande per week wegneemetes te bestel, omdat jy laat by die huis aankom na werk en op die nippertjie nie iets in die huis kry wat jy kan vinnig gereed kry om te eet nie.  Hierdie gedrag kan ŉ groot duik in jou begroting tot gevolg hê.

Soek op die internet of in tydskrifte na resepte wat jou sal toelaat om smaaklike etes teen ŉ sakpasprys voor te berei.

Moenie gaan inkopies doen wanneer jy honger is nie. Jy het dalk al voorheen hierdie raad gehoor, maar navorsing staaf dit.  Die Universiteit van Minnesota se Carlson School of Management het onlangs die sielkundige effek van ŉ honger gevoel ondersoek en hul bevindings in die vaktydskrif Proceedings of the National Academy of Sciences gepubliseer.  Deur honger te gaan inkopies doen, eindig byna altyd in impulsaankope.  Hoe hongerder die klant was, hoe meer geld het hy of sy spandeer – 64 persent meer.

Koop seisoenaal. As die produkte in die seisoen is, is die aanbod op sy hoogtepunt – wat dit vir boere makliker en goedkoper maak om na u plaaslike winkel te versprei.

Beproef die kontantkoevertstelsel. As jy vind dat jy meer spandeer as wat jy wil in die kruidenierswinkel, beveel baie begrotingsgoeroes die koevertstelsel aan.  Aan die begin van die week of maand moet jy die hoeveelheid kontant wat jy beplan om aan kruideniersware te bestee, in die koevert sit en slegs van hierdie kontant na die winkel saamneem.  Geen krediet- of debietkaarte nie.

Vervang bestanddele met ekonomiese keuses. Vervang duur of buite-seisoen groente in resepte met die altyd goedkoop wortels of kool.

Rek die vleis. In plaas daarvan om hele stukke vleis soos steaks of tjops te bedien, bedien kasserolle, bredies en ander geregte met gekapte, gekrummelde of gesnipperde vleis.  Op die manier kan jy dit rek en meer as  ŉ geurmiddel gebruik as hoofbestandeel.

Koop in grootmaat. Verskeie stapelprodukte wat gereeld gebruik kan word, kan in grootmaat gekoop word.  Talle produkte soos pasta, boontjies, rys, tofu, lensies en meel is goedkoper wanneer in grootmaat aangekoop word.

Koop minder voorafverpakte maaltye en meer vrugte en groente. Koop produkte sonder naam.  Nie net word baie deur dieselfde handelsnaamondernemings vervaardig nie, net met ‘n ander en eenvoudiger etiket, maar hulle smaak ook basies dieselfde en kos minder!  Koop grootmaat droë vrugte, neute, pretzels en ander gesonde snoephappies.  Pak dit in kleiner sakkies om werk en skool toe te neem.

Maak voorsiening vir vinnige etes. Maak dubbel en vries vir daardie aande wat jy nie tyd gaan hê om kos te maak nie en skakel wegneemetes so uit.  As jy ‘n paar “vinnige etes” beskikbaar het, wat jy binne 15 minute gereed kan hê, kan jy baie geld spaar.

Begin jou eie groente-en kruietuin. Spinasie, aarbeie, blaarslaai, tamaties, kruie, groenboontjies en groenrissies kan maklik tuis, selfs in potte, gekweek word.  Kinders geniet dit ook om te sien hoe die groente opkom en groei.

Maak ŉ draai by ŉ boeremark. Nie alles op ‘n boeremark gaan goedkoper wees nie, maar jy kan dalk ŉ paar winskopies daar vind.

Haal byvoorbeeld ook jou vleis die vorige aand uit die vrieskas, sodat dit self kan ontdooi en sal dit nie nodig wees om in ‘n mikrogolfoond te ontdooi nie.  Onthou ook dat vars, rou kos soos slaai en vars vrugte en groente jou minder in elektrisiteit gaan kos, omdat dit nie gaargemaak hoef te word nie.

Leer jou kinders om gesond te eet. Volgens kenners is porsiegroottes dikwels drie keer groter as wat dit behoort te wees.  Maak ook een of twee aande ŉ week ŉ vleislose hoofmaaltyd soos macaroni en kaas en jy sal sien hoeveel geld jy so kan spaar.

“Moet niks koop wat jy nie werklik nodig het nie. Wanneer jy in grootmaat koop, hou beheer daaroor, bestuur dit wys en indien nodig, sluit toe,” is Connie Bruwer, ŉ geoktrooieerde rekenmeester se raad.

Hou kop by die winkel:

Bemarkingskonsultant en skrywer van Brandwashed, Andrew Lindstrom, het ‘n eksperiment uitgevoer waar mense inkopiewaentjies gebruik wat dubbel so groot was as die gewone. Diegene met die groter winkelwaentjies het 40% meer gekoop as dié met die kleineres. Dit is omdat die inkopiewaentjie nou leër lyk, wat beteken dat jy meer geneig is om dit vol te maak met items wat impulsief gekoop word en lekkernye.

Los die oorspandeerders by die huis. Indien jy agterkom dat jou kinders of selfs jou lewensmaat die skuldige is om al die items wat nie op jou lys is nie, in jou waentjie te plaas, sal jy dit help om eerder alleen te gaan inkopies doen.

Maak seker daardie spesiale aanbieding is wel ŉ winskopie.

Onthou dat duurder produkte dikwels ooghoogte geplaas word en gewilde kombinasies (soos aartappelskyfies en salsa) langs mekaar, om kopers aan te moedig om beide te koop. Kyk gerus ook na die boonste en onderste rakke om generiese handelsmerke te vind, wat heelwat goedkoper is en dikwels bykans identies as die duurder handelsmerke is.

Professor Ronald E. Milliman’s het in sy studie “Using Background Music to Affect the Behavior of Supermarket Shoppers” bevind dat kruidenierswinkels wat stadige musiek speel, hul verkope met byna 40% verhoog het!

Lesers se wenke:

Elmarie Erasmus Fischer se geheim is om nie net minimalisties te werk met alles nie, maar om produkte te rek:

“Ek koop byvoorbeeld goedkoop wassoda en gooi dan 1,35 kg waspoeier by 500gram wassoda….so kom jy met wasgoedpoeier verder. Ek gebruik my teesakkies en hou dit. Later kan ek van die gebruikte teesakkies 2 saamgooi en kry weer ‘n lekker koppie tee uit dit. Al my verlepte vrugte word in ‘n versapper gemeng en dan in ‘n yshouertjie gegooi. Die kinders dink dit is die lekkerste yssies, maar eintlik eet hul gevriesde vrugte. Ek probeer my vleisgeregte rek met kekerertjies of rooibone. Ek kweek my eie kruie.”

Christine:  “Ek koop graag spesiale aanbiedinge waar jy twee koop dan kry jy een item gratis. Mens spaar baie so.”

Annatjie:  “Hier in Durban is daar heelwat winkels wat goed verkoop teen fabriekspryse. Ons het geleer watter is werklik goedkoper. Kyk die koerant se middelblad en koop skoonmaakgoed grootmaat.  Ek betaal byvoorbeeld vir 5 kg seeppoeier dit is net plein en sonder ‘n handelsnaam, maar ruik lekker en was skoon. Ons koop as ons ekstra geld het spesiale aanbiedings en bêre in die koskas.  Meel en rys verpak ons in grootmaat 1 kilogram sakkies en seël dit. Ons soek slaghuise met goeie pryse en koop as ons kan halwe skaap, maalvleis en wors en verpak dan self in ekonomiese pakkies. Ek probeer nie meer kos kook as wat nodig is nie. Ek koop brood as dit goedkoop is en vries. Ek koop ‘n een liter houer jogurt en seël dit in goeie bakkies wat ek skooltoe stuur. Ek maak muffins met piesangs en hawermout vir gesonde en goedkoop versnapperings vir skool. Ek groei my eie seldery en wortels vir my gebaarde drake (bearded dragons). En groei tamaties in 5 liter bottels wat gehang word onder my afdak by die stoep. Hulle kry genoeg water as dit reën. Hondekos koop ek in 40 kg pakke want ek het baie diere en dit werk my goedkoper uit direk van die verskaffer as deur die winkel.

Belinda: “Probeer dubbel koop as daar spesiale aanbiedings is.  Bêre en werk spaarsamig. Dan bou jou voorrade op en jy kan later net spesiale aanbiedings koop. Die geheim is om nie dan meer te gebruik van iets omdat jy baie het nie.’

Jordan Page is ‘n blogger en kenner op die gebied van spaarsamige en ekonomiese bestuur van geld,  kos en gesinsuitgawes.

