Oudit van

Oudit van finansiële state, trustrekeninge en ander rekords.

Opstel van

kontantvloeistate, finansiële inligting vir banke en ander finansiële instellings;

samewerkingsooreenkomste vir beslote korporasies/maatskappye;

trustaktes/van Testamente;

Voltooing van

inkomstebelastingopgawes vir individue, beslote korporasies en maatskappye;
van BTW-opgawes.

Advies rakende die

implikasies van inkomstebelastingwetgewing;
ander vorms van belasting, seëlreg, boedelbelasting, geskenkebelasting, kapitaalwinsbelasting en BTW;

werknemersbelasting, werkloosheidversekering en belasting op byvoordele/oor oornames en samesmeltings;

rekenaarstelsels, installasie en implementering daarvan;

beleggingstrategie/die vertolking van finansiële state;
trusts en trustaktes.

Instandhouding van rekeningkundige rekords rekeningkundige rekords wat geskik is as basis vir die voltooiing van BTW-opgawes.

Evaluering van

rekeningkundige rekords, verwante stelsels en aanbevelings oor wysigings en verbeterings.

Voorsiening van

boedel-en finansiële beplanning;
winsverbeteringstudies;

sekretariële en aandeleregistrasiedienste.

Onderneming van

finansiële ondersoeke na lae rendement op beleggings, hoë bokoste, abnormale hoë voorraadpeile en vermoedelike bedrog.

 

Optrede as

‘n rekeningkundige beampte van ‘n beslote korporasie;

likwidateurs, trustees en geregtelike bestuurders;

eksekuteurs, administrateurs van boedels en as trustees van familie-en ander trusts;

arbiters;

ouditeure van maatskappye en ander statutêre ondernemings.

Waardasie van

sakebelange;
aandelebelang/ledebelang.

Kontak ons

Indien jy hulp benodig met enige van die bogenoemde dienste of ander wat nie hier gelys is nie, moet asseblief nie huiwer om ‘n afspraak met ons te skeduleer nie. Ons waarborg vinnige en betroubare diens.