Sy gee 10 maniere op haar webwerf om ŉ ete te rek:

ŉ Groente bygereg sal nie net jou maaltyd rek nie, maar jy kry ook die gesondheidsvoordele van die groente te eet.  ŉ Ander gesonde opsie is vrugte, veral as jou gesin gedurende die dag nie genoeg daarvan eet nie.  Maak ‘n vrugteslaai of laat elkeen kies watter vrugte hulle met hul aandete wil geniet.

Deur droë of geblikte bone by die ete te voeg voorsien steeds goeie proteïene, maar is baie goedkoper en baie vullend.  Dit werk goed vir taco-vleis, chili, enchiladas, sop en meer.  As jy nie kans sien om bone by jou vleis te voeg nie, maak dit dan as ŉ bygereg.

Pasta is ‘n goeie manier om ‘n maaltyd te rek as jy nie genoeg vleis vir almal het nie.  Dit is goedkoop, vullend en lekker!

Rys is nog ‘n goeie opsie om maaltye te strek.  Dit maak nie saak watter soort rys jy kies nie; dit gaan goed met alles!  As jy taco’s gaan eet, maak dan Mexikaanse rys en voeg dit ook by die tortillas, sodat jy nie soveel vleis nodig het nie.

Fyn, gebakte of gebraaide aartappels is ook ‘n goed om by ‘n bredie of sop te voeg om ŉ maaltyd langer te laat hou en meer te voed.

Taco-slaai, geroosterde hoenderslaai, salmslaai – as jy oorskietvleis oor het, kan jy dit op ‘n slaai eet.

Bedien toepaslike porsiegroottes.  As iemand geneig is om altyd te veel in te skep en dan nie alles kan eet nie omdat hulle versadig is, is dit verkwistend!  Begin aan die begin om almal minder te bedien.  As hulle dan nog honger is nadat hulle die regte hoeveelheid geëet het (nie net duur vleis nie), kan hulle ‘n bietjie meer van als kry.

As jy die maaltyd gerek het, maar dit nog steeds nie heeltemal genoeg is nie, bedien dit dan met brood of rolletjies!

Sop is ‘n goeie manier om ‘n bietjie van alles te neem en dit in ‘n nuwe maaltyd te omskep.  Vleis, groente, rys of pasta, basies alles wat jy byderhand het, kan in ‘n sop gevoeg word!

Eiers is ‘n uitstekende bron van proteïene en ‘n goeie manier om maaltye te rek. Voeg ‘n handvol gekapte ham en spinasie by eiers by, en jy het ‘n omelet.  Maak ‘n quiche met behulp van die lukrake groente en vleis wat jy in jou yskas het.  Neem ‘n bietjie oorskietkors en tortillas om ontbytburrito’s te maak.

*skuilnaam

Eksterne bronne:

https://www.medicaldaily.com/hungry-shoppers-spend-more-money-save-your-wallet-fill-your-stomach-322848

https://theconversation.com/the-science-that-makes-us-spend-more-in-supermarkets-and-feel-good-while-we-do-it-23857

https://freakonomics.com/media/Using%20Background%20Music%20to%20Affect%20the%20Behavior%20of%20Supermarket%20Shoppers.pdf

http://knowledge.wharton.upe.

n.edu/wp-content/uploads/2013/09/1357.pdf

https://www.scarymommy.com/how-to-save-money-grocery-shopping/

https://grow.acorns.com/grocery-store-tricks/

https://listonic.com/7-psychological-supermarket-tricks-and-how-to-save-money-by-beating-them/

The post Hou kop bo water met jou finansies – kom verder met jou kruideniersware first appeared on PC Bruwer & Partners / Vennote.

The issue of a simpler lifestyle
The issue of a simpler lifestyle.

Connie Bruwer PC Bruwer and Partners discuss this important topic.

Question:  We are regularly confronted with the issue of ‘a simpler lifestyle’. Such a lifestyle is not only one of a number of truths – it is in most cases enforced on a person when he / she retires. Let’s talk a little about this, Connie.

Connie:  It is true that very few people have enough to invest in their pension funds to live like they did in their pre-retirement lifestyle after retirement.

It forces them to make changes in their lifestyle.

For many people this may be traumatic to do, but if you know that worldwide people are looking at a simpler lifestyle , it might be something to think about again and actually get excited about.

Question:  The question is: What can a person do to established such a scaled-down lifestyle and to ensure that they do not feel that you are being sent to a detention camp, but rather to a new adventure?

Connie:  It’s not nice when you have to work just to pay the bills.

There are some things that can be done.

* Buy a smaller house. It is expensive to have a big house and to maintain a large garden, as well as to heat a home.

* Drive a cheaper car because a cheaper but reliable car usually consumes less fuel.

These days most cars, even ones with an engine of 1,600 cc, have many luxuries and you do not have to feel that you are worse off than you are by driving a cheaper car.

Many people are willing to do with such a sacrifice if such a sacrifice means that you can play golf more often or go on holiday.

Question:  What else can be done?

Connie:  * Leave the expensive TV services. There are cheaper alternatives available that can also offer your favorite shows.

* Interest. Cut the credit card in half, or ensure that you pay the full amount outstanding every month.

* Pay your car off in three years. Pay extra money available on your home loan.

This way you can saving a decade or hundred thousands in interest.

* Do not buy what you do not really need.

* If you are already doing these things, you may “afford” a simpler job.

A less stressful work and one that provides you with more time to go walking or jogging or playing golf – is something that can improve your lifestyle without it costing you a fortune.

* Do not acquire debts. It will mean that have to work harder later on just to pay back the debt and you cannot enjoy the important things in your life.

Question:   As people’s income increases, and they can afford more, goods and services that were previously a luxury is now considered a necessity. One must be careful against this.

Connie:  As people get older and their children move out of the house (and their pockets), they can in afford a more luxurious lifestyle.

It will then be difficult to scale down when you retire.

The same thing happens when people change jobs and they withdraw retirement provisions and use the money for a well-intentioned priorities such as to pay off your house.

With the mortgage out of the way, you can improve your lifestyle, but when you retire, you will in any case have to start doing the things I mentioned above since your retirement savings will be too little.

To start living a simple life before a forced retirement age, will mean that you enter into a mini-retirement.

A lot of people will not understand what you’re doing.

Question:  It’s always surprising when a senior person in an executive position resigns and says he will pursue his own interests.

Connie:  Maybe he can afford to downgrade early, but it also means that he is walking away from the security he had. Usually such a person begins a second, but quieter career. Something simpler.

Or the person may get involved at the church or a charity.

This also applies to those who are about to retire.

If you can start implementing such an easier lifestyle, it might mean that you might have more to give to the less fortunate.

And if your stress is less, you will in any case live a longer, happier and healthier life.

Why not?

In some cases, it may just be important to ensure that you enjoy your work and you do not work to live.

The post The issue of a simpler lifestyle first appeared on PC Bruwer & Partners / Vennote.

Die kwessie van ‘n eenvoudiger leefstyl
Die kwessie van ‘n eenvoudiger leefstyl.

Connie Bruwer van PC Bruwer en Vennote gesels oor hierdie belangrike onderwerp.

Vraag:  Ons word die laaste tyd gereeld met die kwessie van ’n eenvoudiger leefstyl gekonfronteer. So ’n leefstyl is nie net een van ’n aantal geloofswaarhede nie, dit word in die meeste gevalle in elk geval op ’n persoon afgedwing wanneer hy/sy aftree.  Kom ons gesels bietjie hieroor, Connie.

Connie:  Dit is so dat min mense genoeg in hulle pensioenfondse belê om hulle leefstyl voor aftrede ná aftrede net so voort te sit.

Dit dwing hulle dan om veranderings in hul leefstyl aan te bring.

Vir baie mense kan dit dalk traumaties wees om dit te doen, maar as mens weet dat daar wêreldwyd oor ’n eenvoudiger leefstyl gedink en geskryf word, is dit dalk iets om weer oor te dink en eintlik opgewonde oor te raak.

Vraag:  Die vraag is: Wat kan ’n mens doen om ’n afgeskaalde lewensstyl op so ’n wyse te bewerkstellig dat dit nie voel dat jy na ’n strafkamp gestuur word nie, maar dat dit eerder as ’n avontuur gesien word?

Connie:  Dit is ook nie lekker as jy moet werk net om die rekenings te betaal nie.

Daar is ’n paar goed wat gedoen kan word.

* Koop ’n kleiner huis. Dit is duur om ’n groot huis en ’n groot tuin in stand te hou en om so ’n huis te verwarm.

* Ry ’n goedkoper motor, want ’n goedkoper maar betroubare motor is gewoonlik ligter op brandstof.

Deesdae het die meeste motors, selfs met ’n enjin van 1600 cc, baie luukshede in en hoef jy dus nie te voel jy is slegter daaraan toe as jy ’n goedkoper motor ry nie.

Baie mense is bereid om presies dit te doen as so ’n opoffering beteken dat jy meer gereeld gholf kan speel of meer met vakansie kan gaan.

Vraag:  Wat kan nog gedoen word?

Connie:  * Laat staan die duur TV-diens. Daar is goedkoper alternatiewe wat ook jou gunstelingprogramme aanbied.

* Rente. Knip die kredietkaart middeldeur of sorg dat jy dit elke maand ten volle aflos.

* Betaal jou kar in drie jaar af. Betaal ekstra geld tot jou beskikking op jou huis af.

Jy kan sodoende in ’n dekade of wat honderdduisende rande aan rente spaar.

* Moet niks koop wat jy nie werklik nodig het nie.

* As jy al dié dinge doen, kan jy dalk ’n eenvoudiger werk “bekostig”.

’n Werk wat dalk minder stres tot gevolg het en ook meer tyd bied om te gaan stap of draf of gholf te speel – iets wat jou lewenstyl kan verbeter sonder dat dit jou ’n fortuin hoef te kos.

* Moenie skuld maak nie. Dit maak dat jy later nog harder moet werk net om die skuld terug te betaal en jy kan dus nie die belangrike goed in jou lewe geniet nie.

Vraag:   Namate mense se inkomste styg en hulle meer kan bekostig, word goedere en dienste wat voorheen as ’n luuksheid beskou is, nou ’n noodsaaklikheid. ‘n Mens moet seker hierteen waak.

Connie:  Namate mense ouer word en hul kinders uit die huis en uit hul sakke beweeg, kan hulle in die tyd voor aftrede ’n luukser lewenstyl bekostig.

Dit gaan dan moeilik wees om af te skaal wanneer jy aftree.

Dieselfde ding gebeur as mense van werk verander en hulle opgeboude aftreevoorsiening onttrek en die geld gebruik vir ’n goedbedoelde prioriteit soos om jou huis af te betaal.

Met die huisverband uit die weg geruim, kan jy jou lewenstyl verbeter, maar as jy aftree gaan jy in elk geval die goed wat ek hierbo genoem het moet begin doen omdat jou aftreevoorsiening te min gaan wees.

Om ’n eenvoudiger lewenstyl te begin volg voordat jy ’n gedwonge aftree-ouderdom bereik, beteken dat jy in ’n mini-aftrede ingaan.

Mense gaan nie almal verstaan waarmee jy besig is nie.

Vraag:  Dit is altyd vreemd as ’n senior persoon in ’n uitvoerende pos bedank en sê hy gaan sy eie belange najaag.

Connie:  Dalk kan hy dit bekostig om vroeg reeds af te skaal, maar dit beteken steeds dat hy van sekuriteit wat hy gehad het, wegstap.

Gewoonlik begin so iemand ’n tweede, maar rustiger loopbaan. Iets eenvoudigers.

Of dalk raak die persoon by die kerk of ’n liefdadigheidsorganisasie betrokke.

Hierdie is ook van toepassing op diegene wat op die punt is om af te tree.

As jy so ’n eenvoudiger lewenstyl kan begin implementeer, gaan dit dalk beteken dat jy meer oor het om aan ander wat minder bevoorreg is te gee.

En as jou stres minder is, gaan jy in elk geval langer, gelukkiger en gesonder leef.

Hoekom nie?

In sommige gevalle is dit dalk net belangrik om seker te maak dat jy jou werk geniet en dat jy nie werk om te leef nie.

The post Die kwessie van ‘n eenvoudiger leefstyl first appeared on PC Bruwer & Partners / Vennote.

Save on medical expenses
Save on medical expenses

Medical bills can take a large portion of your income.  Ansja Ferreira from PC Bruwer and Partners gives advice on how to save on medical expenses.

With a sore head and sore throat, you walk into the pharmacy with a prescription in your hand. The doctor has diagnosed you with an upper respiratory tract infection and you are sure that your medical aid will cover the antibiotics, cough syrup and painkillers. You are not prepared when the pharmacy assistant informs you that your medical aid day-to-day benefits for the year are exhausted. Now you have to pay for everything and when you walk out of the pharmacy you are R600 poorer than you were. This is money that you have not budgeted for. This time of year especially, many people can relate to this situation. Suppose a family of four fall sick together and it is necessary for everyone to go to the doctor. Depending on the diagnosis and the drugs that are prescribed, the doctor visits will cost possibly between R700 and R800 and the pharmacy account can easily be between R1 000 and R2 000. These amounts are only estimates and may be more or less. This is money that a person usually does not budget for at all. People then use their credit cards or get into debt to cover these costs. It often happens that people’s medical fund day-to-day benefits are exhausted first and it coincides with other major expenses at the end of the year like Christmas presents and family holidays. It could lead to a big money predicament.

To save money, expenditure must be reduced. It therefore makes sense that you should try to save on medical costs.

Use generic medications

When a doctor gives a prescription for a consultation, the patient can usually choose between a branded product and the generic version of that item at the pharmacy.

A pharmacist, Kenny Baker, explained that generic drugs are produced and distributed without patent protection. Generic medicines must contain the same active ingredients as the original formulation.

The generic drug must be identical or within acceptable bio-equivalent limits as the branded product, in terms of pharmacokinetic and pharmaco-dynamic properties. The generic drug must be identical to the brand name product in respect of dosage, strength, route of administration, safety, efficacy and intended use.

In most cases, generic products are available once the patent protection has expired on the original product. When generic products become available, market competition often leads to substantially lower prices for both the original brand name product and the generic forms thereof.

A brand product patent usually expires after seven to twelve years.

It is important to note that the developer of the original brand name product possibly paid billions of dollars or Euros on research and development of a new product and these costs must be recovered even before the patent expires. These costs are not applicable to manufacturers of generic medicines and therefore it is considerably cheaper than the brand name products.

Each person is unique and may respond differently to medication. Your doctor and pharmacist can provide guidance on the use of generic medications.

Avoid unnecessary doctor visits

It is not necessary to go to the doctor for every trivial thing. To only go for a series of physiotherapy treatments just because you want to receive a back massage will also exhaust your medical aid’s day-to-day benefits very quickly.

Consult your pharmacist

The pharmacist can often prescribe drugs that can help. You can thus save on the general practitioner’s fees and prescriptions.

The pharmacist can also refer you to a doctor when he considers it necessary. Some pharmacies also provide clinical services and do blood pressure readings and blood sugar tests at a minimum cost.

Keep records

It is a good idea to keep track of everyone in the family’s illnesses and health problems. Create a file for this purpose and write down dates, symptoms and drugs that were used for treatments. Write down what medical tests the person already had and what were the results thereof. Next time you visit the doctor, you can keep the doctor abreast of all previous treatments. Allergic reactions to bee stings and insect bites, food allergies, medications for which a person is allergic and health problems such as asthma, epilepsy, diabetes, should be recorded. By providing this background history to your doctor, unnecessary tests and extra costs can be eliminated and the diagnosis of a condition can be done as soon as possible.

Keep all your receipts of medical bills that you pay out of your own pocket. It can include accounts from doctors, including specialists and pharmacy bills. If you add all of this up, you might be surprised how much money you actually pay out of your own pocket for your medical expenses.

Prevention is better than cure

One of the most effective ways to reduce your medical costs is to have a healthy lifestyle. This includes to have a healthy weight, exercising regularly and to eliminate unhealthy habits like smoking and excessive use of salt. Try and boost your immune system. Stay out of the way of people who are obviously sick. A good multi-vitamin can help to strengthen your resistance to disease.

Eat a balanced diet. A diet that is rich in fruits and vegetables contain essential vitamins and minerals needed for to gear our bodies against infections, diseases and to help it fight free radicals in the body. Our bodies need rest to recover from the stress of daily life and to restore our vitality.  A regular exercise program of at least 30 minutes three times a week helps us to build a strong immune system, get rid of stress and health problems such as high blood pressure. It is also important to drink enough water. Listen to your body. Customize your emotional and spiritual wellness. Make a little time for yourself every day. At the beginning of the year go for a full medical examination and do all tests and major investigations. This allows problems to be identified early, before it becomes serious and treatment costs become higher.

A balanced lifestyle

Look after your health because it is a precious gift. If you do not live a balanced life, it can later cost you dearly. The cost of an operation, such as a heart bypass for a person who may have been smoking, have high cholesterol and do little exercise, can be very high. Such a person may also have to stop working and the possibility that he could even die, is not excluded. Would it not be better for that person to start living healthier lives, to follow a balanced low fat diet, stop smoking and start exercising?

Keep immunizations up to date

Take your baby regularly to the clinic for a general examination and the necessary vaccinations. Make sure that your toddler’s immunizations against childhood diseases and other dangerous diseases are up to date.

Flu-injections before the flu season can also help. If you know that you are going to a malaria-invested area take the prescribed malaria pills. If you are planning a trip abroad, always make sure that your immunizations are up to date and you have preventive measures for your specific travel destination. Travel insurance that includes medical cover is also very important if you want to travel abroad.

Invest in a nebulizer

If you or your children are likely to get bronchitis, asthma or chest complaints, feel free to invest in a nebulizer. Some schemes even pay for it. A nebulizer dispenses liquid medicine into fine droplets that are released into the air. The patient can breathe them in through a mask that fits over the patient’s mouth and nose. This mask comes in adult, child and baby sizes.

Check your medical bills

Open a file for each year’s accounts and manage them. Check your medical bills for errors. Everyone makes mistakes. See if the report is accurate and check the date and services rendered. Errors and wrong computer codes easily sneak in. If you think you found an error, ensure that they are corrected immediately. Also make sure that claims are submitted to your medical aid, otherwise you are responsible for the payment thereof.

Do not take chances with your or your family’s health

Please do be penny wise and pound foolish. Don’t give prescription medication for one person to another. This can be dangerous. Health is more important than money.

Do not take chances with your or your family’s health. If it is really necessary, make a doctor’s appointment for you or your child.

Register your chronic condition to your medical fund

Chronic conditions such as diabetes, depression, epilepsy, blood pressure can be registered with your medical aid. You can claim chronic medication that does not affect your day-to-day benefits.

Build a nest egg for medical emergencies

Build a nest egg that you can use for unforeseen medical expenses when your medical fund is exhausted or for large deductibles or medication that is not covered by your medical aid. Many people have noticed that their medical fund’s day-to-day benefits will be exhausted before the end of the year. If you already notice this early in the year, you can pay an amount each month into a savings account to pay for medical expenses that will not be paid by your medical aid.

Deduct your medical costs from tax

According to PC Bruwer and Partners’ Tax Guide 2024, taxpayers may deduct medical aid contributions from taxation, but it is limited to an amount of R364 for the first two members and R240 for each additional member. Further contributions that are not specified accordingly can be deducted along with other medical expenses according to a calculation by SARS. Disabled persons may deduct all medical expenses from tax. According to the SARS website, a person with a disability is broadly defined as a person with a moderate to severe restriction on a person’s ability to perform daily activities because of a physical, sensory, communication, intellectual or mental disability that lasts than longer than a year and is confirmed by a duly registered medical practitioner. A form ITR-DD – confirms the diagnosis of disability for an individual taxpayer, and is available on www.sars.gov.za and must be completed in with consultation of a registered medical practitioner.

Medical aid funds: consider your options

Request quotations from different schemes and study each offer. The cheapest is not always the best. It is necessary to annually evaluate your medical aid. If you find that your day-to-day benefits have been used in early in the year and the rest of the year you have to pay all day-to-day medical expenses, it’s time to reconsider your options.

The post Save on medical expenses first appeared on PC Bruwer & Partners / Vennote.

Bespaar op mediese kostes
Bespaar op mediese kostes

Mediese rekeninge kan ‘n groot hap uit jou sak neem.  Ansja Ferreira van PC Bruwer en Vennote gee raad oor hoe om te bespaar op mediese kostes.

Met ‘n dik kop en seer keel stap jy by die apteek in met ‘n voorskrif in jou hand.  Die dokter het ‘n bolugweginfeksie gediagnoseer en is jy seker dat jou mediese fonds die antibiotika, hoesstroop en pynstillers sal betaal. Jy is nie daarop voorbereid toe die apteekassistent jou inlig dat jou mediese fonds se dag-tot-dag voordele vir die jaar uitgeput is nie.   Jy moet nou self vir alles betaal en  jy stap R600 armer by die apteek uit.  Dit is geld waarvoor jy nie begroot het nie.  Baie mense sal veral hierdie tyd van die jaar hulself met hierdie situasie kan vereenselwig.  Gestel ‘n gesin van vier word almal tegelyktydig siek en dit is nodig dat almal dokter toe te gaan.  Afhangende van die diagnose en die middels wat voorgeskryf word, kan die doktersbesoeke moontlik tussen R700 en R800 beloop en die apteekrekening kan maklik tussen R1 000 en  R2 000 wees.  Hierdie bedrae is slegs geskat en kan ook meer of minder wees.  Dit is geld waarvoor ‘n mens gewoonlik glad nie begroot het nie.  Mense gebruik dan hul kredietkaarte of maak skuld om hierdie kostes te dek.   Dit gebeur dikwels dat mense se  mediese fonds dag-tot-dag voordele eers later in die jaar  uitgeput word en dit dan saamval met ander groot uitgawes wat teen die einde van die jaar voorkom, soos kersgeskenke en gesinsvakansies.  Dit alles saam kan tot ‘n geldverknorsing lei.

Om geld te spaar, moet uitgawes verminder word.  Dit maak dus sin dat om op jou mediese kostes te probeer bespaar, jou mediese uitgawes verminder moet word.

Gebruik generiese medikasie

Wanneer ‘n dokter ‘n voorskrif gee na ‘n konsultasie, kan die pasiënt gewoonlik by die apteek kies tussen ‘n handelsmerkproduk en die generiese weergawe van daardie item.

‘n Apteker, Kenny Baker, verduidelik dat generiese medikasie  vervaardig en versprei word sonder enige patentbeskerming.  Generiese medikasie moet dieselfde aktiewe bestandele as die oorspronklike formulering bevat.

Die generiese middel moet identies of binne aanvaarbare bio-ekwivalente perke wees as die handelsnaam produk, ten opsigte van farmakokinetiese  en farmakodinamiese eienskappe.  Die generiese middel moet ook identies aan die handelsnaam produk wees ten opsigte van dosering, sterkte, roete van toediening, veiligheid, effektiwiteit en voorgenome gebruik.

In die meeste gevalle, word generiese produkte beskikbaar sodra die patentbeskerming wat deur die oorspronklike ontwikkelaar van die produk toegeken was, verstryk het.  Wanneer generiese produkte beskikbaar word, lei markkompetisie dikwels tot heelwat laer pryse vir beide die oorspronklike handelsnaam produk en die generiese vorms daarvan.

‘n Handelsnaamprodukpatent verval gewoonlik na sewe tot twaalf jaar.

Dit is belangrik om daarop te let dat die ontwikkelaar van die oorspronklike handelsnaamproduk moontlik biljoene dollars of euros bestee het aan navorsing en ontwikkeling van ‘n nuwe produk en hierdie kostes eers verhaal moet word voordat die patent verval.  Hierdie kostes is nie weer nodig om aan te gaan deur vervaardigers van generiese medikasie en daarom is dit heelwat goedkoper as die handelsnaamprodukte.

Elke persoon is uniek en kan verskillend op medikasie reageer.  Jou geneesheer en apteker sal jou kan leiding gee met die gebruik van generiese medikasie.

Vermy onnodige doktersbesoeke

Dit is nie nodig om vir elke kleinigheidjie dokter toe te gaan nie.   Om vir ‘n reeks fisioterapiebehandelings te gaan net omdat jy graag ‘n rugmassering wil ontvang, gaan ook jou mediese fonds se dag-tot-dag voordele baie vinniger uitput.

Raadpleeg jou apteker

Die apteker kan dikwels middels voorskryf wat ook kan help.   Daar kan dus bespaar word op ‘n algemene praktisyn se fooie en voorskrifte.

Die apteker kan jou ook na ‘n dokter verwys as hy van mening is dat dit nodig is.  Sommige apteke lewer ook kliniekdienste en kan onder meer bloeddruklesings en bloedsuikertoetse doen, teen ‘n minimum betaling.

Hou rekord

Dit is ‘n goeie idee om rekord te hou van almal in die gesin se siektes en gesondheidprobleme.  Maak ‘n lêer oop vir hierdie doel en skryf datums, simptome en geneesmiddels neer wat gebruik was vir behandeling.  Skryf ook neer watter mediese toetse die persoon alreeds ondergaan het en wat die resultate daarvan was.  Wanneer jy weer die dokter besoek, kan jy sodoende die dokter op hoogte hou van alle vorige behandelings en ondersoeke wat reeds plaasgevind het.  Allergiese reaksie op bysteke en insekbyte, voedselallergieë, medikasies waarvoor ‘n persoon allergies is en gesondheidsprobleme soos asma, epilepsie, diabetes behoort alles daarin aangeteken te word.  Deur hierdie agtergrondgeskiedenis aan jou geneesheer te verskaf, kan onnodige toetse en ekstra kostes uitgeskakel word en die diagnose van ‘n toestand kan moontlik bespoedig word.

Hou al jou kwitansies van mediese rekenings wat jy uit jou eie sak betaal het.  Dit kan doktersrekenings, spesialiste en apteekrekenings insluit.  As ‘n mens dit alles bymekaartel, sal jy dalk verbaas wees hoeveel geld jy werklik uit jou eie sak vir jou mediese onkostes betaal het.

Voorkoming is beter as genesing

Een van die mees effektiewe wyses om jou mediese kostes te verminder, is om ‘n gesonde lewensstyl te hê.  Dit sluit in om ‘n gesonde gewig te hê, gereeld te oefen en ongesonde gewoontes soos rook en oormatige gebruik van sout te probeer uitskakel.  Probeer jou immuunsisteem oppas.  Bly uit die pad van mense wat ooglopend siek is.  ‘n Goeie multivitamienaanvulling kan ook help om jou weerstand teen siektes te versterk en tekorte aan vitamines te voorkom.

Eet ‘n gebalanseerde dieet  ‘n Dieet wat ryk is aan groente en vrugte bevat noodsaaklike vitamines en minerale wat nodig is om ons liggaam infeksies, siektes en vrye radikale in die liggaam te beveg.  Ons liggame het rus nodig om te herstel van die stres van ons daaglikse lewe en om ons lewenskrag te herstel as dit uitgeput is.  ‘n Gereelde oefenprogram van ten minste 30 minute drie maal per week help ons om ‘n sterk immuunsisteem te bou, van stres ontslae te raak en gesondheidsprobleme soos hoë bloeddruk te vermy.  Dit is ook belangrik om genoeg water te drink.  Luister na jou liggaam.  Pas jou emosionele en geestelike welstand op.  Maak elke dag ‘n bietjie tyd vir jouself.  Gaan aan die begin van die jaar vir ‘n volledige mediese ondersoek en laat alle toetse en belangrike ondersoeke doen.  Sodoende kan probleme vroeg identifiseer word voordat dit ernstig raak en hoër behandelingskoste later nodig sal wees.

‘n Gebalanseerde lewenswyse

Pas jou gesondheid op, want dit is ‘n kosbare geskenk.  As jy nie gebalanseerd lewe nie, kan dit jou later duur te staan kom.  Die koste van ‘n operasie soos ‘n hartomleiding vir ‘n persoon wat dalk rook, hoë cholestrol het en min oefen, kan baie hoog wees.  So ‘n persoon kan dalk ook moet ophou werk en die moontlikheid dat hy selfs kan sterf, is nie uitgesluit nie.  Sou dit nie beter vir daardie persoon gewees het om gesonder te begin lewe, ‘n gebalanseerde lae vet dieët te volg, op te hou rook en te begin oefen nie?

Hou immunisasies op datum

Neem jou baba gereeld na die naaste kliniek vir ‘n algemene ondersoek en die nodige immunisasies.  Sorg dat jou baba en kleuter se immunisasies teen kindersiektes en ander gevaarlike siektes op datum is.

Griepinspuitings voor die griepseisoen kan ook baie help.   As jy weet dat jy na ‘n malariagebied toe gaan, neem vooraf die voorgeskrewe malariapille.  Indien jy ‘n oorsese reis beplan, maak vooraf seker watter inentings en voorkomende maatreëls aanbeveel word vir jou spesifieke reisbestemming.  Reisversekering wat mediese dekking insluit, is ook baie belangrik as jy oorsee wil reis.

Belê in ‘n nebuliseerder

As jy of jou kinders geneig is tot brongitus, asma of borskwale, kan jy gerus belê in ‘n nebuliseerder.  Sommige mediese fondse betaal selfs daarvoor.   ‘n Nebuliseerder skakel vloeibare medisyne om in fyn druppeltjies wat in die lug vrygestel word.  Die pasiënt asem dit dan in met behulp van ‘n masker wat oor die pasiënt se mond en neus pas.  Hierdie masker is in volwasse, kinder-en babagroottes beskikbaar.

Kontroleer jou mediese rekenings

Maak ‘n leêr oop vir elke jaar se rekeninge en bestuur dit.  Gaan jou mediese rekenings deur vir foute.  Almal maak soms foute.  Kyk of die rekening akkuraat is en kontroleer die datum en dienste wat gelewer is.  Foute en verkeerde rekenaarkodes sluip maklik in.  As jy dink dat jy ‘n fout gevind het, sorg dat dit onmiddellik reggestel word.  Maak ook seker dat eise wel ingestuur is na jou mediese fonds, anders is jyself vir die betaling daarvan verantwoordelik.

Moenie kanse neem met jou of jou gesin se gesondheid nie

Moet asseblief nie jou spaarsamigheid te vêr voer nie.  Moenie voorskrifmedisyne van een persoon aan ‘n ander gee nie.  Dit kan gevaarlik wees.   Gesondheid is belangriker as geld.

Moet nie kanse met jou of jou gesin se gesondheid neem nie.  As dit werklik nodig is, maak ‘n doktersafspraak vir jou of jou kind.

Registreer jou chroniese toestand by jou mediese fonds

Chroniese toestande soos byvoorbeeld diabetes,  depressie, epilepsie en bloeddruk,  kan by jou mediese fonds geregistreer word.  Jy kan jou  chroniese medikasie dan maandeliks kry en hoef dit nie jou dag-tot-dag voordele te beïnvloed nie.

Bou ‘n neseier op vir mediese noodgevalle

Bou ‘n neseier op wat jy kan gebruik vir onvoorsiene mediese uitgawes wanneer jou mediese fonds uitgeput is of vir groot bybetalings of medikasie wat nie deur jou mediese fonds gedek word nie.   Baie mense kan reeds vroeg in die jaar agterkom dat hul mediese fonds se dag-tot-dag voordele voor die einde van die jaar uitgeput gaan raak.  As jy reeds vroeg in die jaar besef dat dit die geval gaan wees, kan jy elke maand ‘n bedrag spaar om vir mediese kostes te betaal wat nie deur jou mediese fonds betaal gaan word nie.

Trek jou mediese kostes af van belasting

Volgens P C Bruwer en Vennote se belastinggids vir 2024, kan belastingbetalers bydraes tot ‘n mediese fonds aftrek, maar word dit beperk tot ‘n bedrag van R364 vir die eerste twee lede en tot R240 vir elke addisionele lid.  Verder mag die bydraes wat nie hiervolgens toegelaat is nie, saam met ander mediese uitgawes afgetrek word volgens ‘n formule bereken deur SAID.   Gestremde persone mag alle mediese uitgawes aftrek van belasting.  Volgens die SAID webwerf, word ‘n persoon met ‘n gestremdheid breed omskryf as ‘n matige tot ernstige beperking op ‘n persoon se vermoë om daaglikse aktiwiteite te verrig weens ‘n fisiese, sensoriese, kommunikasie-, intellektuele of geestelike aantasting wat langer duur as ‘n jaar en bevestig is deur ‘n behoorlik geregistreerde mediese praktisyn.  ‘n Vorm ITR-DD – Bevestiging van die diagnose van ongeskiktheid vir ‘n individuele belastingbetaler, is beskikbaar op www.sars.gov.za en moet in samewerking met ‘n geregistreerde mediese praktisyn ingevul word.

Mediese fondse:  oorweeg al jou opsies

Vra kwotasies aan by verskillende mediese fondse en bestudeer wat elkeen bied.  Die goedkoopste is nie altyd die beste nie.  Dit is noodsaaklik om jaarliks jou mediese fonds te evalueer.  Indien jy agterkom dat jou dag-tot-dag voordele reeds vroeg in die jaar opgebruik is en jy die res van die jaar self alle dag-tot-dag mediese uitgawes moet betaal, is dit tyd om jou opsies te heroorweeg.

The post Bespaar op mediese kostes first appeared on PC Bruwer & Partners / Vennote.

Dryf geld ‘n wig tussen jou en jou maat in?
Dryf geld ‘n wig tussen jou en jou maat in?

deur Ansja Ferreira

Die waarde van kommunikasie oor finansies in ‘n huwelik of ‘n verhouding.

Kommunikasie vir ‘n verhouding is soos suurstof vir lewe.  Sonder dit ….sterf dit”, sê die motiveringspreker en skrywer Tony Gaskins.

Volgens ‘n onlangse verslag, het een uit tien mense erken dat “geheime” of  versteekte kredietkaaraankope ‘n rol gespeel het in hul egskeiding of vervreemding van hul lewensmaat.  ‘n Opname deur CESI Debt Solutions, het gewys dat  20% getroude mense ‘n geheime kredietkaart het en dat 80% van getroude mense aankope, kredietkaarte of bankrekenings vir hul huweliksmaats wegsteek.

Lesers vertel:

“My man was die broodwinner en ek het by die huis gebly om die kinders te versorg”, vertel *Glenda du Toit.  My man is 3 jaar gelede onverwags oorlede in ‘n motorongeluk en ek was heeltemal verward en geskok.  Ek het nie geweet wat in my man se geldsake aangaan nie en het nie eens geweet of hy vir ons voorsiening gemaak het of waar hy sy belangrike dokumente gebêre het nie.  Hy wou net nooit met my daaroor praat nie en as ek dit opgehaal het, was sy antwoorde ontwykend. Dit was ’n verskriklike traumatiese tyd vir my.  Ek was nie gewoond om rekeninge te betaal nie en nog minder om belangrike finansiële besluite te neem.  Ek het nie geweet wat ek moet doen nie.  My man se broer het my darem kom help en ons het die dokumente gesoek totdat ons dit gekry het en daardeur gegaan.  Dit sou baie beter en minder traumaties vir my gewees het as my man voor die tyd met my gekommunikeer het en my ingelig het wat presies aangaan in sy finansies”, vertel sy .

Toe my man se testament gelees is, het ek tot my skok agtergekom dat hy nooit sy gewese vrou as enigste erfgenaam uit die testament gehaal het nie, vertel *Zelda Liebenberg.  Ek en my kinders (ons kinders) het niks uit sy boedel gekry nie en sukkel tans om die pot aan die kook te hou.   Die een lewenspolis wat hy wel aan ons bemaak het, is nie genoeg om die kinders se skoolopleiding te kon betaal het nie.

Na my man se dood, het ons verskriklik gesukkel.  Daar was geen polisse om my te help om my kinders te versorg nie, vertel *Lorette Nel.   ‘n Jaar na my man se dood, het ek ‘n oproep van ‘n versekeringsmaatskappy gekry.  Hulle het my probeer opspoor, maar het gesukkel, omdat ek van adres verander het.  My man het ‘n groot lewenspolis gehad, wat hy aan my sedeer het, maar hy het net nooit met my daaroor gepraat nie.  Ek is ewig dankbaar dat die maatskappy my gekontak het, anders het ek nooit daarvan geweet nie en het ek nou nog gesukkel.

Ek het nooit geweet dat my vrou soveel skuld gemaak het nie.  Sy het boonop ‘n dobbelprobleem gehad en lenings gehad waarvan ek glad nie geweet het nie.  Sy was in ‘n motorongeluk en vir twee maande in ‘n koma en die rekeninge en oproepe van skuldeisers het by my uitgekom.  Sy gaan nog lank vat om te herstel, maar of ons huwelik ooit van al hierdie leuens gaan herstel, weet ek nie.  Wat als nog moeiliker maak, is dat ons binne gemeenskap van goedere getroud is.  (*Johan van Rensburg)

Jou testament: Die belangrikste dokument in jou boedelbeplanning

“Jou testament is die belangrikste dokument in jou boedelbeplanning, sê Connie Bruwer, besturende direkteur van P C Bruwer en Vennote, en ook ‘n deskundige op die gebied van testamente.

“Dit meld hoe en aan wie jou besittings verdeel sal word, wanneer jy tot sterwe kom. In die testament moet daar baie duidelik en ondubbelsinnig uiteengesit word aan wie jou bates bemaak gaan word. Daar moet geen ruimte vir dubbelsinnigheid of onduidelikheid wees nie, aangesien dit die dokument is wat die meeste betwis word in die hof.

“As gevolg hiervan, sal jou testament met baie duidelikheid uiteengesit moet word. Stel so gou as moontlik ‘n testament op as jy nog nie ‘n geldige testament het nie, ten einde jou gesin baie hartseer en ellende te bespaar.

“Dit is ook baie belangrik om gereeld jou testament op te dateer en te hersien. Jy behoort jou testament gereeld te hersien wanneer jy:

Trou of weer trou;

‘n Kind kry of aanneem;

Eiendom of ‘n sakeonderneming koop of verkoop;

Jou lewensversekering aanpas;

Emigreer;

‘n Eggenoot deur die dood verloor.

Vroue leef gemiddeld langer as mans. Om hierdie rede, asook die hoë egskeidingsyfer, is dit belangrik dat vroue hulself bemagtig en leer om self hul finansies te hanteer. In historiese konteks gesien, was mans hoofsaaklik die broodwinner, wat alle finansiële sake hanteer het.

Die situasie het heelwat verander en nou neem vroue dikwels beheer oor hul werk en huishouding. Tog skram baie vroue daarvan weg om beheer oor hul finansies te neem en te dikwels word alle finansiële besluite aan ’n man oorgelaat.

Waarom gebeur dit? ’n Vrou kan haar geldsake tog net so goed soos ’n man behartig. Dit het moontlik met vroue se rol as versorger te doen en dat ’n vrou dikwels ander se belange bo haar eie stel. Dit kan ook gebeur dat ’n vrou nooit geleer het om beheer oor haar finansies te neem nie, aangesien iemand anders altyd beskikbaar was om dit namens haar te doen.

Wat vroue MOET weet van finansies

Baie vroue kom eers ná ’n egskeiding, die dood of die ernstige siekte van ’n eggenoot agter dat hulle nie weet hoe om hul geldsake te hanteer nie. Hulle het moontlik nooit geleer hoe om met finansiële aspekte te werk en geldsake te hanteer nie. Dit kan katastrofiese gevolge vir so ’n vrou en haar kinders inhou.  Om skielik met verbandskuld, motorpaaiemente, skoolgeld, polisse en boonop begrafnisreëlings gekonfronteer te word, is nie maklik nie, veral as jy nie weet hoe om dit te hanteer of weet waar alles gehou word nie.

Dit het al selfs gebeur dat ’n vrou nie eers weet waar en hoe om ’n munisipale rekening te betaal nie. Ons het gaan kyk na dit wat vroue moet weet.

Sorg dat jy weet waar alle belangrike dokumente soos testamente, geboortesertifikate, rekeningnommers en polisdokumentasie gebêre word. As jou man iets sou oorkom, moet jy weet waar alles gevind kan word.

As jy enkellopend is, is dit belangrik dat alles goed georganiseerd en bymekaar gehou word en dat ’n naasbestaande weet waar dit gehou word as jy iets sou oorkom.

Maak afskrifte van belangrike dokumente sodat jy dit kan gebruik as die oorspronklikes verlore raak.

Sorg dat jy verstaan wat in jou versekeringsdokumente staan en wat dit alles behels en beteken.

Maak seker dat jy nie oor- of onderverseker is nie. As jy enigsins twyfel, maak ’n afspraak met ’n kundige versekeringsmakelaar wat dinge aan jou kan verduidelik. Maak seker dat jy die premieverhogings in die toekoms sal kan bybring.

Praat gerus met jou man hieroor. Lewensversekering kan gemoedsrus bring en vir ’n inkomste vir jou en jou kinders sorg wanneer jou man nie meer daar is nie. Dit is belangrik om jou kinders se toekomstige opvoeding en onderhoud in ag te neem wanneer julle oor die bedrag van die lewenspolis praat.

As jy sonder ’n testament te sterwe kom, sal die landswette bepaal wat van jou besittings gaan word. Jy sal dus intestaat sterf, wat eenvoudig beteken: “sonder enige wettige testament”. In hierdie geval tree die instestate erfregreëls in werking. Onthou dat mondelingse wense en beloftes geen wetlike invloed of gevolg het nie. Stel dus so gou as moontlik ’n testament op, ten einde jou gesin baie ellende te bespaar.

In jou testament moet jy ook jou minderjarige kinders se voog benoem sodat daar iemand is wat na hul belange kan omsien as jy en hul pa gelyktydig te sterwe sou kom.

’n Naasbestaande wat jy vertrou, moet weet waar jou testament bewaar word en wie jou boedel gaan beredder.

The post Dryf geld ‘n wig tussen jou en jou maat in? first appeared on PC Bruwer & Partners / Vennote.

Savings tips for parents
Savings tips for parents – make provision for your children’s future

Written by Ansja Ferreira

Parents are often caught up in their day-to-day existence and the struggle to keep the pot boiling. Mom is under pressure with diapers and bottles, sick children, taking children to school and extracurricular activities and Dad is trying to build a career and to fulfill all his responsibilities. In our modern life few of us also have time to focus on planning for future education costs of our children.

Children are often asked what they want to become when they are grown-up – a doctor, teacher or pilot. As a parent, you don’t want something like finances to stand in their way.

It is every parent’s dream to ensure the best possible future for their children. For every dream there is the glaring reality of our everyday existence. One of the main contributing factors for after school students who had to leave their studies, is a shortage of finance.

To plan for your child’s education is one of the most valuable gifts you can ever give him or her. This may be one of the best assets you can ever give your child.

Kaylin and Wian, two working adults in their thirties, have two children, aged 6 and 3 years old. They have made no provision for their children’s future studies. How do they get started?

Do a calculation of expected costs

Your first step is to do a calculation of what tertiary education will cost more or less. For this calculation, you must take the type college or university, the time you have at your disposal to save and inflation, into account.

According to the University of the Free State, a B.Com Financial Management course will cost you about R 19 039 per year. This does not include books, stationery, transport, accommodation or food. If your child is 3 years old now and you have only started saving for his or her studies, you will have 15 years left to save and you can expect to pay in the area of R 336,345.32 for a four-year course when he or she is 18 years old. Inflation and increasing tuition fees were introduced in this calculation. When accommodation and books are included, an estimated R 971,636.79 will be paid.

Remember, this is the estimated cost for only one child that you send to university. These projections highlight the importance for parents to save early for their children’s studies. Parents with more than one child will obviously have to save more. The more children they have, the more they will need to save.

Even parents who do not want to send their children to university, but instead to a Technikon or training college, can still expect to put their hands deep in their pockets. Parents should also remember that their children’s schooling can also take a big bite out of their budgets. School fees, outings, school uniforms, stationery and expenses for extracurricular activities all play a role in school education. Children can go to school from kindergarten and pre-primary school. When all the costs are added up, you will have paid a substantial amount by the time that the child finish high school. The costs for private schools will obviously be more expensive than the cost of state schools.

Although it is important to realize that after school study costs will be more expensive, one should not fear these costs. With careful planning, there are ways to save for your child’s education. It is important to start early. Start as early as you can, even if you start with your child’s birth.

Your options

Mr. Connie Bruwer, from PC Bruwer and Partners, gives the following tips for parents who want to provide for their children’s future financial security.

Investing a fixed amount in unit trusts every month. Budget for a monthly investment, do not cancel it and increase the amount whenever you can. You get the advantage of a disciplined investment program and invest regularly without having to guess when the market is at a high or low. Choose funds that suit your time-frame and objective. Unit trusts are a more flexible way to save for your child’s future. You can also pay a lump sum when extra money is at your disposal, for example when you get your annual bonus.

Unit Trusts does not include life and disability insurance. If you pass away or become incapable of earning an income, the amount you wanted to save for your child’s studies will not be available. To avoid this problem, you must provide for adequate life and disability insurance. Ask your financial adviser to give you an overview of the different unit trusts that are available. Choose one for your particular situation that will work best.

Study plans from insurance companies which can also be linked to life insurance, is another option. Contact your nearest insurance company for more details.

Money can also be saved monthly in a an ordinary savings account, but the risk involved is that you might be tempted to withdraw when money is urgently needed. Money can also be saved in a fixed deposit account, where the interest rate is much higher than a regular savings account. Bank savings products usually pay high interest rates and the growth of your investment may be lower than with the other options that are available. A bank savings product is simple and easy to understand and you run no risk. Even if one cannot get the full amount needed to save for studies, a person can save enough to pay a deposit on a bank loan and thus receive easier approval for obtaining a bank loan. If your child decides not to study, he or she can use this money to start a business.

Different banks and institutions also offer various products that can be used to save for your child’s future. Make sure you choose a product that offer relatively high interest rates and does not charge monthly administration fees.

A lump sum can also be invested in money market fund or other plan, which can ensure also a good return. Returns are reinvested and the amount remains invested for a long term until the child wants to start studying.

Start early

Start before your child’s birth or soon thereafter and plan for your child’s future. Time is on your side. Invest now and watch your investment grow as your child grows up.

Try to determine the exact amount you will need in the future. It’s better to get the bad news now. The high costs might even shock you into doing something about it.

Make a point of saving for school and post-school education as part of your monthly budget. Ensure that you work out your budget carefully and make sure you can afford your monthly expenses. If you do not work out your budget, you can later be forced to go into debt to afford all your expenses, which later could degenerate into a vicious circle of debt. Your savings plan should form part of your larger financial plan and it must be flexible and adaptable. Your child might decide not to study at university at all and to rather go abroad. You have to be prepared for more than one option.

Encourage investments as gifts. Grandpa can perhaps invest a fixed amount on unit trusts for the little one. The investment can later be supplemented as fees are available. Savings can be a family affair. Make your children part of the process. Inform them about the process and the sacrifices necessary to provide for their future studies. Let them see the results from time to time. Teach your children from an early age how to work with money and to save money. Give your smaller children a piggy bank to save money in and teach your older children to save part of their pocket money. Encourage your children to participate in entrepreneurs days and other events where they can earn money. Teach your child the value of money from an early age.

Adapt your will

What happens when parents die before their children reach the age when they can study? People with young children especially want to know what the best solution is and how they will be prepared to protect their young children’s inheritance. The best solution for parents with minor children is to establish a testamentary trust for their children – the children are the beneficiaries and the trustees is there to protect the interests of the children. The trustee is the person who will act in the interests of your children and manage the financial affairs of the trust. You need to think carefully when you appoint a trustee for the trust. It is not necessarily the best for the same person to be the children’s guardian. The trustee should be someone who has the necessary financial knowledge and background, to manage your children’s financial affairs to their advantage. The trust funds can then be withdrawn, which can be used as needed for study purposes. It is important to specify it in advance in your will, that provision should be made for studies. The assets and cash in the trust can be realized when your children reach the age of 21 or at an age chosen by the testator or testatrix, which should not be less than 21 years.

What can you do if you discover that you have not saved enough to cover all the study costs. There may be family members who can help you and you can also apply for scholarships, loans and other programs.

The post Savings tips for parents first appeared on PC Bruwer & Partners / Vennote.

Spaarwenke vir ouers
Spaarwenke vir ouers – maak nou reeds voorsiening vir jou kinders se toekoms

Geskryf deur Ansja Ferreira

Ouers is so dikwels vasgevang in hul dag-tot-dag bestaan en gespartel om die pot aan die kook te hou.  Ma is besig met doeke en bottels, kindersiektes, kinders skool toe en buitemuurs toe ry en  pa is besig om ‘n loopbaan te bou en al sy verantwoordelikhede na te kom.   In ons moderne lewe het min van ons boonop tyd om op die beplanning vir toekomstige onderrigkoste vir ons kinders te fokus.

Kinders word dikwels gevra wat hulle gaan word as hulle groot is.  Dokter, onderwyseres, loods.  As ‘n ouer, wil jy nie graag hê dat iets soos finansies in hulle pad sal staan nie.

Dit is elke ouer se droom om die beste vir sy of haar kind te hê en om die bes moontlike toekoms vir daardie kind te verseker.  Maar vir elke droom is daar ook die skreiende realiteit van ons alledaagse bestaan.  Een van die grootste bydraende faktore vir studente wat hul studies moet laat vaar, is ‘n tekort aan finansies.

Om vroegtydig voorsiening te maak vir jou kind se opvoeding is een van die waardevolste geskenke wat jy ooit vir hom of haar kan gee.  Dit kan die beste bate wees wat jy ooit vir jou kind kan gee.

Kaylin en Wian is twee jong werkende persone in hul dertigs met twee kinders, 6 jaar en 3 jaar oud.  Hulle het nog geen voorsiening gemaak vir hul kinders se toekomstige studies nie.  Waar begin hulle?

Maak ‘n berekening van verwagte kostes

Jou heel eerste stap is om ‘n berekening te gaan maak van wat naskoolse opvoeding jou min of meer gaan kos.  Om by hierdie berekening uit te kom, moet jy die tipe kollege of universiteit waarin jy dink jou kind sal belangstel, die tyd wat jy tot jou beskikking het om te spaar en inflasie in berekening bring.

Volgens die Universiteit van die Vrystaat sal ‘n B.Com Finansiële Bestuur  kursus jou huidiglik sowat R 19 039 per jaar kos.  Dit sluit nog nie boeke, skryfbehoefte, vervoer, verblyf of kos in nie.  As jou kind nou 3 jaar oud is en jy begin nou eers vir hom spaar vir studiedoeleindes, het jy 15 jaar oor om te spaar en kan jy verwag om wanneer hy 18 jaar oud is in die omgewing van  R 336,345.32 vir ‘n vierjaarkursus te betaal.  Inflasie en verhoging van studiekostes is by hierdie berekening ingebring.  Wanneer verblyf en boeke hierby ingesluit word, kan ‘n beraamde R 971,636.79 betaal word.

Onthou net, dit is die beraamde koste vir slegs een kind wat jy universiteit toe stuur.   Hierdie projeksies beklemtoon die belangrikheid vir ouers om vroegtydig te spaar vir hul kinders se studies.   Ouers met meer as een kind sal natuurlik meer moet spaar.  Hoe meer kinders hulle het, hoe meer sal hulle moet spaar.

Selfs ouers wat nie hul kinders universiteit toe gaan stuur nie, maar eerder na ‘n  technikon of  opleidingskollege toe,  kan steeds verwag om hul hand diep in hul sakke te steek.    Ouers moet ook onthou dat hul kinders se skoolopleiding ook ‘n groot hap uit hul begroting kan neem.  Skoolfooie, uitstappies, skoolklere, skryfbehoeftes en uitgawes vir buitemuurse aktiwiteite speel alles ‘n rol om skoolopleiding ook ‘n groot uitgawe  te maak.  As ‘n mens in berekening bring dat kinders reeds vanaf kleuterskool en pre-primêr skool toe gaan, kan as al die kostes bymekaargetel word, by ‘n aardige bedraggie uitgekom word teen die tyd wat die kind klaarmaak met hoërskool.  Die kostes vir privaatskole sal natuurlik duurder wees as die koste van staatskole.

Alhoewel dit belangrik is om te besef dat studiekostes al hoe duurder gaan word, moet ‘n mens tog nie skrik vir al hierdie onkostes nie.  Met deeglike beplanning, is daar wel maniere om te spaar vir jou kind se opvoeding.  Dit is egter belangrik om vroegtydig daarmee te begin.  Begin so vroeg as wat jy kan, selfs al is dit met jou kind se geboorte.

Jou opsies

Meneer Connie Bruwer, geoktrooieerde rekenmeester van Bloemfontein gee die volgende wenke aan ouers wat voorsiening wil maak vir hul kinders se toekomstige finansiële sekuriteit.

Belê elke maand ‘n vaste bedrag in effektetrusts.  Begroot vir ‘n maandelikse belegging, moet dit nie kanselleer nie en verhoog die bedrag wanneer jy ookal kan.  Jy kry die voordeel van ‘n gedissiplineerde beleggingsprogram en belê gereeld sonder om te raai wanneer die mark by ‘n hoogte-of ‘n laagtepunt is.  Kies fondse wat pas by jou tydraamwerk en doelwit.    Effektetrusts is ook ‘n meer buigbare manier om vir jou kind se toekoms te spaar en kan jy ook ‘n lompsom inbetaal wanneer ekstra geld tot jou beskikking is, soos byvoorbeeld wanneer jy jou jaarlikse bonus kry.

Effektetrust sluit egter nie lewens-en ongeskiktheidsversekering in nie. As jy dalk te sterwe sou kom of nie meer in staat sou wees om ‘n inkomste te verdien nie, voordat jy die bedrag wat jy bymekaar wou maak vir jou kind se studies kon bymekaarmaak, sal jou kind nie die volle bedrag wat jy beplan het om te spaar, verkry nie.  Om hierdie probleem te vermy, moet jy voorsiening maak vir voldoende lewens-en ongeskiktheidsdekking.   Vra jou finansiële adviseur om aan jou ‘n oorsig te gee van die verskillende effektetruste wat beskikbaar is.  Kies dan een wat vir jou spesifieke situasie die beste gaan werk.

Studieplanne by versekeringsmaatskappye wat ook gekoppel kan wees aan lewensversekering, is nog ’n opsie.  Kontak jou naaste versekeringsmaatskappy vir meer besonderhede.

Geld kan ook maandeliks in ‘n gewone spaarrekening gespaar word, maar die risiko hieraan verbonde is dat jy dalk in die versoeking gelei kan word om van die geld te onttrek wanneer geld dringend benodig word.  Geld kan ook in ‘n vaste depositorekening gespaar word, waar die rentekoers heelwat hoër as ‘n gewone spaarrekening sal wees.   Bankspaarprodukte betaal gewoonlik nie hoë rentekoerse nie en die groei op jou belegging kan dalk laer wees as met van die ander opsies wat gekies kan word.  Maar ‘n bankspaarproduk is eenvoudig en maklik om te verstaan en ‘n mens loop ook geen risiko daarmee nie.  Selfs al kan ‘n mens nie die volle bedrag wat nodig is om te spaar vir die studies spaar nie, kan ‘n mens dalk genoeg spaar om ‘n deposito te kan betaal op ‘n banklening en sodoende makliker goedkeuring vir ‘n banklening verkry.  Indien jou kind dan ook sou besluit om nie te gaan studeer nie, soos wat baiekeer gebeur, kan hy of sy hierdie geld gebruik om ‘n eie besigheid te begin.

Verskillende banke en instansies bied ook verskillende produkte aan wat gebruik kan word om te spaar vir jou kind se toekoms.  Maak seker dat jy ‘n produk kies wat aan jou ‘n relatiewe hoë rentekoers bied en wat nie maandelikse administrasiefooie hef nie.

‘n Enkelbedrag of lompsom kan ook op die geldmarkfondse of ander plan belê word, wat ook ‘n goeie opbrengs kan verseker.  Opbrengste word herbelê en die bedrag bly belê vir ‘n langtermyn totdat die kind wil begin studeer.

Begin vroegtydig

Begin reeds voor jou kind se geboorte of so spoedig moontlik daarna en beplan vir jou kind se toekoms.  Tyd is aan jou kant.  Belê nou en kyk hoe jou belegging saam met jou kind groei.

Probeer ook om te bepaal om die presiese bedrag wat jy in die toekoms sal nodig kry, te bereken.  Dis beter om die slegte nuus nou te kry en kan die hoë kostes jou dalk skok om iets daaraan te doen.

Maak spaar vir skool-en naskoolse onderrig deel van jou maandelikse begroting, net soos huur of verband-of versekeringspaaiemente.  Sorg egter dat jy jou begroting noukeurig uitwerk en maak seker dat jy al jou maandelikse uitgawes kan bekostig.  As jy nie jou begroting uitwerk nie, kan jy later genoodsaak word om skuld aan te gaan om al jou uitgawes te kan bekostig, wat later in ‘n bose kringloop van skuld kan ontaard. Jou spaarplan moet deel vorm van jou groter finansiële plan en dit moet buigbaar en aanpasbaar wees.  Jou kind kan dalk besluit om glad nie universiteit toe te gaan nie en eerder oorsee te gaan studeer.   Jy moet jou voorberei op meer as een opsie.

Moedig ook beleggings as geskenke aan.  Oupa kan dalk vir kleinboet ‘n vaste bedrag op effektetrust of in ‘n belegging belê, waar dit saam met die kind kan groei.  Die belegging kan dan later aangevul word soos wat geld daarvoor beskikbaar is.   Spaar kan ‘n familie-aangeleentheid wees.   Maak jou kinders deel van die proses.  Lig hulle in oor die proses en die opofferings wat nodig is om vir hul toekomstige studies voorsiening te maak.  En laat hulle ook van tyd tot tyd die resultate sien. Leer ook jou kinders van kleins af hoe om met geld te werk en om geld te spaar.  Gee jou kleiner kindertjies ‘n spaarbussie om geld in te spaar en leer jou groter kinders om ‘n gedeelte van hul sakgeld te spaar.  Moedig ook jou kinders aan om deel te neem aan entrepeneursdae en ander geleenthede waar hulle geld kan verdien.  So leer jy jou kind van kleins af die waarde van geld.

Pas jou testament aan

Wat gebeur as ouers dalk te sterwe kom voordat die kinders die ouderdom bereik wanneer hulle kan gaan studeer?   Mense met jong kinders wil veral weet wat die beste oplossing is en hoe hul testament opgestel kan word om hul jong kinders se erflating te beskerm.  Die beste oplossing vir ouers met minderjarige kinders is om ‘n testamentêre trust vir hulle kinders te stig, waarvan die kinders die begunstigdes is en die trustee van die trust die belange van die kinders beskerm. Die trustee is die persoon wat in belang van jou kinders gaan optree en die geldsake van die trust hanteer. Jy moet mooi besin wanneer jy ‘n trustee vir die trust aanstel.  Dit is nie noodwendig die beste om dieselfde persoon wat die kinders se voog gaan wees as trustee aan te stel nie.  Die trustee moet iemand wees wat die nodige finansiële kennis en agtergrond het, om jou kinders se finansiële sake die beste tot hul voordeel te kan bestuur.  Uit die trust kan daar dan fondse onttrek word, wat gebruik kan word soos benodig vir studiedoeleindes.  Dit is belangrik om dit dan so vooraf in jou testament te spesifiseer, dat daar vir studies uit die trust voorsiening gemaak moet word.  Die bates en kontant in die trust kan realiseer wanneer jou kinders die ouderdom van 21 jaar bereik of op ‘n ouderdom soos deur die testateur of testatrise verkies, wat nie minder as 21 jaar behoort te wees nie.

Wat kan ‘n mens doen as jy agterkom dat jy nie genoeg gespaar het om al die studiekostes te dek het nie.  Daar is dalk familielede wat jou moontlik kan help en jy kan ook beurse, lenings en ander programme oorweeg.

The post Spaarwenke vir ouers first appeared on PC Bruwer & Partners / Vennote.